Hoe Jehovah se Getuies opvoeding beskou
Soos alle ouers, is Jehovah se Getuies besorg oor hulle kinders se toekoms. Hulle heg derhalwe groot waarde aan opvoeding. “Opvoeding behoort mense te help om nuttige lede van die samelewing te word. Dit behoort hulle ook te help om waardering vir hulle kultuurerfenis op te bou en ’n bevredigender lewe te lei.”
1 Timoteus 5:8). Die jare wat kinders in die skool deurbring, berei hulle voor vir die verantwoordelikhede wat hulle in die lewe sal moet aanvaar. Gevolglik meen die Getuies dat opvoeding baie ernstig opgeneem moet word.
SOOS hierdie aanhaling uit The World Book Encyclopedia te kenne gee, is een van die vername oogmerke van skoolopleiding om kinders vir die daaglikse lewe op te lei, en dit sluit in om hulle te help om eendag in die behoeftes van ’n gesin te kan voorsien. Jehovah se Getuies glo dat dit ’n heilige verantwoordelikheid is. Die Bybel self sê: “Ja, as iemand vir dié wat syne is, en veral vir dié wat lede van sy huisgesin is, nie sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy erger as ’n ongelowige” (“Opvoeding behoort mense te help om nuttige lede van die samelewing te word. Dit behoort hulle ook te help om waardering vir hulle kultuurerfenis op te bou en ’n bevredigender lewe te lei.”—The World Book Encyclopedia
Die Getuies probeer die Bybelbevel naleef: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (Kolossense 3:23, AB). Hierdie beginsel is op alle aspekte van die daaglikse lewe van toepassing, met inbegrip van die skool. Die Getuies moedig hulle kinders dus aan om hard te werk en die take wat hulle op skool kry ernstig op te neem.
“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here.”—Kolossense 3:23, AB
Die Bybel leer ook dat ’n mens onderdanig moet wees aan die wette van die land waarin jy woon. As skoolopleiding tot ’n sekere ouderdom dus verpligtend is, eerbiedig Jehovah se Getuies hierdie wet.—Romeine 13:1-7.
Hoewel die Bybel nie opleiding vir die daaglikse lewe as onbelangrik beskou nie, toon dit dat dít nie die enigste of die belangrikste doel van opvoeding is nie. Suksesvolle opvoeding moet ook lewensvreugde in kinders kweek en hulle help om hulle plek in die samelewing as goed gebalanseerde persone in te neem. Jehovah se Getuies meen dus dat die keuse van buitemuurse bedrywighede baie belangrik is. Hulle glo dat heilsame ontspanning, musiek, stokperdjies, liggaamsoefeninge, besoeke aan biblioteke en museums, ensovoorts ’n belangrike rol in ’n gebalanseerde opvoeding speel. Daarbenewens leer hulle hulle kinders om ouer mense te respekteer en na geleenthede te soek om hulle van diens te wees.
Wat van aanvullende opvoeding?
Weens nuwe tegnologie verander die arbeidsmark voortdurend. As gevolg daarvan sal baie jongmense werk moet doen waarvoor hulle geen spesifieke opleiding ontvang het nie. Aangesien dít die geval is, sal hulle werksgewoontes en persoonlike opleiding, veral hulle vermoë om hulle
by veranderings aan te pas, vir hulle selfs nuttiger wees. Gevolglik is dit beter dat leerlinge volwassenes word wat, soos die Renaissance-essayis Montaigne dit gestel het, ‘eerder ’n kop het wat goed gebruik word as ’n kop wat goed gevul is’.Werkloosheid, wat ryk sowel as arm lande raak, bedreig dikwels jongmense wie se opleiding nie voldoende is nie. As die arbeidsmark dus meer opleiding vereis as die minimum wat deur die wet bepaal word, is dit die ouers se verantwoordelikheid om hulle kinders te help om ’n besluit oor aanvullende opvoeding te neem, terwyl hulle die potensiële voordele sowel as die opofferings wat sulke bykomende studies sal meebring in oorweging neem.
Maar jy sal waarskynlik saamstem dat sukses in die lewe nie net materiële welvaart beteken nie. In onlangse tye het mans en vrouens wie se hele lewe om hulle loopbaan gedraai het alles verloor toe hulle hulle werk verloor het. Party ouers het hulle gesinslewe en die tyd wat hulle met hulle kinders kon deurgebring het, opgeoffer en die kans verbeur om hulle te help grootword omdat hulle al hulle tyd aan sekulêre werk bestee het.
Dit is duidelik dat ’n gebalanseerde opvoeding ’n mens moet laat besef dat meer as materiële welvaart nodig is om waarlik gelukkig te wees. Jesus Christus het gesê: “Daar is geskrywe: Matteus 4:4, AB). As Christene besef Jehovah se Getuies hoe belangrik dit is om sedelike en geestelike eienskappe te ontwikkel, asook om hulle voor te berei om in hulle materiële behoeftes te voorsien.
Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (