Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Berou

Berou

Hoekom moet alle mense berou toon oor hulle sondes en Jehovah vra om hulle te vergewe?

Ro 3:23; 5:12; 1Jo 1:8

Sien ook Han 26:20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 18:​9-14 – Jesus gee ’n illustrasie om te wys hoekom ons ons sondes moet bely en vir God vra om ons te help

    • Ro 7:​15-25 – Paulus is ’n apostel met baie sterk geloof, maar hy moet nog steeds teen sy eie sondige neigings stry

Hoe voel Jehovah oor persone wat berou toon?

Ese 33:11; Ro 2:4; 2Pe 3:9

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 15:​1-10 – Jesus gebruik illustrasies om te wys dat Jehovah en die engele bly is wanneer ’n sondaar berou toon

    • Lu 19:​1-10 – Jesus vergewe Saggeus toe hy berou toon omdat hy as ’n hoofbelastinggaarder geld by mense afgepers het

Hoe wys ons dat ons opreg berouvol is?

Hoe help akkurate kennis iemand wat opreg berouvol is?

Ro 12:2; Kol 3:​9, 10; 2Ti 2:25

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 17:​29-31 – Die apostel Paulus verduidelik aan die Ateners dat afgodediens ’n teken van onkunde is, en hy moedig hulle aan om berou te toon

    • 1Ti 1:​12-15 – Voordat die apostel Paulus akkurate kennis van Jesus Christus verkry, het hy verskriklike sondes gepleeg

Hoe belangrik is dit om berou te toon?

Hoekom kan ons die vertroue hê dat Jehovah ons sal vergewe as ons berou toon, al sondig ons baie keer?

Hoe behandel Jehovah persone wat hulle sondes bely en hulle lewenswyse verander?

Hoe weet ons dat om berou te toon meer behels as om net te sê dat ons jammer is of sleg te voel oor wat ons gedoen het?

2Kr 7:14; Spr 28:13; Ese 18:​30, 31; 33:​14-16; Mt 3:8; Han 3:19; 26:20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 33:​1-6, 10-16 – Al het koning Manasse vir ’n lang tyd baie slegte dinge gedoen, toon hy opreg berou deur homself te verneder, aanhoudend te bid en sy lewenswyse te verander

    • Ps 32:​1-6; 51:​1-4, 17 – Koning Dawid wys dat hy berou toon deur spyt te voel oor sy sondes teen Jehovah, deur te bely en deur te bid

Hoekom moet ons persone vergewe wat teen ons gesondig het, maar wat berou toon?