Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Sonde

Sonde

Wat is sonde, en hoekom raak dit ons almal?

Hoe verseker die Bybel ons dat ons teen ons sondige neigings kan stry?

Ro 6:​12-14

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Sa 11:​2-5, 14, 15, 26, 27; 12:​1-13 – Koning Dawid pleeg baie ernstige sondes, ontvang streng dissipline en wys dat hy berou het

    • Ro 7:​15-24 – Die apostel Paulus het sterk geloof en is toegewy aan God, maar hy moes nog steeds hard werk om verkeerde gedagtes en begeertes te oorkom

Hoekom sondig baie mense?

Hoekom is dit veral ernstig as ons doelbewus aanhou om iets te doen wat ons weet verkeerd is?

Wat kan Satan dalk gebruik om God se knegte te kry om te sondig?

Spr 1:​10, 11, 15; Mt 5:28; Jak 1:​14, 15

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 3:​1-6 – Satan gebruik ’n slang om Eva te kry om selfsugtig en gierig te wees, en dit verswak haar vertroue in Jehovah

    • Spr 7:​6-10, 21-23 – Koning Salomo beskryf hoe ’n jong man wat onverstandig is, nie ’n onsedelike vrou kan weerstaan nie

Hoe kan ons Satan se versoekings weerstaan?

Ef 4:27; 6:​10-18; Jak 4:​7, 8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Spr 5:​1-14 – Soos ’n pa met sy seun sou praat, gee koning Salomo goeie raad van Jehovah oor hoekom en hoe om seksuele onsedelikheid te vermy

    • Mt 4:​1-11 – Jesus gebruik God se Woord om versoekings van Satan te weerstaan

Wat is ’n paar voorbeelde van ernstige sondes wat Christene moet vermy?

Sien “Verkeerde gebruike

Belydenis van sondes

Hoekom moet ons nie probeer om ons sondes weg te steek nie?

Aan wie moet ons alle sondes bely?

Wie tree voor Jehovah as “’n helper” op wat vir ons pleit?

Hoe kan iemand wys dat hy berou het vir wat hy gedoen het?

Han 26:20; Jak 4:​8-10

Sien ook “Berou

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Eks 22:​1-12 – Onder die Wet van Moses moes ’n dief vergoeding betaal aan die slagoffers van wie hy gesteel het

    • Lu 19:​8, 9 – Die hoofbelastinggaarder Saggeus wys dat hy berou het deur sy lewe te verander en deur die mense wat hy afgepers het, terug te betaal

Hoekom kan ons vertrou dat Jehovah ons sal vergewe?

Sien “Vergifnis

Wie is volgens Jehovah verantwoordelik om hulp te voorsien en die gemeente te beskerm wanneer iemand ’n ernstige sonde pleeg?

Hoe kan ’n ernstige sonde ander in ons familie of in die gemeente raak?

Heb 12:​15, 16

Sien ook De 29:18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jos 7:​1-13, 20-26 – Agan veroorsaak probleme vir die hele Israel deur ’n ernstige sonde te pleeg en dit weg te steek

    • Jon 1:​1-16 – Omdat Jona nie Jehovah se instruksies volg nie, stel hy die lewens van almal op die skip in gevaar

    • 1Kor 5:​1-7 – Die apostel Paulus bring ’n ernstige sonde in Korinte aan die lig wat die hele gemeente negatief raak

Hoekom moet die vrees vir dissipline ons nie keer om die ouermanne vir hulp te vra nie?

Hoekom moet ons God se vergifnis aanvaar eerder as om aan te hou om hartseer te wees oor ’n sonde wat ons in die verlede gepleeg het?

Sien “Vergifnis

As ons van ’n ernstige sonde weet, hoekom moet ons seker maak dat die sondaar die gemeentelike ouermanne daarvan vertel?

Le 5:1

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 13:​6-9; 21:​18-20 – Die Wet van Moses vereis dat ’n persoon die ernstige sonde van selfs ’n familielid of ’n geliefde moet rapporteer