Glanspunte van die afgelope jaar
1 Kor. 15:58). Die volgende verslae wys hoe Jehovah se Getuies regoor die wêreld daarna streef om te ‘vertrou op Jehovah en te doen wat goed is; en om te handel met getrouheid’.—Ps. 37:3.
TERWYL die een rampspoed ná die ander Satan se wêreld tref, het Jehovah se ware aanbidders “altyd baie . . . om in die werk van die Here te doen” (Verskuiwing van die wêreldhoofkwartier en takkantoor
Die uitbreiding van die fasiliteite by Wallkill, New York, is op 1 Februarie 2016 voltooi. Die Verenigde State se Takkomitee, Diensafdeling en ander afdelings van die takkantoor het toe daarheen getrek. En omdat die werk aan die nuwe wêreldhoofkwartier by Warwick amper klaar was, het die Brooklynse Bethelgesin begin met die groot taak om uit die stad New York na die platteland te trek.
Toere by die wêreldhoofkwartier by Warwick sal op Maandag 3 April 2017 begin. Daar sal drie onbegeleide uitstallings en ’n begeleide toer wees.
-
“Die Bybel en die goddelike naam.” Hierdie uitstalling bevat Bybels wat skaars is en wat wys dat God se naam in die Skrif hoort.
-
“’n Volk vir Jehovah se naam.” Hierdie uitstalling voorsien ’n visuele geskiedenis van Jehovah se Getuies se geestelike erfenis, wat toon hoe Jehovah sy volk progressief gerig, geleer en georganiseer het om sy wil te doen.
-
“Wêreldhoofkwartier—Geloof in aksie.” Hierdie interaktiewe uitstalling verduidelik wat die Bestuursliggaam se komitees doen. Dit wys hoe hulle Jehovah se volk help om saam te vergader, om dissipels te maak, om geestelike voedsel in te neem en om liefde aan mekaar te betoon.
Hierdie onbegeleide toere is beskikbaar van Maandag tot Vrydag vanaf 8:00 vm. tot 4:00 nm. Besoekers kan ook ’n begeleide toer van 20 minute geniet wat die aandag vestig op dele van die Kantore/Dienstegebou en die Bethel-terrein. Hierdie kort begeleide toere is beskikbaar van Maandag tot Vrydag vanaf 8:00 vm. tot 11:00 vm. en vanaf 1:00 nm. tot 4:00 nm.
Voordat jy jou besoek beplan, gaan na jw.org en kyk onder OMTRENT ONS > KANTORE & TOERE > Verenigde State.
IN HIERDIE GEDEELTE
Die wêreldwye predikingswerk kry voorkeur
Hoe het voormalige lede van die Bethelgesin Bethel aangepas by nuwe omstandighede in die veld?
“Julle is die beste bure”
Op die naweek van 7 en 8 Mei 2016 is mense genooi na ’n historiese Bybeluitstalling wat ’n goeie getuienis vir almal naby die Brooklynse Bethel was.
’n Nuwe vergadering vir ons Christelike lewe en bediening
In Januarie 2016 is die struktuur van die gemeentes se vergadering in die week verander.
JW Broadcasting ‘gee ons krag en moed!’
JW Broadcasting het in 2014 begin uitsaai en is beskikbaar in meer as 90 tale. Hoe het kykers gereageer?
Toewyding van takkantore
Die toewyding van die takkantore in Kirgistan en Armenië is teokratiese mylpale vir plaaslike Getuies.
Verslag oor regsaangeleenthede vir 2016
Voor watter regskwessies het die Getuies in 2016 te staan gekom?
Nuus van regoor die wêreld
Nuus oor die bedrywighede van Jehovah se Getuies in Argentinië, Belize, Burundi, Duitsland, Italië, Kongo (Kinshasa), Nepal, Papoea-Nieu-Guinee en Uganda.