Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE WAGTORING Nr. 3 2018 | Gee God vir jou om?

GEE GOD VIR JOU OM?

Wanneer slegte dinge gebeur of mense swaarkry en doodgaan, wonder ons dalk of God dit sien en of hy omgee. Die Bybel sê:

“Want die oë van Jehovah is op die regverdiges, en sy ore is tot hulle smeking; maar die aangesig van Jehovah is teen dié wat slegte dinge doen.” — 1 Petrus 3:12.

Hierdie tydskrif wys hoe God ons help en wat hy gaan doen om swaarkry heeltemal weg te neem.

 

“Waar was God?”

Het iets sleg met jou gebeur wat jou nou laat wonder of God vir jou persoonlik omgee?

Sien God jou raak?

Watter bewyse is daar dat God regtig in ons belangstel?

Verstaan God jou?

God se unieke kennis van ons en ons genetiese samestelling verseker ons dat hy beslis alles omtrent ons verstaan.

Het God meegevoel met jou?

Die Bybel verseker ons dat God ons raaksien, ons verstaan en meegevoel met ons het.

Swaarkry — Is dit straf van God?

Gebruik God siektes of rampe om mense vir hulle sondes te straf?

Wie se skuld is dit?

Die Bybel gee drie hoofredes hoekom mense swaarkry.

God sal binnekort swaarkry heeltemal wegneem

Hoe weet ons dat God binnekort ’n einde aan alle swaarkry en onregverdigheid sal maak?

Hoe kan die feit dat God vir jou omgee, jou help?

Die Bybel help ons om ons geloof te versterk in Jehovah se beloftes oor ’n wonderlike toekoms.

Hoe voel God oor die feit dat jy swaarkry?

Hierdie Bybelverse kan jou help om te verstaan hoe God oor swaarkry voel.