Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe om probleme met ander op te los

Hoe om probleme met ander op te los

Hoekom moet ons nie kwaad word of wraak neem wanneer iemand ons aanstoot gee nie?

Spr 20:22; 24:29; Ro 12:​17, 18; Jak 1:​19, 20; 1Pe 3:​8, 9

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 25:​9-13, 23-35 – Nabal beledig Dawid en sy manne en weier om hulle te help. As gevolg hiervan besluit Dawid om hom en al die manne van sy huishouding dood te maak, maar Abigail se wyse raad help Dawid om bloedskuld te vermy

    • Spr 24:​17-20 – Onder inspirasie waarsku koning Salomo God se volk dat Jehovah nie wil hê dat ons moet bly wees wanneer ons vyande swaarkry nie. Ons moet eerder vertrou dat Jehovah die goddeloses sal oordeel

Moet ’n Christen wat met iemand stry, ophou om met daardie persoon te praat of nie meer vriende met hom wees nie?

Le 19:​17, 18; 1Kor 13:​4, 5; Ef 4:26

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 5:​23, 24 – Jesus verduidelik dat ons alles moet doen wat ons kan om vrede te maak met ’n broer wat iets teen ons het

Wat is die liefdevolste ding om te doen wanneer iemand ons gevoelens seergemaak het?

Hoekom moet ons aanhou om ander te vergewe wat teen ons gesondig het as hulle opreg berou toon?

As ’n persoon teen ons gesondig het en ons dit nie kan ignoreer nie – byvoorbeeld, in die geval van laster of bedrog – wie moet met daardie persoon praat, en hoekom?

Mt 18:15

Sien ook Jak 5:20

Wat moet ons doen as iemand wat teen ons gelaster het of ons bedrieg het, weier om berou te toon wanneer ons alleen met hom praat?