Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SIERRA LEONE EN GUINEE

’n Lapelkaart was hulle “paspoort”

’n Lapelkaart was hulle “paspoort”

“IN 1987 het meer as 1 000 die ‘Vertrou op Jehovah’-streekbyeenkoms in Guékédou, Guinee, bygewoon. Aangesien die byeenkomsterrein naby Guinee se grens met Sierra Leone en Liberië was, het baie byeenkomsgangers uit hierdie lande besluit om elke dag te pendel. Hulle het egter nie die nodige reisdokumente gehad nie. Verantwoordelike broers het dus met die grensowerheid onderhandel en tot ’n ooreenkoms gekom. Byeenkomsgangers sou net een dokument nodig hê—hulle streekbyeenkomslapelkaart! Wanneer die grenspolisie die helderoranje kaarte gesien het, het hulle onmiddellik vir die byeenkomsgangers beduie om deur te loop.”—Everett Berry, ’n voormalige sendeling.

Die broers het die kos by die byeenkoms geniet