Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Agterblad

Agterblad

Agterblad

DIE MODERNE WÊRELD het te veel probleme. Huwelike verbrokkel. Gesinsgeweld kom oral voor. Honderdmiljoene ly honger. Misdaad vier hoogty. Vrede en veiligheid ontwyk die mens. Waarom is die wêreld so? Is daar enige oplossings? Die Bybel bied nie net antwoorde op hierdie vrae nie, maar dit voorsien ook riglyne vir die daaglikse lewe. Behoort ons dan nie belang te stel in wat die Bybel sê nie?

Party mense beweer dat die Bybel maar net ’n versameling mites, legendes en volkswyshede is. Maar ander is oortuig dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is. Watter beskouing is reg? Hierdie boek, Die Bybel—God se woord of die mens s’n?, sal jou help om daardie vraag te beantwoord. Ons nooi jou om self die feite te ondersoek. Dit sal heel moontlik jou lewe vir ewig verander.