JW LIBRARY
Merk teks—Android
Terwyl jy publikasies in JW Library lees en studeer, kan jy woorde of frases merk.
Volg hierdie instruksies om teks te merk:
Merk teks
Daar is twee maniere om ’n teks te merk.
Tik op ’n woord en hou jou vinger daarop om dit te kies. Jy kan die handvatsels gebruik om te kies hoeveel teks jy wil merk. Tik op die Merk-knoppie (links) en kies dan die kleur waarin jy die teks wil merk.
Om ’n woord of frase in een beweging te merk, tik en hou waar jy wil begin en beweeg jou vinger tot waar jy wil ophou. Terwyl jy jou vinger oor die teks beweeg, word die teks gemerk. Wanneer jy klaar is, verskyn ’n paar opsies vir ’n kort rukkie. Jy kan hierdie opsies gebruik om die kleur te verander of om dit te verwyder.
Verander gemerkte teks
Om die kleur van gemerkte teks te verander, moet jy daarop tik en dan ’n ander kleur kies. As jy die teks nie meer gemerk wil hê nie, tik daarop en tik dan op die Skrap-knoppie.
Hierdie funksies is in November 2015 vrygestel met JW Library 1.6, wat werk met Android 4.0 of nuwer weergawes. As jy hierdie funksies nie sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik—Android”, onder Kry die nuutste weergawes.