Nederigheid
Hoe beskou Jehovah nederige persone, en hoe beskou hy hoogmoedige persone?
Ps 138:6; Spr 15:25; 16:18, 19; 22:4; 1Pe 5:5
Sien ook Spr 29:23; Jes 2:11, 12
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
2Kr 26:3-5, 16-21 – Koning Ussia word hoogmoedig. Hy is ongehoorsaam aan God se Wet en word baie kwaad wanneer hy reggehelp word. God straf hom met melaatsheid
-
Lu 18:9-14 – Jesus gebruik ’n illustrasie om te verduidelik hoe Jehovah oor die gebede van die hoogmoediges en die nederiges voel
-
Hoe voel Jehovah oor iemand wat nederig is en opreg berou toon?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
2Kr 12:5-7 – Koning Rehabeam en die prinse van Juda aanvaar nederig Jehovah se besluit en toon berou. Daarom word hulle nie deur Jehovah vernietig nie
-
2Kr 32:24-26 – Goeie koning Hiskia word hoogmoedig, maar Jehovah vergewe hom wanneer hy nederig berou toon
-
Hoe help nederigheid ons om ons verhoudings met ander te verbeter?
Ef 4:1, 2; Flp 2:3; Kol 3:12, 13
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Ge 33:3, 4 – Jakob is baie nederig wanneer hy sy broer Esau, wat baie kwaad vir hom was, ontmoet. As gevolg daarvan is daar vrede tussen hulle
-
Rig 8:1-3 – Rigter Gideon sê nederig vir die manne van Efraim dat hulle belangriker is as hy, en as gevolg daarvan kalmeer hulle en wil hulle nie meer met hom baklei nie
-
Hoe het Jesus Christus die belangrikheid van nederigheid aan ander geleer?
Mt 18:1-5; 23:11, 12; Mr 10:41-45
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Jes 53:7; Flp 2:7, 8 – Soos voorspel is, aanvaar Jesus nederig sy toewysing op aarde en is hy selfs bereid om ’n pynlike en vernederende dood te sterf
-
Lu 14:7-11 – Jesus gebruik die sitplekreëlings by ’n fees om te illustreer hoe nederigheid ons kan help
-
Joh 13:3-17 – Jesus stel die voorbeeld vir sy volgelinge deur nederig die werk van ’n kneg te doen wanneer hy die apostels se voete was
-
Hoe sal dit ons help om nederig te wees wanneer ons leer om die regte beskouing van onsself en ander te hê?
Hoekom is valse nederigheid waardeloos?