Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Geloofsvermenging

Geloofsvermenging

Aanbid alle godsdienstige mense dieselfde God?

Sê die Bybel dat Jehovah alle godsdienste aanvaar, al leer hulle mense verskillende leerstellings?

Mt 7:​13, 14; Joh 17:3; Ef 4:​4-6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jos 24:15 – Josua sê dat ons moet kies of ons Jehovah of ander gode wil dien

    • 1Kn 18:​19-40 – Jehovah gebruik die profeet Elia om te wys dat aanbidders van die ware God nie ander gode, soos Baäl, moet aanbid nie

Hoe voel Jehovah oor die gode van die nasies en die feit dat hulle aanbid word?

Hoe voel Jehovah daaroor wanneer mense sê dat hulle hom aanbid, maar verkeerde gebruike by hulle aanbidding insluit?

Jes 1:​13-15; 1Kor 10:​20-22; 2Kor 6:​14, 15, 17

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Eks 32:​1-10 – Jehovah word baie kwaad vir Aäron omdat hy ’n beeld van ’n goue kalf maak vir aanbidding, al sê die volk dat hulle die beeld gebruik om ’n fees vir Jehovah te vier

    • 1Kn 12:​26-30 – Koning Jerobeam wil nie hê dat die volk na die tempel in Jerusalem moet gaan nie, en daarom maak hy beelde en sê hy dat dit Jehovah voorstel. Dit lei daartoe dat die volk sondig

Hoe het Jehovah die Israeliete geleer dat hulle moet wegbly van mense wat ander gode aanbid?

Hoe het Jehovah gevoel toe sy volk ander gode aanbid het?

Rig 10:​6, 7; Ps 106:​35-40; Jer 44:​2, 3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 11:​1-9 – Koning Salomo se uitlandse vrouens beïnvloed hom om ander gode te aanbid. Dit moedig ander aan om dieselfde te doen en maak Jehovah baie kwaad

    • Ps 78:​40, 41, 55-62 – Asaf beskryf hoe Israel se opstandigheid en afgodediens Jehovah seermaak en veroorsaak het dat Jehovah Sy volk verwerp

Het Jesus godsdiensleringe ondersteun wat nie gebaseer is op God se Woord nie?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 16:​6, 12 – Jesus vergelyk die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs met suurdeeg omdat verkeerde leringe vinnig versprei en die waarhede wat op God se Woord gebaseer is, verderf

    • Mt 23:​5-7, 23-33 – Jesus veroordeel sterk die skynheilige gedrag en verkeerde leringe van die skrifgeleerdes en Fariseërs

    • Mr 7:​5-9 – Jesus veroordeel die skrifgeleerdes en Fariseërs omdat hulle meer respek het vir die tradisies van mense as vir God se Woord

Het Jesus sy volgelinge aangemoedig om aparte godsdiensgroepe te vorm?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Joh 15:​4, 5 – Jesus gebruik ’n wingerdstok om die eenheid te illustreer wat sy volgelinge met hom en met mede-Christene moet hê

    • Joh 17:​1, 6, 11, 20-23 – Op Jesus se laaste aand saam met sy apostels voor sy dood bid hy vir die eenheid van al sy ware volgelinge

Het die vroeë Christene dieselfde dinge geglo en Jehovah op dieselfde manier aanbid?

Han 16:​4, 5; Ro 12:​4, 5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Aanvaar God alle godsdienste wat sê dat hulle in Jesus glo?

As mense nie saamstem met die leringe van Christus en die apostels nie, is hulle aanbidding nog aanvaarbaar?

Han 20:​29, 30; 1Ti 4:​1-3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 13:​24-30, 36-43 – Jesus vergelyk valse Christene met onkruid en sê dat daar baie valse Christene sou wees en dat hulle vir ’n tyd lank die gemeentes sou oorneem

    • 1Jo 2:​18, 19 – Die bejaarde apostel Johannes wys dat baie antichriste alreeds teen die einde van die eerste eeu verskyn het

Wat gebeur as valse leerstellings en slegte gedrag in die gemeente toegelaat word?

Wat moet Christene doen om verenig te bly?

Hoekom moet Christene nie betrokke raak by valse aanbidding nie?

Hoekom is dit reg en goed om mense te vertel van godsdiensleringe wat verkeerd is?

Hoekom moet ons nie verbaas wees wanneer mense wat aan valse godsdienste behoort, ons aanval en vervolg nie?