Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Huwelik

Huwelik

Wat is die oorsprong van die huwelik?

Wie moet ’n Christen kies as sy of haar huweliksmaat?

Hoekom sal ’n ware Christen dit nie goedkeur as ’n seun of ’n dogter wat gedoop is, met iemand trou wat nie ’n toegewyde, gedoopte kneg van Jehovah is nie?

1Kor 7:39; 2Kor 6:​14, 15

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 24:​1-4, 7 – Die bejaarde Abraham is vasbeslote om ’n vrou vir sy seun Isak te vind onder diegene wat Jehovah dien, nie onder die Kanaäniete wat ander gode aanbid nie

    • Ge 28:​1-4 – Isak sê vir sy seun Jakob om ’n vrou te vind onder medegelowiges, nie onder die Kanaäniete nie

Hoe voel Jehovah oor diegene wat met ’n ongelowige trou?

De 7:​3, 4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 11:​1-6, 9-11 – Jehovah word woedend vir koning Salomo omdat hy God se waarskuwings ignoreer, met uitlandse vrouens trou en toelaat dat hulle sy hart beïnvloed

    • Ne 13:​23-27 – Soos Jehovah, word Nehemia baie kwaad wanneer Israelitiese mans met uitlandse vrouens trou wat Jehovah nie dien nie, en daarom dissiplineer hy hulle en wys hy hulle tereg

Hoekom is dit wys om met iemand te trou wat Jehovah getrou dien en ’n goeie reputasie het?

Spr 18:22; 31:​10, 28

Sien ook Ef 5:​28-31, 33

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 25:​2, 3, 14-17 – Nabal is baie ryk, maar hy is wreed en onbeskof, en daarom is hy is ’n slegte man vir Abigail

    • Spr 21:9 – As ons nie ’n wyse besluit maak nie, kan ons met iemand trou wat ons ongelukkig maak en ons vrede wegneem

    • Ro 7:2 – Die apostel Paulus verduidelik dat wanneer ’n vrou trou, sy onder ’n mate van gesag van haar onvolmaakte man kom. Daarom moet ’n wyse vrou versigtig wees wanneer sy ’n huweliksmaat kies

Hoe om vir ’n huwelik voor te berei

Hoekom moet ’n man seker maak dat hy vir ’n vrou en kinders kan sorg voordat hy daaraan dink om te trou?

1Ti 5:8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Spr 24:27 – Voordat ’n man trou en kinders het, moet hy hard werk sodat hy gereed is om vir sy gesin te sorg

Hoekom moet twee mense wat uitgaan, ander vir raad vra en mekaar goed leer ken eerder as om op voorkoms te fokus?

Spr 13:10; 1Pe 3:​3-6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Rut 2:​4-7, 10-12 – Boas vind uit watter soort vrou Rut is deur te kyk na hoe hard sy werk en hoe sy Naomi behandel, deur te luister na wat betroubare mense oor haar sê en deur op te let hoeveel sy Jehovah liefhet

    • Rut 2:​8, 9, 20 – Rut sien dat Boas goedhartig en vrygewig is en dat hy lief is vir Jehovah

Hoekom vereis Jehovah dat ’n paartjie sedelik rein bly wanneer hulle uitgaan en verloof is?

Ga 5:19; Kol 3:5; 1Te 4:4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Spr 5:​18, 19 – Party maniere om liefde te betoon is net vir getroude paartjies bedoel

    • Hgl 1:2; 2:6 – Die herderseun en die Sulammitiese meisie wys hulle gevoelens vir mekaar op ’n gepaste en rein manier

    • Hgl 4:12; 8:​8-10 – Die Sulammitiese meisie bly rein en het selfbeheersing; sy is soos ’n tuin wat toegesluit is

Hoekom moet ’n paartjie getroud wees volgens wetlike vereistes?

Die man se rol

Wat verwag Jehovah van die man?

Wie se voorbeeld moet die Christenman volg wanneer hy sy hoofskap uitoefen?

Hoe belangrik is dit vir ’n man om insig te hê en sy vrou liefdevol te behandel?

Kol 3:19; 1Pe 3:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 21:​8-12 – Jehovah sê vir Abraham om na sy vrou, Sara, te luister, selfs al hou hy nie van haar voorstel nie

    • Spr 31:​10, 11, 16, 28 – ’n Wyse man wat ’n goeie vrou het, probeer haar nie beheer en soek nie na foute in haar nie. Hy vertrou haar eerder en prys haar

    • Ef 5:33 – Die apostel Paulus wys dat ’n vrou ’n behoefte het om te weet dat haar man lief is vir haar

Die vrou se rol

Watter belangrike verantwoordelikheid het Jehovah vrouens gegee?

Is die vrou se rol op enige manier vernederend?

Ge 1:​26-28, 31; 2:18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Spr 1:8; 1Kor 7:4 – God gee vrouens en ma’s ’n mate van gesag in die gesin

    • 1Kor 11:3 – Die apostel Paulus verduidelik dat almal in Jehovah se reëling onder die een of ander vorm van hoofskap is, behalwe God die Almagtige

    • Heb 13:​7, 17 – In die gemeente moet albei mans en vrouens saamwerk en gehoorsaam wees aan diegene wat toegewys is om die leiding te neem

Hoe kan ’n Christenvrou wat met ’n ongelowige man getroud is, Jehovah gelukkig maak?

Hoekom moet ’n Christenvrou wys dat sy haar man respekteer?

Ef 5:33

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Watter soort vrou word in die Bybel geprys?

Spr 19:14; 31:​10, 13-31

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 24:​62-67 – Rebekka help haar man, Isak, om vertroosting te vind nadat sy ma sterf

    • 1Sa 25:​14-24, 32-38 – Abigail beskerm haar onverstandige man en haar huisgesin deur Dawid nederig te smeek om genadig te wees

    • Est 4:​6-17; 5:​1-8; 7:​1-6; 8:​3-6 – Koningin Ester waag haar lewe twee keer deur na haar man, die koning, te gaan, al het hy nie gevra om haar te sien nie. Sy smeek hom om God se volk te beskerm

Hoe om probleme op te los

Watter beginsels kan ’n paartjie help om probleme in hulle huwelik op te los?

Watter beginsels kan ’n paartjie help om ’n gebalanseerde beskouing van geld te hê?

Watter beginsels kan ’n paartjie help om saam te stem oor hoe hulle hulle familielede en skoonouers wil hanteer?

Watter beginsels kan ’n getroude paartjie volg wanneer dit kom by seksuele omgang?

Hoekom is dit belangrik om te fokus op ’n maat se goeie eienskappe en nie op sy of haar foute nie?

Hoekom is dit beter om probleme vinnig en liefdevol op te los eerder as om kwaad te bly of bitter te word?

Hoekom is woede-uitbarstings, geskree en enige soort mishandeling onaanvaarbaar vir Christene?

Wanneer ’n paartjie nie oor iets saamstem nie, wat moet die doelwit van beide die man en die vrou wees?

Tot watter seëninge lei dit as Jehovah die fondasie van ’n huwelik is?

Standaarde vir die huwelik

Wat is Jehovah se standaarde oor seks en die huwelik?

Word Christene toegelaat om met meer as een persoon op dieselfde tyd getroud te wees?

Hoe weet ons dat die huwelik net tussen ’n man en ’n vrou moet wees?

Hoekom moet ’n getroude paartjie bymekaar bly?

Wat is die enigste skriftuurlike rede vir egskeiding onder Christene?

Hoe voel Jehovah oor egskeiding sonder grondige redes?

Wanneer ’n huweliksmaat sterf, is die oorlewende maat vry om weer te trou?