Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Weer vriende

Weer vriende

Laai af:

  1. 1. My hart is swaar, want ek hou vas

    aan wat gebeur het. En ek weet

    dis al verby, maar hier in my

    sit als nog vas. En dis verkeerd,

    ek weet, ek weet.

    (REFREIN)

    So dis nou tyd, ja, ek’s gereed

    om te vergewe en vergeet.

    Wil als laat gaan, want ek weet

    dat ons twee weer kan vriende wees.

  2. 2. Jehovah God vergewe ons

    en hy vra ek moet dit ook doen.

    So ek wil ook, net soos my God,

    vergewe en só liefde toon,

    my liefde toon.

    (REFREIN)

    Ja, dis nou tyd en ek’s gereed

    om te vergewe en vergeet.

    Wil als laat gaan, want ek weet

    dat ons twee weer kan vriende wees.

    (OORGANG)

    Ek gaan nie wag nie.

    Gaan kontak maak, wil so graag praat.

    Ek weet dat ons twee weer

    oukei kan wees, oukei sal wees.

  3. 3. Ons God wil hê dat ons saam groei.

    Ons kan as ons twee vrede maak.

    Ek wil dit doen en ligter voel,

    so ek gaan alles nou laat gaan,

    dit net laat gaan.

    (REFREIN)

    Want dis nou tyd en ek’s gereed

    om te vergewe en vergeet.

    Wil als laat gaan, want ek weet

    dat ons twee weer kan vriende wees,

    wil so graag weer, weer vriende wees.

    Ek gaan nie wag nie.