Gemeenskaplike elemente in die mitologie
Hoofstuk 3
Gemeenskaplike elemente in die mitologie
1-3. (a) Waarom moet ons in mites belangstel? (b) Wat sal ons in hierdie hoofstuk dek?
WAAROM mites bespreek? Is hulle nie bloot verdigsels uit die verre verlede nie? Hoewel dit waar is dat baie op fiksie gebaseer is, is ander op feite gebaseer. ’n Voorbeeld hiervan is die mites en legendes wat wêreldwyd voorkom en gebaseer is op die feitelike, wêreldomvattende Sondvloed, of Vloed, waarvan die Bybel praat.
2 Een rede waarom ons mites bespreek, is dat hulle die grondslag is van opvattings en ritusse wat vandag nog in godsdienste voorkom. Geloof in ’n onsterflike siel kan byvoorbeeld teruggevoer word tot eertydse Assiries-Babiloniese mites wat deur die Egiptiese, Griekse en Romeinse mitologie aan die Christendom oorgedra is, sodat dit tans ’n fundamentele leerstelling van die Christendom se teologie is. Mites is ’n bewys dat die eertydse mens na gode sowel as na betekenis in die lewe gesoek het. In hierdie hoofstuk gaan ons kortliks party van die gemeenskaplike temas dek wat in die mites van die wêreld se vernaamste kulture voorkom. Terwyl ons hierdie mitologieë hersien, sal ons oplet hoe die skepping, die Vloed, valse gode en halfgode, die onsterflike siel en sonaanbidding gereeld as gemeenskaplike elemente in die sameraapsel van die mitologie opduik. Maar waarom sou dit die geval wees?
3 Daar is heel dikwels ’n feitelike geskiedkundige kern, *
’n persoon, of ’n gebeurtenis wat later oordryf of verdraai is om die mite te vorm. Een van hierdie geskiedkundige feite is die Bybel se skeppingsverslag.Feit en fiksie oor die skepping
4, 5. Wat was party van die opvattings van die Griekse mitologie?
4 Daar is baie skeppingsmites, maar nie een het die eenvoudige logika van die Bybel se skeppingsverslag nie (Genesis, hoofstukke 1, 2). Die verslag in die Griekse mitologie klink byvoorbeeld pervers. Die eerste Griek wat mites sistematies opgeteken het, was Hesiodos, wat sy Theogonia in die agtste eeu v.G.J. geskryf het. Hy verduidelik hoe die gode en die wêreld begin het. Hy begin met Gaia (die Aarde), wat aan Uranus (die Hemel) die lewe skenk. Wat daarop volg, word deur die geleerde Jasper Griffin in The Oxford History of the Classical World verduidelik:
5 “Hesiodos vertel die verhaal, wat aan Homerus bekend
was, van die opeenvolging van hemelgode. Uranus was aanvanklik oppermagtig, maar hy het sy kinders onderdruk, en Gaia het sy seun Kronos aangespoor om hom te kastreer. Kronos het op sy beurt sy eie kinders geëet, totdat sy vrou Rea hom ’n klip gegee het om in plaas van Zeus te eet; die kind Zeus is op Kreta grootgemaak, het sy vader gedwing om sy broers uit te braak en het met hulle en ander se hulp Kronos en sy Titane verslaan en hulle in Tartarus neergewerp.”6. Wat is volgens Jasper Griffin die waarskynlike bron van baie Griekse mites?
6 Uit watter bron het die Grieke hierdie vreemde mite gekry? Dieselfde skrywer antwoord: “Dit lyk asof die ware oorsprong daarvan Sumeries was. In hierdie oosterse verhale vind ons ’n opeenvolging van gode, en die grondidees van kastrering, dinge wat ingesluk word en ’n klip word herhaal op maniere wat, hoewel hulle verskil, toon dat die ooreenkoms met Hesiodos nie toevallig is nie.” Ons moet eertydse Mesopotamië en Babilon dus beskou as die bron van baie mites waarvan ander kulture deurtrek was.
7. (a) Waarom is dit nie maklik om inligting oor ou Chinese mites te kry nie? (b) Hoe verduidelik een Chinese mite die skepping van die aarde en die mens? (Vergelyk Genesis 1:27; 2:7.)
7 Die ou mitologie van die Chinese volksgodsdiens kan nie altyd maklik gedefinieer word nie, aangesien talle geskrewe verslae tussen 213 en 191 v.G.J. vernietig is. * Maar ’n paar mites het wel behoue gebly, soos die mite wat die vorming van die aarde beskryf. ’n Professor in Oosterse kuns, Anthony Christie, skryf: “Ons leer dat Chaos soos ’n hoendereier was. Nòg die Hemel nòg die Aarde het bestaan. Pan-koe is uit die eier gebore, terwyl die Aarde uit die swaar elemente daarvan en die Hemel uit die ligte elemente daarvan gemaak is. Pan-koe word uitgebeeld as ’n dwerg wat in ’n beervel of ’n blarekleed geklee is. Die afstand tussen die Aarde en die Hemel het oor ’n tydperk van 18 000 jaar elke dag met [drie meter] toegeneem, en Pan-koe het teen dieselfde tempo gegroei, sodat sy liggaam die gaping gevul het. Toe hy gesterf het, het verskillende dele van sy liggaam verskeie natuurlike elemente geword. . . . Die vlooie op sy lyf het die mensdom geword.”
8. Hoe het tale volgens die Inka-mitologie ontstaan?
8 ’n Inka-legende uit Suid-Amerika verduidelik hoe ’n mitiese skepper elke nasie spraak gegee het. “Hy het elke nasie die taal gegee wat hy moes praat . . . Hy het elkeen ’n Genesis 11:1-9). Maar kom ons skenk nou aandag aan die Vloed wat in die Bybel in Genesis 7:17-24 beskryf word.
wese en siel sowel [as] die mans en die vroue gegee en elke nasie beveel om in die aarde neer te daal. Gevolglik het elke nasie onder die aardoppervlak getrek tot waar hulle opgekom het op die plekke wat hy vir hulle aangewys het.” (The Fables and Rites of the Yncas, deur Cristóbal de Molina van Cuzco, wat in South American Mythology aangehaal is.) In hierdie geval lyk dit asof die Bybelverslag oor die verwarring van tale by Babel die feitelike kern van hierdie Inka-mite is (Die Vloed—Feit of mite?
9. (a) Wat deel die Bybel ons mee oor die toestande wat voor die Vloed op die aarde geheers het? (b) Wat moes Noag en sy gesin doen om deur die Vloed heen gered te word?
9 Die Bybel voer ons sowat 4 500 jaar terug, na omstreeks 2 500 v.G.J., en deel ons mee dat opstandige geesseuns van God in mensegedaantes gematerialiseer en “vir hulle . . . vroue geneem” het. Hierdie onnatuurlike verbastering het die gewelddadige Nefilim voortgebring, “die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam”. Hulle bandeloosheid het die wêreld voor die Vloed dermate beïnvloed dat Jehovah gesê het: “Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg . . . want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.” Die verslag meld voorts die spesifieke en praktiese stappe wat Noag moes doen om homself, sowel as sy gesin en ’n verskeidenheid diersoorte, deur die Vloed heen te red.—Genesis 6:1-8, 13–8:22; 1 Petrus 3:19, 20; 2 Petrus 2:4; Judas 6.
10. Waarom moet die Bybelverslag oor die Vloed nie as ’n mite beskou word nie?
10 Hedendaagse kritici bestempel die Genesisverslag oor *—Jesaja 54:9; Esegiël 14:20; Mattheüs 24:37; Hebreërs 11:7.
gebeure voor die Vloed as ’n mite. Maar getroue manne, soos Jesaja, Esegiël, Jesus Christus en die apostels Petrus en Paulus, het die geskiedenis van Noag aanvaar en geglo. Die verslag word ook gestaaf deur die feit dat dit in so baie mitologieë oor die hele wêreld weerspieël word, onder meer in die ou Epos van Gilgamesj asook in die mites van China en van die Asteke, Inkas en Majas. Kom ons ondersoek nou, terwyl ons die Bybelverslag in gedagte hou, die Assiries-Babiloniese mitologie en wat dit van ’n vloed sê.Die Vloed en die godmens Gilgamesj
11. Waarop is ons kennis van die Epos van Gilgamesj gegrond?
11 As ons sowat 4 000 jaar in die geskiedenis teruggaan, bring dit ons by die beroemde Akkadiese mite wat die Epos van Gilgamesj genoem word. Ons kennis hiervan is hoofsaaklik gegrond op ‘n spykerskrifteks uit die biblioteek van Assurbanipal, wat in eertydse Nineve regeer het.
12. Wie was Gilgamesj, en waarom was hy nie gewild nie? (Vergelyk Genesis 6:1, 2.)
12 Dit is die verhaal van die heldedade van Gilgamesj, wat beskryf word as twee derdes god en een derde mens, of ’n halfgod. Een weergawe van die epos sê: “In Uruk het hy mure en ’n groot verskansing gebou, asook die tempel van geseënde Eanna vir die god van die hemel Anu en vir Isjtar die godin van liefde . . . , ons vrou van liefde en oorlog.” (Sien venster op bladsy 45 vir ’n lys Assiries-Babiloniese gode en godinne.) Maar Gilgamesj was nie juis ’n aangename persoon nie. Die inwoners van Uruk het by die gode gekla: “Sy wellus laat geen maagd vir haar minnaar nie, nòg die soldaat se dogter nòg die vrou van die edelman.”
13. (a) Hoe het die gode opgetree, en wat het Gilgamesj gedoen? (b) Wie was Oetnapisjtim?
13 Hoe het die gode op die mense se beswaar gereageer? Die godin Aruru het Enkidu geskep om Gilgamesj se mensemededinger te wees. Maar pleks van vyande te wees, het
hulle boesemvriende geword. In die loop van die epos het Enkidu gesterf. Gilgamesj het verslae uitgeroep: “Sal ek nie soos Enkidu wees wanneer ek sterf nie? Wee het my buik binnegegaan. In doodsvrees swerf ek oor die grasvlakte.” Hy wou weet wat die geheim van onsterflikheid is en het na Oetnapisjtim gaan soek, die vloedoorlewende wat onsterflikheid van die gode ontvang het.14. (a) Wat is Oetnapisjtim beveel om te doen? (Vergelyk Genesis 6:13-16.) (b) Wat was die uiteinde van Gilgamesj se epiese reis?
14 Gilgamesj vind Oetnapisjtim uiteindelik en hoor die verhaal van die vloed. Volgens Epostafel XI, wat as die Vloedtafel bekendstaan, vertel Oetnapisjtim van die instruksies wat hy aangaande die vloed ontvang het: “Breek (hierdie) huis af, bou ’n skip! Laat vaar besittings, red jou lewe. . . . Jy moet die saad van alle lewende dinge op die skip neem.” Klink dit nie ietwat soos die Bybelverslag oor Noag en die Vloed nie? Maar Oetnapisjtim kan Gilgamesj nie onsterflikheid gee nie. Gilgamesj keer teleurgesteld na Uruk terug. Die verslag eindig met sy dood. Die deurlopende boodskap van die epos is die droefheid en frustrasie van die dood en die hiernamaals. Daardie eertydse mense het nie die God van waarheid en hoop gevind nie. Maar die verband tussen die epos en die Bybel se eenvoudige verslag oor die tydperk voor die Vloed is baie duidelik. Kom ons kyk nou hoe die Vloedverslag in ander legendes voorkom.
Vloedlegendes in ander kulture
15. Waarom stel ons in die Sumeriese vloedlegende belang?
15 Selfs ouer as die verslag in die Epos van Gilgamesj is die Sumeriese mite wat praat van “Ziusudra, die eweknie van die Bybelse Noag, wat beskryf word as ’n vroom, godvresende koning wat gedurig op die uitkyk was na goddelike openbarings in die vorm van drome of towerspreuke”
(Ancient Near Eastern Texts Relating to the Old Testament). Volgens dieselfde bron toon hierdie mite “die nouste en treffendste ooreenkoms met Bybelse materiaal wat nog in Sumeriese literatuur ontdek is”. Die Babiloniese en Assiriese beskawing, wat later gevolg het, is deur die Sumeriese beskawing beïnvloed.16. Uit watter bron kon die Chinese vloedlegendes gekom het?
16 Die boek China—A History in Art deel ons mee dat een van die eertydse heersers van China Jü was, “die oorwinnaar van die Groot Vloed. Jü het vloedwaters in die riviere en seë laat invloei om sy volk te hervestig.” Mitoloog Joseph Campbell het die volgende oor die Chinese “Tydperk van die Groot Tien” geskryf: “Volgens die vroeë mitologie van die Tsjou-tydperk het tien keisers gedurende hierdie belangrike tyd, wat met ’n Vloed eindig, geheers. Dit lyk dus asof ons hier te doen het met ’n plaaslike
omskepping van die reeks van die ou Sumeriese koningslys.” Campbell het toe ander gedeeltes uit Chinese legendes aangehaal wat blykbaar “die argument ten gunste van ’n Mesopotamiese bron staaf”. Dit voer ons terug na dieselfde basiese bron van baie mites. Maar die verhaal van die Vloed het ook in die Amerikas voorgekom, byvoorbeeld in Mexiko gedurende die tydperk van die Asteke in die 15de en 16de eeu G.J.17. Watter vloedlegendes het die Asteke gehad?
17 Die Asteekse mitologie het van vier vorige tydperke gepraat en gesê dat die aarde gedurende die eerste daarvan deur reuse bewoon is. (Dit is nog ’n herinnering aan die Nefilim, die reuse wat die Bybel in Genesis 6:4 meld.) Dit het ’n oeroue vloedlegende ingesluit waarin “die waters bo met dié onder saamsmelt, die horisonne uitwis en van alles ’n tydlose, kosmiese oseaan maak”. Die god wat reën en water beheer het, was Tlaloc. Sy reën is egter nie goedkoop verkry nie, maar is gegee “in ruil vir die bloed van menseofferandes wie se vloeiende trane die vloei van reën sou naboots en dit sodoende sou stimuleer” (Mythology—An Illustrated Encyclopedia). ’n Ander legende sê dat Chalchiuhtlicue, die watergodin, die heerser van die vierde tydperk was en dat haar heelal deur ’n vloed vergaan het. Mense is gered deur visse te word!
18. Watter verslae kom algemeen in die Suid-Amerikaanse mitologie voor? (Vergelyk Genesis 6:7, 8; 2 Petrus 2:5.)
18 Die Inkas het eweneens hulle Vloedlegendes gehad. Britse skrywer Harold Osborne sê: “Die verhale van ’n vloed is die tema wat seker die meeste in Suid-Amerikaanse mites voorkom . . . Vloedmites is baie algemeen onder die volke in die hoogland sowel as die stamme van die tropiese laagland. Die vloed word dikwels verbind met die skepping en met ’n openbaring van die skepper-god. . . . Dit word
soms beskou as ’n goddelike straf waardeur die bestaande mensdom uitgewis is ter voorbereiding vir die verskyning van ’n nuwe ras.”19. Beskryf die Maja-vloedlegende.
19 Die Majas in Mexiko en Sentraal-Amerika het insgelyks hulle Vloedlegende gehad oor ’n universele vloed, of haiyococab, wat “water oor die aarde” beteken. Katolieke biskop Las Casas het geskryf dat die Guatemalaanse Indiane “dit Butic genoem het, die woord wat vloed van baie waters en die finale oordeel beteken, en hulle glo dus dat nog ’n Butic ophande is—nog ’n vloed en oordeel, nie van water nie, maar van vuur”. Talle ander vloedlegendes kom oor die hele wêreld voor, maar die paar wat reeds gemeld is, bevestig die kern van die legende, die geskiedkundige gebeurtenis waarvan Genesis verslag doen.
Die aldeurdringende geloof in die onsterflike siel
20. Wat was die Assiries-Babiloniese opvatting oor die lewe hiernamaals?
20 Maar nie alle mites is op feite of op die Bybel gegrond nie. In sy soeke na God het die mens na strooihalms gegryp, mislei deur die illusie van onsterflikheid. Soos ons deurgaans in hierdie boek sal sien, is die geloof in ’n onsterflike siel of variasies daarvan ’n erfenis wat deur die millenniums heen aan ons oorgedra is. Die mense van die eertydse Assiries-Babiloniese kultuur het aan ’n lewe hiernamaals geglo. Die New Larousse Encyclopedia of Mythology verduidelik: “Onder die aarde, anderkant die afgrond van die Apsu [wat vol vars water was en die aarde omring het], was die onderwêreldse woonplek waarin mense ná hul dood neergedaal het. Dit was die ‘Land waaruit niemand terugkeer nie’ . . . In hierdie ryk van ewige duisternis is die siele van die dode—edimmu—‘wat soos voëls in ’n kledingstuk van vlerke geklee was’ almal saamgebondel.”
Volgens die mite het die godin Eresjkigal, “Prinses van die groot aarde”, oor hierdie ondergrondse wêreld geheers.21. Wat het volgens die Egiptiese opvatting met die dode gebeur?
21 Die Egiptenaars het ook hulle opvatting van ’n onsterflike siel gehad. Voordat die siel ’n gelukkige skuilplek kon bereik, moes dit geweeg word teen Maat, die godin van waarheid en geregtigheid wat deur die veer van waarheid gesimboliseer is. Anubis, die god met die kop van ’n jakkals, of Horus, die valk, het hiermee gehelp. As daardie siel deur Osiris goedgekeur is, sou dit saam met die gode saligheid geniet. (Sien die illustrasie, bladsy 50.) Soos dikwels die geval is, sien ons hier hoe die gemeenskaplike element van die Babiloniese konsep dat die siel onsterflik is mense se godsdiens, lewe en optrede gevorm het.
22. Wat was die Chinese konsep van die dode, en wat is gedoen om hulle te help?
22 Die ou Chinese mitologie het die opvatting ingesluit dat ’n mens na die dood voortleef en dat dit belangrik is om voorouers gelukkig te hou. Voorouers is “as lewende en magtige geeste beskou wat almal baie besorg was oor die welsyn van hulle lewende nakomelinge, maar wat in woede straf kon uitdeel as hulle ontevrede was”. Alle moontlike hulp, ook in die vorm van mense wat saam met hulle begrawe is, moes aan die dode verleen word. Daarom “is party Sjang-konings . . . saam met honderd tot driehonderd menseslagoffers begrawe, wat in die hiernamaals sy bediendes sou wees. (Hierdie gebruik dui op ’n verband tussen eertydse China en Egipte, Afrika, Japan en ander plekke, waar soortgelyke offers gebring is)” (Man’s Religions, deur John B. Noss). In hierdie gevalle het geloof in ’n onsterflike siel tot menseoffers gelei.—Vergelyk Prediker 9:5, 10; Jesaja 38:18, 19.
23. (a) Wie en wat was Hades in die Griekse mitologie? (b) Wat is Hades volgens die Bybel?
23 Die Grieke, wat baie gode in hulle mitologie versin het, het ook in die dode en hulle bestemming belanggestel. Volgens die mites is Kronos se seun, wat die broer van die gode Zeus en Poseidon was, oor daardie ryk van dik duisternis aangestel. Sy naam was Hades, en sy ryk is na hom vernoem. Hoe het die siele van die dode Hades bereik?24. (a) Wat het volgens die Griekse mitologie in die onderwêreld gebeur? (b) Watter ooreenkoms is daar tussen die Griekse mitologie en die Epos van Gilgamesj?
24 Skryfster Ellen Switzer verduidelik: “Daar was . . . skrikwekkende skepsele in die onderwêreld. Daar was Charon, wat die veerboot geroei het waarin diegene wat pas gesterf het van die land van die lewendes na die onderwêreld vervoer is. Charon het betaling vir sy veerdiens [oor die Styxrivier] geëis, en die Grieke het dikwels hul dode met ’n muntstuk onder die tong begrawe om te verseker dat hulle die regte reisgeld het. Dooie siele wat nie kon betaal nie, is aan die verkeerde kant van die rivier gehou, in ’n soort niemandsland, en sou dalk terugkeer om by die lewendes te spook.” *
25. Wie is deur Griekse denke oor die siel beïnvloed?
25 Die Griekse mites oor die siel het later die Romeinse konsep beïnvloed, en die Griekse filosowe, soos Plato (omstreeks 427-347 v.G.J.), het ’n sterk invloed uitgeoefen op vroeë afvallige Christendenkers wat die lering oor die onsterflike
siel as ’n deel van hulle leerstelling aanvaar het, hoewel dit geen Bybelse grondslag het nie.26, 27. Hoe het die Asteke, Inkas en Majas die dood beskou?
26 Die Asteke, Inkas en Majas het ook aan ’n onsterflike siel geglo. Die dood was vir hulle net so ’n groot raaisel as wat dit vir ander beskawings was. Hulle het hulle seremonies en opvattings gehad om hulle te help om dit te verklaar. Soos die argeologiese geskiedkundige Victor W. von Hagen verduidelik in sy boek The Ancient Sun Kingdoms of the Americas: “Die dode was in werklikheid lewend: hulle het bloot van een fase in ’n ander oorgegaan; hulle was onsigbaar, ontasbaar, onkwetsbaar. Die dode . . . het die onsigbare lede van die groep geword.”—Vergelyk Rigters 16:30, NW; Esegiël 18:4, 20.
27 Dieselfde bron deel ons mee dat “die [Inka-]Indiaan aan onsterflikheid geglo het; trouens, hy het geglo dat ’n mens nooit sterf nie, . . . dat die dooie liggaam bloot verlewendig is en die invloede van die onsigbare magte aangeneem het”. Die Majas het ook aan ’n siel en aan 13 hemele Jesaja 38:18; Handelinge 3:23.
en 9 helle geglo. Oral waar ons kyk, wou mense dus die werklikheid van die dood ontken, en die onsterflike siel was die kruk waarop hulle gesteun het.—28. Wat is party opvattings wat in Afrika algemeen is?
28 Afrika se mitologieë sluit eweneens die vermelding van ’n oorlewende siel in. Baie Afrikane lewe in vrees vir die siele van die dode. Die New Larousse Encyclopedia of Mythology sê: “Hierdie opvatting hang nou saam met ’n ander—die voortgesette bestaan van die siel na die dood. Towenaars kan siele vra om hulle magte aan te vul. Die siele van die dode verhuis dikwels na die liggame van diere, of kan selfs in plante gereïnkarneer word.” Gevolglik weier die Zoeloes om party slange wat hulle glo die geeste van familielede is dood te maak.
29. Verduidelik die legendes van party stamme van suidelike Afrika. (Vergelyk Genesis 2:15-17; 3:1-5.)
29 Die Masai van suidoostelike Afrika glo in ’n skepper genaamd ’Ng ai, wat ’n beskermengel by elke Masai plaas. Wanneer die kryger sterf, neem die engel sy siel na die hiernamaals. Larousse, wat vroeër aangehaal is, meld ’n Zoeloe-doodlegende oor die eerste mens, Unkulunkulu, wat vir hierdie mite die opperwese geword het. Hy het die verkleurmannetjie gestuur om vir die mensdom te sê: “Mense sal nie sterf nie!” Die verkleurmannetjie was stadig en sy aandag is onderweg afgelei. Unkulunkulu het dus deur middel van ’n akkedis ’n ander boodskap gestuur en gesê: “Mense sal sterf!” Die akkedis het eerste daar gekom “en sedertdien het geen mens aan die dood ontkom nie”. Variasies van dieselfde legende bestaan onder die Betsjoeana-, Basoeto- en Barongastam.
30. Wat sal ons verder in hierdie boek oor die siel sien?
30 Terwyl ons ons studie van die mensdom se soeke na
God voortsit, sal ons selfs verdere bewyse sien van hoe belangrik die mite van die onsterflike siel vir die mensdom was en is.Sonaanbidding en menseoffers
31. (a) Wat het die Egiptenaars aangaande die songod Ra geglo? (b) Watter teenstelling vorm dit met wat die Bybel sê? (Psalm 19:5-7).
31 Die mitologie van Egipte omvat ’n groot godedom van gode en godinne. Terwyl die Egiptenaars na God gesoek het, het hulle, soos in so baie ander eertydse gemeenskappe die geval was, oorgehel tot die aanbidding van iets wat hulle daaglikse lewe onderhou het—die son. Hulle het dus die opperheer van die hemel met die naam Ra (Amon-Ra), wat elke dag ’n bootrit van oos na wes onderneem het, vereer. Met sononder het hy ’n gevaarlike roete deur die onderwêreld gevolg.
32. Beskryf een van die feeste vir die vuurgod Xiuhtecutli (Huehueteotl).
32 Menseoffers was ’n gemeenskaplike aspek van die sonaanbidding van die Asteekse, Inka- en Majagodsdiens. Die Asteke het ’n voortdurende siklus godsdiensfeeste gevier
en menseoffers aan hulle verskeie gode gebring, veral in die aanbidding van die songod Tezcatlipoca. En in die fees van die vuurgod Xiuhtecutli (Huehueteotl) “het krygsgevangenes saam met hulle gevangenemers gedans en . . . is hulle om en om ’n helder vuur gedraai en dan op die kole gegooi en uitgehaal terwyl hulle nog lewend was sodat hulle kloppende harte uitgesny kon word om aan die gode geoffer te word”.—The Ancient Sun Kingdoms of the Americas.33. (a) Wat het Inka-aanbidding ingesluit? (b) Wat sê die Bybel oor menseoffers? (Vergelyk 2 Konings 23:5, 11; Jeremia 32:35; Esegiël 8:16.)
33 Verder suid het die Inka-godsdiens sy eie offerandes en mites gehad. In eertydse Inka-aanbidding is kinders en diere aan die songod Inti en aan Viracocha, die skepper, geoffer.
Mitiese gode en godinne
34. Wie het die prominentste Egiptiese triade uitgemaak, en wat was hulle rolle?
34 Die prominentste Egiptiese triade is die een wat bestaan uit Isis, simbool van goddelike moederskap; Osiris, haar broer en man; en Horus, hulle seun, wat gewoonlik as ’n valk uitgebeeld word. Egiptiese beelde beeld Isis soms af waar sy haar kind aan die bors voed in ’n houding wat ’n mens baie laat dink aan die Christendom se beelde en skilderye van die maagd en kind, wat meer as tweeduisend jaar later op die toneel verskyn het. Mettertyd het Isis se man, Osiris, gewild geword as die god van die dode omdat hy mense die hoop voorgehou het dat die siele van die dode ’n ewig gelukkige lewe in die hiernamaals kan geniet.
35. Wie was Hathor, en wat was haar vernaamste jaarlikse fees?
35 Egipte se Hathor was die godin van liefde en vreugde, musiek en danse. Sy het die koningin van die dode geword en hulle deur middel van ’n leer gehelp om die hemel te
bereik. Soos die New Larousse Encyclopedia of Mythology verduidelik, is sy met groot feeste vereer, “veral op Nuwejaarsdag, wat die herdenking van haar geboortedag was. Voor dagbreek het die priesteresse Hathor se beeld op die terras uitgebring om dit aan die strale van die opkomende son bloot te stel. Die daaropvolgende vreugdebetoon was ’n voorwendsel vir wat eintlik ’n karnaval was, en die dag is met sang en dronkenskap afgesluit.” Is die Nuwejaarsvieringe duisende jare later veel anders?36. (a) In watter godsdiensomgewing het Israel hulle in die 16de eeu v.G.J. bevind? (b) Watter besondere betekenis het die Tien Plae gehad?
36 Die Egiptenaars het ook baie dieregode en -godinne in hulle godedom gehad, soos Apis die bul, Banaded die ram, Heqt die padda, Hathor die koei en Sebek die krokodil (Romeine 1:21-23). Dit was in hierdie godsdiensomgewing dat die Israeliete in die 16de eeu v.G.J. in slawerny was. Jehovah, die God van Israel, moes tien plae oor Egipte bring om hulle uit hardvogtige Farao se greep te bevry (Exodus 7:14–12:36). Daardie plae was in werklikheid ’n opsetlike vernedering van Egipte se mitologiese gode.—Sien venster, bladsy 62.
37. (a) Wat was die karakter van party van die Romeinse gode? (b) Hoe het die gode se gedrag hulle volgelinge beïnvloed? (c) Watter ervaring het Paulus en Barnabas in Listre gehad?
37 Kom ons kyk nou na die gode van antieke Griekeland en Rome. Rome het baie van antieke Griekeland se gode, hulle deugde en ondeugde inkluis, oorgeneem. (Sien vensters, bladsye 43 en 66.) Venus en Flora was byvoorbeeld onbeskaamde prostitute; Bacchus was ’n dronkaard en losbol; Mercurius was ’n struikrower en Apollo was ’n verleier van vroue. Daar word gesê dat Jupiter, die vader van die gode, owerspel of bloedskande met ongeveer 59 vroue gepleeg het! (Hoe laat dit ’n mens tog nie dink aan die opstandige engele wat voor die Vloed met vroue saamgeleef het nie!) Aanbidders tree dikwels soos hulle gode op. Is dit dan hoegenaamd verbasend dat Romeinse keisers soos Tiberius, Nero en Caligula ’n losbandige lewe as egbrekers, hoereerders en moordenaars gelei het?
38. (a) Beskryf die aanbidding wat in Rome beoefen is. (b) Watter invloed het godsdiens op die Romeinse soldaat gehad?
38 Die Romeine het gode uit verskeie tradisies in hulle godsdiens opgeneem. Hulle het byvoorbeeld begin om Mithras, die Persiese god van lig, wat hulle songod geword het (sien venster, bladsye 60-1), asook die Siriese godin Atargatis (Isjtar) met geesdrif te aanbid. Hulle het die Griekse Artemis die jagter in Diana verander en het hulle eie weergawes van die Egiptiese Isis gehad. Hulle het ook die Keltiese drievoudige godinne van vrugbaarheid aangeneem.—39. (a) Wie het oor die Romeinse priesterdom gesag gevoer? (b) Beskryf een van die Romeinse godsdiensseremonies.
39 Vir die beoefening van hulle openbare kultusse het hulle in honderde heiligdomme en tempels ’n verskeidenheid priesters gehad, wat almal “onder die gesag van die Pontifex Maximus [pous], die hoof van die staatsgodsdiens, gekom het” (Atlas of the Roman World). Dieselfde atlas sê dat een van die Romeinse seremonies die taurobolium was, waartydens “die aanbidder in ’n gat gestaan het en gebad is in die bloed van ’n bul wat oor hom geoffer is. Na hierdie ritus was hy in ’n toestand van gereinigde onskuld.”
Christelike mites en legendes?
40. Hoe beskou talle geleerdes die gebeure van die vroeë Christelike godsdiens?
40 Volgens party hedendaagse kritici sluit die Christelike godsdiens ook mites en legendes in. Is dit werklik die geval? Talle geleerdes verwerp die maagdelike geboorte van Jesus, sy wonderwerke en sy opstanding as mites. Party sê selfs dat hy nooit bestaan het nie, maar dat die mite oor hom van vroeëre mites en sonaanbidding afkomstig is. Soos mitoloog Joseph Campbell geskryf het: “Etlike geleerdes
het derhalwe te kenne gegee dat nòg Johannes [die Doper] nòg Jesus ooit bestaan het, maar dat daar net ’n watergod en ’n songod was.” Ons moet egter onthou dat baie van hierdie geleerdes ateïste is en geloof in God gevolglik geheel en al verwerp.41, 42. Watter getuienis is daar ter stawing van die historiese egtheid van die vroeë Christelike godsdiens?
41 Maar hierdie skeptiese sienswyse is lynreg in stryd met geskiedkundige getuienis. Die Joodse geskiedskrywer Josephus (ca.37-ca.100 G.J.) het byvoorbeeld geskryf: “Sommige van die Jode het die ondergang van Herodes se leër beskou as goddelike wraak, en beslis regverdige wraak, weens sy behandeling van Johannes, bygenaamd die Doper. Want Herodes het hom tereggestel, hoewel hy ’n goeie mens was.”—Markus 1:14; 6:14-29.
*—Markus 15:1-5, 22-26; Handelinge 11:26.
42 Hierdie selfde geskiedskrywer het ook getuig van die geskiedkundige bestaan van Jesus Christus toe hy geskryf het van die verskyning van “’n sekere Jesus, ’n mens wat ’n towenaar was, as hy wel ’n mens genoem kan word . . . wat deur sy dissipels ’n seun van God genoem is”. Hy het voorts gesê dat “Pilatus hom gevonnis het . . . En selfs nou nog bestaan die groep ‘Messianiste’ wat na hom vernoem is.”43. Op grond waarvan het die apostel Petrus in Christus geglo?
43 Die Christenapostel Petrus kon derhalwe met volle oortuiging as ’n ooggetuie van Jesus se gedaantewisseling die volgende skryf: “Want ons het nie kunstig verdigte fabels [Grieks, myʹthos] nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit; want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.”—2 Petrus 1:16-18. *
44. Watter Bybelbeginsel moet seëvier sodra die mens se opinies met die Woord van God bots?
44 Sodra die mens se “deskundige” opinie met God se Woord bots, moet ons die beginsel toepas wat vroeër gemeld is: “Wat is die geval dan? Sal die ongeloof van party wat geen uiting aan geloof gegee het nie die getrouheid van God miskien vernietig? Mag dit nooit gebeur nie! Maar God word waaragtig bevind, al word elke mens ’n leuenaar bevind, soos geskrywe is: ‘Sodat u geregverdig kan word in Romeine 3:3, 4, NW.
u woorde en oorwin as u geoordeel word.’”—Gemeenskaplike elemente
45. Wat is party van die gemeenskaplike elemente wat in wêreldmitologie voorkom?
45 Hierdie kort oorsig van party van die wêreld se mitologieë het ’n paar gemeenskaplike aspekte aangedui, waarvan baie tot Babilon, die Mesopotamiese bakermat van die meeste godsdienste, teruggevoer kan word. Daar is gemeenskaplike elemente, hetsy wat die feite van die skepping betref, of in verslae oor ’n tydperk toe halfgode en reuse die aarde bewoon en ’n vloed die goddeloses vernietig het, of in die basiese godsdiensopvattings van sonaanbidding en ’n onsterflike siel.
46, 47. (a) Watter Bybelse verklaring kan ons vir die gemeenskaplike oorsprong en elemente van die mitologie gee? (b) Watter verdere aspekte van eertydse aanbidding gaan ons dek?
46 Ons kan hierdie gemeenskaplike elemente uit ’n Bybelse oogpunt verklaar wanneer ons in gedagte hou dat die mensdom na die Vloed, meer as 4 200 jaar gelede, op God se bevel vanaf Babel, Mesopotamië, versprei het. Hoewel hulle uiteengegaan en gesinne en stamme met verskillende tale gevorm het, het hulle aanvanklik dieselfde basiese begrip van vorige geskiedenis en godsdiensopvattings gehad (Genesis 11:1-9). Deur die eeue heen is hierdie begrip in elke kultuur verdraai en uitgebou, en dit het gelei tot baie van die verdigsels, legendes en mites wat vandag nog bestaan. Hierdie mites, wat ver van Bybelwaarheid is, het die mensdom glad nie nader aan die ware God gebring nie.
47 Maar mense het ook op verskeie ander maniere—soos spiritisme, sjamanisme, toorkuns, vooroueraanbidding, ensovoorts—aan hulle godsdiensopvattings uiting gegee. Vertel dit ons enigiets van die mensdom se soeke na God?
[Voetnote]
^ par. 3 Sien die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?, wat deur die Wagtoring-, Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee word, vir ’n uitvoerige bespreking van die skepping.
^ par. 7 Die onlangser mitologie van China, die resultaat van Boeddhisme, Taoïsme en Confucianisme se invloed, sal in Hoofstukke 6 en 7 bespreek word.
^ par. 10 Sien Insight on the Scriptures, Deel 1, bladsye 327-8, 609-12, wat deur die Wagtoringgenootskap uitgegee word, vir ’n uitvoeriger bespreking oor die bewyse dat die Vloed geskiedkundig is.
^ par. 23 “Hades” verskyn tien keer in die Christelike Griekse Skrifte, nie as ’n mitologiese persoon nie, maar as die gemeenskaplike graf van die mensdom. Dit is die Griekse ekwivalent van die Hebreeuse sjeool.—Vergelyk Psalm 16:10 (NW) met Handelinge 2:27 in die Kingdom Interlinear.—Sien Insight on the Scriptures, Deel 1, bladsye 1015-16, wat deur die Wagtoringgenootskap uitgegee word.
^ par. 24 Interessant genoeg het Oetnapisjtim, die held van die Epos van Gilgamesj, sy roeier gehad, Oersjanabi, deur wie Gilgamesj oor die waters van die dood geneem is om die vloedoorlewende te ontmoet.
^ par. 42 Volgens die tradisionele teks van Josephus, voetnoot, bladsy 48 van die Harvard University Press-uitgawe, Deel IX.
^ par. 43 Sien Hoofstuk 10 vir verdere inligting oor die Christelike godsdiens.
[Studievrae]
[Venster op bladsy 43]
Griekse en Romeinse godhede
Talle gode en godinne van die Griekse mitologie het soortgelyke posisies in die Romeinse mitologie beklee. Die tabel hieronder gee party van hulle aan.
Grieks Romeins Rol
Aphrodite Venus Godin van liefde
Apollo Apollo God van lig, die geneeskuns en die digkuns
Ares Mars God van oorlog
Artemis Diana Godin van die jag en kindergeboorte
Asklepios Aesculapius God van die geneeskunde
Athena Minerva Godin van kunsvlyt, oorlog en wysheid
Kronos Saturnus Vir die Grieke, heerser van die Titane en
vader van Zeus. In die Romeinse
mitologie ook die god van landbou
Demeter Ceres Godin van groeiende dinge
Dionusos Bacchus God van wyn, vrugbaarheid en
losbandigheid
Eros Cupido God van liefde
Gaia Terra Simbool van die aarde, en moeder en vrou
van Uranus
Hephaistos Vulcanus Grofsmid vir die gode en god van vuur
en metaalbewerking
Hera Juno Beskermster van die huwelik en vroue.
Vir die Grieke, suster en vrou van Zeus;
vir die Romeine, vrou van Jupiter
Hermes Mercurius Boodskapper vir die gode; god van
handel en die wetenskap; en beskermer van
reisigers, diewe en swerwers
Hestia Vesta Godin van die vuurherd
Hipnos Somnus God van slaap
Pluto, Hades Pluto God van die onderwêreld
Poseidon Neptunus God van die see. In die Griekse mitologie,
ook god van aardbewings en perde
Rea Ops Vrou en suster van Kronos
Uranus Uranus Seun en man van Gaia en vader van die
Titane
Zeus Jupiter Heerser van die gode
Gebaseer op The World Book Encclopedia, 1987, Deel 13.
[Venster op bladsy 45]
Assiries-Babiloniese gode en godinne
Anu—die oppergod wat oor die hemele heers; vader van Isjtar
Assur—nasionale krygergod van die Assiriërs; ook god van vrugbaarheid
Ea—god van water. Vader van Mardoek. Het Oetnapisjtim teen die vloed gewaarsku
Enlil (Bel)—heer van die lug; later in die Griekse mitologie met Zeus gelykgestel. Deur die Babiloniërs met Mardoek (Bel) gelykgestel
Isjtar—goddelike personifikasie van die planeet Venus; heilige prostitusie was ’n deel van haar kultus. Sy was Astarte in Fenicië, Atargatis in Sirië, Astarte in die Bybel (1 Konings 11:5, 33), Aphrodite in Griekeland, Venus in Rome
Mardoek—die vernaamste Babiloniese god; “het al die ander gode in homself opgeneem en al hulle verskeie funksies oorgeneem”. Die Israeliete het hom Merodag genoem
Sjamasj—songod van lig en geregtigheid. Voorloper van die Griekse Apollo
Sin—maangod, lid van die triade wat Sjamasj (die son) en Isjtar (die planeet Venus) ingesluit het
Tammus (Dumuzi)—die oesgod. Isjtar se minnaar
(Gebaseer op die New Larousse Encyclopedia of Mythology)
[Venster/Prente op bladsy 60,61]
Gode van die Romeinse soldaat
Rome was beroemd vir sy gedissiplineerde leër. Die solidariteit van sy ryk het afgehang van die moreel en die doeltreffendheid van die strydmagte. Was godsdiens ’n faktor waarmee rekening gehou moes word? Ja, en gelukkig vir ons het die Romeine duidelike bewyse van hulle besetting agtergelaat in die vorm van hoofpaaie, vestings, akwadukte, amfiteaters en tempels. In Northumbrië, in die noorde van Engeland, is daar byvoorbeeld die beroemde Muur van Hadrianus, wat omstreeks 122 G.J. gebou is. Wat toon opgrawings oor bedrywighede in Romeinse barakke en die rol van godsdiens?
In die Housesteads-museum, wat naby die opgegraafde ruïnes van Romeinse barakke op die Muur van Hadrianus geleë is, sê ’n toonstuk: “Die godsdienslewe van ’n Romeinse soldaat is in drie dele verdeel. Eerstens . . . die kultus van die Vergoddelikte Keisers en die aanbidding van die beskermgode van Rome, soos Jupiter, Victoria en Mars. ’n Altaar is elke jaar op die paradeterrein van elke fort aan Jupiter gewy. Daar is van alle soldate verwag om deel te neem aan die feeste ter viering van die verjaarsdae, troonsbestyging en oorwinnings van die Vergoddelikte Keisers.” Hoe soortgelyk is dit tog aan die gebruike van hedendaagse leërs, waarin kapelane, altare en vlae ’n alledaagse deel van leëraanbidding is.
Maar wat was die tweede aspek van die Romeinse soldaat se godsdienslewe? Dit was die aanbidding van die beskermgode, die geleigees van hulle eenheid “en die gode wat uit hulle geboortelande gebring is”.
“Laastens was daar die kultusse wat deur die individu gevolg is. Solank ’n soldaat sy verpligtinge aan die amptelike kultusse nagekom het, kon hy enige god van sy keuse aanbid.” Dit klink na baie liberale godsdiensvryheid, maar “uitsonderings was die godsdienste, onder meer Druïdisme, waarvan die gebruike as onmenslik beskou is en dié waarvan die lojaliteit aan die Staat verdag was, byvoorbeeld die Christelike godsdiens”.—Vergelyk Lukas 20:21-25; 23:1, 2; Handelinge 10:1, 2, 22.
Interessant genoeg is ’n tempel van Mithras in 1949 in ’n moeras in Carrawburgh, redelik na aan die Muur van Hadrianus, ontdek. (Sien foto.) Argeoloë skat dat dit omstreeks 205 G.J. gebou is. Dit bevat ’n beeld van ’n songod, altare en ’n Latynse inskripsie wat onder meer sê: “Aan die onoorwinlike god Mithras.”
[Venster op bladsy 62]
Egipte se gode en die Tien Plae
Jehovah het deur middel van die Tien Plae oordeel aan Egipte se onmagtige gode voltrek.—Sien Exodus 7:14–12:32.
Plaag Beskrywing
1 Die Nyl en ander waters is in bloed verander. Die Nylgod
Hapi is onteer
2 Paddas. Die paddagodin Heqt was magteloos om dit te
voorkom
3 Die stof het muskiete geword. Thoth, heer van die toorkuns, kon nie
die Egiptiese towenaars help nie
4 Steekvlieë in die hele Egipte behalwe in Gosen waar Israel gewoon het. Geen
God kon dit voorkom nie—nie eens Ptah, skepper van
die heelal, of Thoth, heer van die toorkuns, nie
5 Pes onder die vee. Nòg die heilige koeigodin Hathor nòg Apis
die bul kon hierdie plaag voorkom
6 Swere. Godhede van genesing Thoth, Isis en Ptah kon nie help nie
7 Donder en hael. Het die onmag van Resjpoe, beheerder van
weerlig, en Thoth, god van reën en donder, blootgelê
8 Sprinkane. Dit was ’n nederlaag vir die vrugbaarheidsgod
Min, beskermer van die oes
9 Drie dae van duisternis. Ra, die vernaamste songod, en Horus,
’n songod, is onteer
10 Die dood van die eersgeborenes, waaronder Farao se seun,
wat as die beliggaming van ’n god beskou is. Ra (Amon-Ra),
songod wat soms as ’n ram uitgebeeld is, kon dit nie
voorkom nie
[Venster op bladsy 66]
Mitologie en die Christelike godsdiens
Die aanbidding van die mitiese gode van antieke Griekeland en Rome het hoogty gevier toe die Christelike godsdiens byna tweeduisend jaar gelede op die toneel verskyn het. In Klein-Asië het die mense van Listre (in hedendaagse Turkye) die Christengenesers Paulus en Barnabas as “gode” bestempel en hulle Hermes en Zeus genoem. Die verslag sê dat “die priester van die Zeustempel, net buitekant die stad, . . . bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat [het], en hy wou saam met die mense offers aan die apostels gaan bring” (Handelinge 14:8-18, NAV). Paulus en Barnabas het die skare met moeite oorgehaal om nie aan hulle te offer nie. Dit lig toe hoe ernstig daardie mense hulle mitologie destyds opgeneem het.
[Prent op bladsy 42]
Die berg Olimpus, Griekeland, die vermeende woonplek van die gode
[Prent op bladsy 47]
Kleitafel in spykerskrif wat ’n deel van die Epos van Gilgamesj uitmaak
[Prent op bladsy 50]
Anubis, die god met die kop van ’n jakkals, weeg ’n hart-siel, op die linkerskaal, teen Maat, die godin van waarheid en geregtigheid, deur ’n veer gesimboliseer; Thoth skryf die resultaat op ’n tafel voordat hy dit aan Osiris bekendmaak
[Prente op bladsy 55]
Chalchiuhtlicue, Asteekse godin van vars water; ’n uilvormige houer met ’n holte waarin geofferde harte vermoedelik geplaas is
[Prent op bladsy 57]
Die Egiptiese triade: van links, Horus, Osiris en Isis
[Prente op bladsy 58]
Inka-sonaanbidding is in Machu Picchu, Peru, beoefen
Die Intihuatana, inlasfoto, die son se “vashakpaal”, wat moontlik in verband met sonaanbidding in Machu Picchu gebruik is
[Prent op bladsy 63]
Afbeeldings van Horus die valk, Apis die bul en Heqt die padda. Die Egiptiese gode kon nie die plae wat Jehovah gestuur het, waaronder die feit dat die Nyl in bloed verander is, voorkom nie
[Prent op bladsy 64]
Griekse godhede, van links af, Aphrodite; Zeus wat Ganymedes, die gode se skinker, dra; en Artemis