Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jesus Christus

Jesus Christus

Op watter belangrike manier gebruik Jehovah vir Jesus om Sy wil uit te voer?

Han 4:12; 10:43; 2Kor 1:20; Flp 2:​9, 10

Sien ook Spr 8:​22, 23, 30, 31; Joh 1:10; Op 3:14

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 16:​13-17 – Die apostel Petrus identifiseer Jesus as die Christus en die Seun van God

    • Mt 17:​1-9 – Jesus se voorkoms verander voor drie van sy apostels, en Jehovah praat uit die hemel oor sy Seun

Hoekom was Jesus uniek onder alle mense?

Joh 8:58; 14:​9, 10; Kol 1:​15-17; 1Pe 2:22

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 21:​1-9 – Toe Jesus op ’n donkie by Jerusalem ingaan, vervul hy die profesie oor die Messiaanse Koning, wat Jehovah gekies het

    • Heb 7:​26-28 – Die apostel Paulus verduidelik hoe Jesus, die grotere Hoëpriester, anders is as alle ander hoëpriesters

Wat leer Jesus se wonderwerke ons oor Jesus en sy Vader?

Joh 3:​1, 2; 5:36

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 4:​23, 24 – Jesus wys dat hy sterker is as die demone en dat hy enige soort siekte kan genees

    • Mt 14:​15-21 – Jesus voed duisende honger mense wonderdadig deur vyf brode en twee visse te vermeerder

    • Mt 17:​24-27 – Jesus verrig ’n wonderwerk sodat Petrus tempelbelasting kan betaal en niemand gestruikel word nie

    • Mr 1:​40, 41 – Jesus voel jammer vir ’n melaatse en maak hom gesond, wat wys dat hy regtig die siekes wil genees

    • Mr 4:​36-41 – Jesus bedaar ’n groot storm, wat wys dat sy Vader hom gesag gegee het om die natuurkragte te beheer

    • Joh 11:​11-15, 31-45 – Jesus huil oor die dood van sy vriend Lasarus en dan gee hy hom ’n opstanding, wat wys dat hy die dood haat, en ook die pyn wat dit veroorsaak

Wat was die hoofboodskap van Jesus se leringe?

Wat is party goeie eienskappe wat Jesus getoon het terwyl hy op die aarde was? Kyk na ’n paar van hierdie eienskappe:

Gehoorsaam – Lu 2:​40, 51, 52; Heb 5:8

Liefdevol – Joh 13:1; 14:31; 15:13; 1Jo 3:16

Medelye; genadig – Mr 5:​25-34; Lu 7:​11-15

Moedig – Mt 4:​2-11; Joh 2:​13-17; 18:​1-6

Nederig – Mt 11:29; 20:28; Joh 13:​1-5; Flp 2:​7, 8

Toeganklik – Mt 13:2; Mr 10:​13-16; Lu 7:​36-50

Wys – Mt 12:42; 13:54; Kol 2:3

Hoekom het Jesus sy lewe opgeoffer, en hoe help dit ons?

Hoekom moet ons bly wees dat Jesus Christus as Koning in die hemel regeer?

Ps 72:​12-14; Da 2:44; 7:​13, 14; Op 12:​9, 10

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 45:​2-7, 16, 17 – Hierdie psalm wys dat die Koning wat God kies, al sy vyande sou oorwin en met waarheid, nederigheid en regverdigheid sou regeer

    • Jes 11:​1-10 – Wanneer Jesus as Koning regeer, sal die aarde ’n vreedsame paradys wees

Wat sal Jesus in die nabye toekoms doen?