Ongetroude lewe
Hoekom kan dit goed wees om ongetroud te wees?
Hoekom sou dit verkeerd wees om druk op ’n ongetroude Christen te plaas om te trou?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Ro 14:10-12 – Die apostel Paulus verduidelik hoekom dit verkeerd is om ’n mede-Christen te oordeel
-
1Kor 9:3-5 – Die apostel Paulus het die reg om te trou, maar omdat hy ongetroud bly, kan hy meer in Jehovah se diens doen
-
Moet ongetroude mense voel dat hulle getroud moet wees om ’n gelukkige lewe te hê?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Rig 11:30-40 – Jefta se dogter bly ongetroud en het ’n betekenisvolle lewe
-
Han 20:35 – Jesus het nooit getrou nie, maar hierdie woorde wys dat hy gelukkig is omdat hy vir ander gee
-
1Te 1:2-9; 2:12 – Die apostel Paulus, ’n ongetroude man, beskryf hoe sy bediening hom gelukkig maak omdat hy baie mense kon help om Jehovah te leer ken
-
Hoekom moet ongetroude mense, soos alle knegte van God, sedelik rein bly?
1Kor 6:18; Ga 5:19-21; Ef 5:3, 4
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Spr 7:7-23 – Koning Salomo beskryf die slegte gevolge toe ’n jong man deur ’n onsedelike vrou mislei word
-
Hgl 4:12; 8:8-10 – Die Sulammitiese meisie word beskryf as iemand wat geprys word vir haar rein gedrag
-
Wanneer sal dit vir ’n ongetroude persoon wys wees om dit te oorweeg om te trou?
Sien ook 1Te 4:4, 5