JW Library vir Apple-toestelle
JW Library is ’n amptelike toepassing wat deur Jehovah se Getuies beskikbaar gestel is. Dit sluit ’n verskeidenheid Bybelvertalings in, sowel as boeke en brosjures vir Bybelstudie.
Wat is nuut
Junie 2024 (Weergawe 15.0)
Publikasies is in gebaretaal beskikbaar.
Inhoudsopgawes wys die voorbladprent van die publikasie as dit beskikbaar is.
Gedeeltes wat in die Bybel en ander publikasies gemerk is, verskyn in die studievenster. Gemerkte gedeeltes kan nie in die studievenster verander word nie.
Die huidige Wagtoring-studieartikel verskyn onmiddellik as jy op Vergaderinge kliek.
April 2024 (Weergawe 14.3)
Gebruik die diamantprentjie in die Bybel in die inhoudskieslys om al die studie-inhoud vir ’n teks te kry, insluitende die verwysings in die Navorsingsgids.
Persoonlike notas verskyn voor die ander inhoud in die studievenster.
Februarie 2024 (Weergawe 14.2)
Gebruik die sny-funksie in die speellys om ’n gedeelte van ’n groter video of oudio-lêer wat jy gekies het, te speel.
IN HIERDIE GEDEELTE
Algemene vrae—JW Library (iOS)
Kry antwoorde op die vrae wat die meeste gevra word.