Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Slot

Slot

DIE doel van hierdie brosjure is nie ’n uitvoerige bespreking van die godsdiensopvattings van Jehovah se Getuies nie. Ons het eerder probeer om van die beginsels waarin die Getuies glo te verduidelik en om duidelik te toon watter soort gesinsinvloede ’n uitwerking op jou leerling het as een van die ouers of albei Getuies is.

Jehovah se Getuies lê groot klem op hulle kinders se geestelike ontwikkeling. En hulle is vol vertroue dat dit hulle kinders se ontwikkeling op ander gebiede bevorder. Die opvattings wat hulle huldig en die beginsels wat hulle volg, maak hulle lewe sinvol en help hulle om hulle daaglikse probleme die hoof te bied. Daarbenewens behoort daardie opvattings en beginsels hulle te beweeg om dwarsdeur hulle lewe ywerige leerlinge en goeie burgers te probeer wees.

Die Getuies probeer realisties oor die lewe wees; daarom heg hulle groot waarde aan opvoeding. Dit is derhalwe hulle begeerte om na die beste van hulle vermoë met jou saam te werk. Wat hulle betref, sal hulle in hulle huise en in hulle plekke van aanbidding oor die hele wêreld voortgaan om hulle kinders aan te spoor om hulle deel te doen in hierdie lonende spanpoging.