WATCHTOWER LIBRARY
Algemene vrae – Watchtower Library
Watchtower Library vereis ’n rekenaar of skootrekenaar wat met Microsoft Windows 7 of hoër werk. As jou rekenaar ’n ARM-verwerker het, word Windows 11 vereis.
As jy herhaaldelik ’n boodskap kry wat sê dat Watchtower Library nie bygewerk is nie, volg die volgende stappe om die program self by te werk:
Gaan na die blad Bywerking van Watchtower Library op jw.org.
Laai die Watchtower Library-bywerkingspakket vir jou taal af.
Volg die instruksies onder die onderhofie “Pas ’n bywerkingspakket toe”.
As jy nog steeds nie die probleem kan oplos nie, volg die volgende stappe:
In die File Explorer-venster maak die vouer “C:\ProgramData\Watchtower\WTLibrary” oop.
Verwyder die volgende twee lêers:
a. ca-bundle.zip
b. cert.pem
As jy dit moeilik vind om die stappe hierbo te volg, vra ’n vriend wat bekend is met Watchtower Library om jou te help, of kontak ons naaste takkantoor.
’n Vriend wat weet hoe Watchtower Library werk, sal jou dalk kan help. As dit nie moontlik is nie, kontak gerus ons naaste takkantoor.