Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Geloof

Geloof

Hoe weet ons dat geloof vir Jehovah baie belangrik is?

Joh 3:​16, 18; Ga 3:​8, 9, 11; Ef 6:16; Heb 11:6

Sien ook 2Kor 5:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Heb 11:1–12:3 – Die apostel Paulus beskryf wat geloof is en gee baie voorbeelde van mense wat geloof gehad het. Hy begin met Abel en eindig met Jesus Christus

    • Jak 2:​18-24 – Jakobus verduidelik dat ons ons geloof deur ons dade wys, net soos Abraham gedoen het

Wat sal ons help om ons geloof te versterk?

Ro 10:​9, 10, 17; 1Kor 16:13; Jak 2:17

Sien ook Heb 3:​12-14

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 20:​1-6, 12, 13, 20-23 – Toe God se volk deur vyande aangeval is, sê koning Josafat vir hulle dat hulle suksesvol sal wees as hulle geloof in Jehovah en Sy profete stel

    • 1Kn 18:​41-46 – Die profeet Elia wys dat hy geloof het deur geduldig op Jehovah te wag om Sy belofte te vervul om ’n lang droogte te beëindig