Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Laai publikasies af en organiseer dit​—Android

Laai publikasies af en organiseer dit​—Android

JW Library het honderde boeke, brosjures, traktate en video’s wat jy kan gebruik wanneer jy nie aan die Internet verbind is nie.

Volg hierdie instruksies om publikasies af te laai en te organiseer:

 Laai ’n publikasie af

Jy kan baie publikasies aflaai om later te lees en te studeer sonder om aanlyn te gaan.

  • Gaan na die navigasie-opsie en tik op Publikasies om die lys te sien.

  • Om al die tale te sien waarin publikasies beskikbaar is, tik op die Tale-knoppie. Kies die taal wat jy wil sien. Tale wat jy die meeste gebruik, sal bo-aan die lys verskyn. Jy kan ook na ’n taal soek deur dit in te tik.

Daar is ’n paar maniere om publikasies in JW Library te vind.

Die opsie Volgens Kategorie wys publikasies in die taal wat jy gekies het volgens kategorieë, soos boeke, traktate of video’s. As jy op party kategorieë tik, sal dit nog opsies vertoon, soos Die Wagtoring volgens jaar of kategorieë van video’s. Tik op Alle kategorieë om weer die volledige lys te sien.

Die opsie Wat is nuut? wys publikasies wat onlangs vrygestel is in die taal wat jy gekies het.

Publikasies wat jy nog nie afgelaai het nie, word met ’n klein wolkie aangedui. Tik daarop om dit af te laai. Sodra jy die publikasie afgelaai het, sal die klein wolkie verdwyn. Tik weer op die publikasie om dit te lees.

Die opsie Afgelaai wys al die publikasies wat jy afgelaai het. Jy kan hierdie lys sorteer volgens Dikwels gebruik, Selde gebruik of volgens Grootte.

Verwyder ’n publikasie

 Jy kan ’n publikasie verwyder of delete as jy dit nie meer nodig het nie of as jy plek op jou toestel nodig het.

Gaan na die navigasie-opsie en tik op Publikasies en dan op die publikasie-kategorie (byvoorbeeld, Boeke) om die lys van publikasies te sien. Kies die publikasie wat jy wil verwyder en tik op die drie kolletjies en dan op Skrap.

As jy nog plek op jou toestel wil maak, kan jy publikasies verwyder wat jy selde gebruik of wat baie groot is. Gaan na die navigasie-opsie en tik op Publikasies. Gaan dan na die opsie Afgelaai en sorteer die lys volgens Selde gebruik of Grootte. Verwyder die publikasies wat jy nie meer nodig het nie.

Laai bygewerkte publikasies af

 Van tyd tot tyd sal ’n publikasie wat jy reeds afgelaai het, aangepas word.

’n Publikasie wat bygewerk is, het twee klein pyltjies. Wanneer jy op die publikasie tik sal ’n boodskap verskyn wat sê dat die publikasie bygewerk is. Tik op Laai af om die publikasie af te laai of tik op Later om die weergawe verder te lees wat jy reeds het.

Om te sien of enige publikasie aangepas is, gaan na die navigasie-opsie en tik op Publikasies. As daar sulke aanpassings is, sal Bygewerkte items verskyn. Tik daarop om die lys bygewerkte publikasies te sien. Tik op ’n publikasie om dit by te werk of tik op die pyltjie wat af wys om almal by te werk.

Hierdie funksies is in Februarie 2015 met JW Library 1.4 vrygestel, en dit werk met Android 2.3 of nuwer weergawes. As jy hierdie funksies nie sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik—Android”, onder Kry die nuutste weergawe.