JW LIBRARY
Installeer JW Library as jy nie toegang het tot ’n app store nie – Android
As jy nie JW Library op jou Android-toestel kan installeer uit ’n amptelike app store, soos Google Play Store of Amazon Appstore, nie, kan jy dit installeer deur JW Library Android package (APK) te gebruik.
Om JW Library APK te installeer, moet jy by Instellinge die opsie “Installeer onbekende toepassings” of “Laat installasie uit onbekende bronne toe” kies. Om uit te vind hoe om dit te doen, kyk na die instruksies van jou Android-toestel.
Volg die volgende stappe om JW Library APK af te laai en te installeer:
Klik op Laai af op hierdie bladsy om die APK-lêer op jou toestel te red.
Vind die APK-lêer op jou toestel, en klik dan daarop om JW Library te installeer.
Nadat jy die JW Library APK geïnstalleer het, moet jy gereeld kyk of ’n nuwe weergawe van die app beskikbaar is. Om dit te doen, volg die volgende stappe:
Maak die bladsy Instellinge in JW Library oop om te sien watter weergawe nou op jou toestel geïnstalleer is.
As die weergawe-nommer op jou toestel laer is as die weergawe-nommer hieronder, volg dan die stappe hierbo om die APK af te laai en te installeer.
Weergawe: 15.0.2 (461440)