Video’s wat Bybelboeke inlei

Basiese feite oor elke Bybelboek.

Inleiding tot die Bybel

Kyk hoe elke boek bydra tot die algemene tema van die Bybel – hoe die Koninkryk deur middel van Christus Jesus Jehovah se naam sal verheerlik.

Inleiding tot Genesis

Genesis gee ons belangrike inligting oor die mens se oorsprong en hoekom mense swaarkry en sterf.

Inleiding tot Eksodus

God het die Israeliete uit slawerny in Egipte vrygelaat en hulle ’n nasie gemaak wat aan hom toegewy is.

Inleiding tot Levitikus

Kyk hoe Levitikus God se heiligheid beskryf en hoekom dit so belangrik is dat ons ook heilig moet wees.

Inleiding tot Numeri

Kyk hoe noodsaaklik dit is om aan Jehovah gehoorsaam te wees en om dié wat aangestel is om die leiding onder sy volk te neem, te respekteer.

Inleiding tot Deuteronomium

Kyk hoe Jehovah se Wet aan Israel gewys het dat hy sy volk baie liefgehad het.

Inleiding tot Josua

Kyk hoe die Israeliete die land wat God vir hulle gegee het, oorwin en verdeel.

Inleiding tot Rigters

Hierdie opwindende boek is vernoem na moedige manne van geloof wat deur God gebruik was om Israel van onderdrukkers te verlos.

Inleiding tot Rut

Rut gaan oor ’n jong weduwee se selfopofferende liefde vir haar weduwee-skoonma en hoe Jehovah hulle albei beloon het.

Inleiding tot 1 Samuel

Kyk hoe Israel se geskiedenis beweeg het van ’n tyd toe rigters die volk gehelp het tot ’n tyd toe konings regeer het.

Inleiding tot 2 Samuel

Vind uit hoe Dawid se nederigheid en geloof hom een van die mees geliefde en bekendste Bybelkarakters maak.

Inleiding tot 1 Konings

Volg Israel deur sy dae van glorie en voorspoed onder koning Salomo se heerskappy en deur die rampspoedige tydperk van die twee koninkryke van Israel en Juda.

Inleiding tot 2 Konings

Kyk hoe afvalligheid die noordelike koninkryk van Israel besoedel, terwyl Jehovah die paar Israeliete seën wat hom met hulle hele hart dien.

Inleiding tot 1 Kronieke

Volg die geslagslyn en die opwindende lewe van die Godvresende koning Dawid vandat hy as koning van Israel gekroon is tot en met sy dood.

Inleiding tot 2 Kronieke

Kyk hoe die geskiedenis van die konings van Juda wys hoe belangrik dit is om getrou te bly aan God.

Inleiding tot Esra

Jehovah hou sy beloftes om sy volk uit ballingskap in Babilon te bevry en ware aanbidding in Jerusalem te herstel.

Inleiding tot Nehemia

Die Bybelboek Nehemia voorsien waardevolle lesse vir alle ware aanbidders van vandag.

Inleiding tot Ester

Die gebeure in Ester se dag sal jou geloof versterk in Jehovah God se vermoë om sy volk te verlos wanneer hulle vandag beproef word.

Inleiding tot Job

Almal wat Jehovah liefhet, sal getoets word. Die verslag van Job verseker ons dat ons ons onkreukbaarheid kan handhaaf en Jehovah se soewereiniteit kan ondersteun.

Inleiding tot Psalms

Die Psalms ondersteun Jehovah se soewereiniteit, bied hulp en vertroosting vir diegene wat hom liefhet en toon hoe Jehovah deur middel van sy Koninkryk die aarde in ’n paradys sal omskep.

Inleiding tot Spreuke

Kry goddelike raad oor feitlik alles in die lewe—van gesinslewe tot geldsake.

Inleiding tot Prediker

Koning Salomo toon wat werklik belangrik is en vergelyk dit met dinge wat nie in lyn met God se denke is nie.

Inleiding tot die Hooglied van Salomo

Die sterk liefde wat ’n Sulammitiese meisie vir ’n jong herder het, word as “die vlam van Jah” beskryf. Hoekom?

Inleiding tot Jesaja

Jesaja se profesieë is baie akkuraat en kan jou vertroue in Jehovah versterk as die Vervuller van beloftes en die God van ons redding.

Inleiding tot Jeremia

Jeremia het sy toewysing as ’n profeet getrou uitgevoer ondanks vervolging. Sy voorbeeld kan Christene vandag help.

Inleiding tot Klaagliedere

Die boek Klaagliedere, wat deur die profeet Jeremia geskryf is, vertel van die vernietiging van Jerusalem en hoe berou tot God se genade lei.

Inleiding tot Esegiël

Esegiël het die toewysing wat hy by God ontvang het, nederig en vol vertroue uitgevoer, maak nie saak hoe moeilik dit was nie. Sy voorbeeld is vir ons baie waardevol.

Inleiding tot Daniël

Daniël en sy vriende bly getrou aan Jehovah onder moeilike omstandighede. Hulle voorbeeld en die vervulling van profesieë kan ons, wat nou in die tyd van die einde lewe, help.

Inleiding tot Hosea

Hosea se profesie leer ons belangrike lesse oor hoe Jehovah genadig is teenoor berouvolle sondaars en hoe ons hom moet aanbid.

Inleiding tot Joël

Joël het geprofeteer oor die naderende “dag van Jehovah” en hoe ons dit kan oorleef. Omdat die einde so naby is, is sy profesie dringender vir ons vandag.

Inleiding tot Amos

Jehovah het hierdie nederige man gebruik om ’n belangrike werk te doen. Watter lesse kan ons leer uit Amos se voorbeeld?

Inleiding tot Obadja

Dit is die kortste boek in die Hebreeuse Geskrifte. Die profesie gee hoop en bewys dat Jehovah die reg het om vir ewig as Koning te regeer.

Inleiding tot Jona

Die profeet het raad aanvaar, gedoen wat Jehovah gevra het en geleer oor God se lojale liefde en genade. Sy ondervindinge sal jou hart raak.

Inleiding tot Miga

Hierdie profesie verseker ons dat Jehovah net dinge van ons vra wat redelik en voordelig is.

Inleiding tot Nahum

Hierdie profesie verseker ons dat Jehovah altyd doen wat hy sê en dat hy almal vertroos wat op sy Koninkryk vertrou vir vrede en veiligheid.

Inleiding tot Habakuk

Ons kan die volle vertroue hê dat Jehovah altyd weet wat die beste tyd en wat die beste manier is om sy volk te red.

Inleiding tot Sefanja

Hoekom moet ons nie dink dat God se dag van oordeel nie sal kom nie?

Inleiding tot Haggai

Die profesie wys hoe belangrik dit is om nie ons persoonlike belange voor ons aanbidding van God te stel nie.

Inleiding tot Sagaria

In die verlede het God sy volk baie visioene en profesieë gegee om hulle te versterk. Hierdie profesieë verseker ons vandag ook dat Jehovah ons ondersteun.

Inleiding tot Maleagi

Hierdie profesie leer ons dat Jehovah se standaarde nooit verander nie en dat hy ’n God van genade en liefde is. Dié profesie kan ons ook vandag belangrike lesse leer.

Inleiding tot Matteus

Leer basiese feite oor hierdie Bybelboek, die eerste boek van die vier Evangelies.

Inleiding tot Markus

Markus se verslag is die kortste van die vier Evangelies en wys wat Jesus as Koning van God se Koninkryk in die toekoms gaan doen.

Inleiding tot Lukas

Watter inligting in die Evangelie van Lukas is uniek?

Inleiding tot Johannes

Johannes se verslag beklemtoon Jesus se liefde vir die mens, sy nederigheid en sy identiteit as die Messias — die toekomstige koning van God se Koninkryk.

Inleiding tot die Handelinge van die Apostels

Vroeë Christene het hard gewerk om dissipels te maak van al die nasies. Die Bybelboek Handelinge sal jou ywer en entoesiasme vir velddiens vergroot.

Inleiding tot Romeine

Geïnspireerde raad oor Jehovah se onpartydigheid en hoe belangrik dit is om geloof in Jesus Christus te hê.

Inleiding tot 1 Korintiërs

Paulus se brief bevat raad oor eenheid, sedelike reinheid, liefde en geloof in die opstanding.

Inleiding tot 2 Korintiërs

Jehovah, “die God van alle vertroosting” versterk en help sy knegte.

Inleiding tot Galasiërs

Paulus se brief aan die Galasiërs is vandag net so waardevol as wat dit was toe dit die eerste keer geskryf is. Dit kan alle ware Christene help om getrou te bly.

Inleiding tot Efesiërs

Hierdie geïnspireerde brief vestig die aandag op God se voorneme om vrede en eenheid deur middel van Jesus Christus te bring.

Inleiding tot Filippense

As ons getrou bly in moeilike tye, kan ons ander aanmoedig om ook getrou te bly.

Inleiding tot Kolossense

Ons kan Jehovah gelukkig maak deur toe te pas wat ons leer, deur mekaar vryelik te vergewe en deur Jesus se gesag en posisie te erken.

Inleiding tot 1 Tessalonisense

Ons moet geestelik wakker bly, ‘seker maak van alles’, ‘onophoudelik bid’ en mekaar aanmoedig.

Inleiding tot 2 Tessalonisense

Paulus stel ’n verkeerde beskouing oor die koms van Jehovah se dag reg, en hy moedig die broers aan om getrou te bly aan God.

Inleiding tot 1 Timoteus

Paulus het 1 Timoteus geskryf om organisatoriese prosedures in die gemeente te verduidelik en om te waarsku teen valse leerstellings en die liefde vir geld.

Inleiding tot 2 Timoteus

Paulus moedig Timoteus aan om sy bediening ten volle uit te voer.

Inleiding tot Titus

Paulus se brief aan Titus bespreek probleme in die gemeentes in Kreta en noem die geestelike kwalifikasies vir ouermanne.

Inleiding tot Filemon

Hierdie kort maar kragtige brief bevat praktiese lesse oor nederigheid, goedhartigheid en vergewensgesindheid.

Inleiding tot Hebreërs

Christelike aanbidding is gebaseer op dinge wat verhewe is bo fisiese tempels en diereofferandes.

Inleiding tot Jakobus

Jakobus gebruik beskrywende illustrasies om vir ons belangrike Christelike beginsels te leer.

Inleiding tot 1 Petrus

Petrus se eerste brief moedig ons aan om bedrywig te wees en om al ons bekommernisse aan God oor te gee.

Inleiding tot 2 Petrus

Petrus se tweede brief moedig ons aan om getrou te bly terwyl ons wag vir die nuwe hemele en nuwe aarde.

Inleiding tot 1 Johannes

Johannes se brief waarsku ons teen antichriste en help ons om te sien wat ons moet en nie moet liefhê nie.

Inleiding tot 2 Johannes

Johannes se tweede brief herinner ons dat ons die weg van die waarheid moet volg en dat ons moet oppas vir bedrieërs.

Inleiding tot 3 Johannes

Johannes se derde brief leer ons ’n pragtige les oor Christelike gasvryheid.

Inleiding tot Judas

Judas lê die slinkse maniere bloot van dié wat probeer om Christene te mislei.

Inleiding tot Openbaring

Die indrukwekkende visioene in die boek Openbaring wys hoe God se Koninkryk sy voorneme vir die mensdom en die aarde sal vervul.