Eretitels
Moet Christene eer aan mense gee deur godsdienstitels te gebruik?
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
Lu 18:18, 19 – Alhoewel Jesus goed is, weier hy om die titel “Goeie Leermeester” te aanvaar en sê hy dat net Jehovah goed is
Hoekom gebruik Christene nie godsdienstitels soos “Vader” of “Leier” nie?
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
Mt 23:9-12 – Jesus verbied die gebruik van eretitels, soos “Vader” of “Leier”
1Kor 4:14-17 – Alhoewel die apostel Paulus soos ’n pa vir baie is, lees ons nêrens dat hy Vader Paulus of so iets genoem word nie
Hoekom is dit gepas dat Christene mekaar broers en susters noem en mekaar so behandel?
Sien ook Han 12:17; 18:18; Ro 16:1
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
Mt 12:46-50 – Jesus maak dit duidelik dat sy medegelowiges sy geestelike broers en susters is
Hoe weet ons dat Christene titels kan gebruik vir sekulêre en politieke heersers, regters en ander amptenare?
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
Han 26:1, 2, 25 – Terwyl die apostel Paulus met regeringsamptenare praat, soos Agrippa en Festus, gebruik hy hulle amptelike titels