JW LIBRARY
Soek in ’n Bybel of publikasie—Android
Met die soekfunksie van JW Library kan jy ’n woord of frase in ’n publikasie of ’n Bybel soek.
Volg hierdie instruksies om te soek:
Soek in ’n Bybel
Jy kan na ’n woord of ’n frase soek in die Bybel wat jy tans lees.
Terwyl jy ’n Bybel oop het, tik op die Soek-knoppie en tik dan die woord in waarna jy soek. Terwyl jy tik, sal moontlike opsies verskyn. Tik op ’n opsie of tik op die Enter-knoppie op die sleutelbord om te sien waar daardie woord in die Bybel voorkom.
Onder Algemeenste verse sal jy die verse sien wat ons die meeste gebruik. Onder Alle verse sal jy al die verse sien. Dit sal gesorteer wees volgens die boeke van die Bybel. Artikels wys waar hierdie woord in die inleiding en die aanhangsel voorkom.
As jy meer as een woord ingetik het, tik op die Soek presiese frase-opsie om die resultate te sien wat presies ooreenkom met die frase wat jy ingetik het.
Soek in ’n publikasie
Jy kan na ’n woord of ’n frase soek in die publikasie wat jy lees.
Terwyl jy ’n publikasie oop het, tik op die Soek-knoppie en tik dan die woord in waarna jy soek. Terwyl jy tik, sal moontlike opsies verskyn. Tik op ’n voorstel of tik op die Enter-knoppie op die sleutelbord om die resultate te sien.
As jy meer as een woord ingetik het, tik op die Soek presiese frase-opsie om die resultate te sien wat presies ooreenkom met die frase wat jy ingetik het.
Soek na ’n onderwerp
As jy Insight on the Scriptures afgelaai het, kan jy na ’n onderwerp soek wat daarin voorkom. Hierdie funksie is beskikbaar terwyl jy enige Bybel of publikasie in die app lees.
Tik op die Soek-knoppie en tik dan die onderwerp in waarna jy soek. Terwyl jy tik, sal moontlike onderwerpe uit Insight on the Scriptures in die lys voorstelle ingesluit word. Tik op ’n onderwerp om die artikel oop te maak.
Hierdie funksies is in Oktober 2014 vrygestel met JW Library 1.3.4, wat werk met Android 2.3 of nuwer weergawes. As jy nie hierdie funksies sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik—Android”, onder Kry die nuutste weergawes.