Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Opsieners

Opsieners

Aan watter vereistes moet Christenopsieners in ’n redelike mate voldoen?

Op watter ander maniere moet ouermanne ’n goeie voorbeeld stel?

Aan watter vereistes moet bedieningsknegte in ’n redelike mate voldoen?

Hoe is God se gees daarby betrokke wanneer broers as opsieners aangestel word?

Han 20:28

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 13:​2-5; 14:23 – Reisende opsieners Paulus en Barnabas stel ouermanne in verskillende gemeentes aan. Kringopsieners doen vandag dieselfde. Hulle bid vir heilige gees en kyk mooi na watter vereistes die Bybel sê nodig is om iemand as ’n opsiener in die gemeente aan te stel

    • Tit 1:​1, 5 – Titus reis na verskillende gemeentes om ouermanne aan te stel

Aan wie behoort die gemeente, en watter prys is daarvoor betaal?

Hoekom word opsieners as dienaars beskryf?

Hoekom moet opsieners nederig bly?

Flp 1:1; 2:​5-8; 1Te 2:​6-8; 1Pe 5:​1-3, 5, 6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 20:​17, 31-38 – Paulus herinner die ouermanne in Efese aan wat hy vir hulle gedoen het, en hulle wys hulle dankbaarheid daarvoor

Hoe beskou ’n Christenopsiener die riglyne wat van “die getroue en verstandige slaaf” af kom?

Wat is die beste manier vir ouermanne om ander te leer?

1Ti 4:12; 1Pe 5:​2, 3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ne 5:​14-16 – As gevolg van goewerneur Nehemia se diep respek vir Jehovah misbruik hy nie die gesag wat hy oor God se volk het nie. Hy vat nie eers dinge wat hy die reg het om te ontvang nie

    • Joh 13:​12-15 – Jesus leer sy volgelinge deur middel van sy voorbeeld om nederig te wees

Hoe kan ’n Christen herder wys dat hy lief is en omgee vir elke persoon in die gemeente?

Hoe help ouermanne persone wat geestelik siek is?

Watter verantwoordelikheid het ouermanne wanneer hulle ander leer?

Hoekom moet ouermanne seker maak dat die gemeente sedelik rein is?

Wie word deur ouermanne opgelei?

2Ti 2:​1, 2

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 10:​5-20 – Jesus lei sy 12 apostels op voordat hy hulle in die predikingswerk uitstuur

    • Lu 10:​1-11 – Jesus gee 70 dissipels duidelike instruksies voordat hy hulle in die predikingswerk uitstuur

Wat sal ouermanne help om na hulle baie verantwoordelikhede om te sien?

1Pe 5:​1, 7

Sien ook Spr 3:​5, 6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 3:​9-12 – Koning Salomo bid tot Jehovah vir goeie oordeel en insig om as regter vir Jehovah se volk op te tree

    • 2Kr 19:​4-7 – Koning Josafat stel regters aan in die stede van Juda, en hy herinner hulle dat Jehovah met hulle sal wees terwyl hulle hierdie belangrike verantwoordelikheid uitvoer

Hoe moet lede van die gemeente getroue opsieners behandel?

1Te 5:​12, 13; 1Ti 5:17; Heb 13:​7, 17

Sien ook Ef 4:​8, 11, 12

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 20:37 – Die ouermanne in Efese huiwer nie om vir die apostel Paulus te wys hoe baie hulle hom liefhet nie

    • Han 28:​14-16 – Die apostel Paulus word baie aangemoedig wanneer hy na Rome reis en broers van daardie stad omtrent 65 kilometer reis om hom by die Mark van Appius te ontmoet