Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Status

Status

Maak ’n persoon se ras, herkoms of ekonomiese status hom beter as ander in God se oë?

Han 17:​26, 27; Ro 3:​23-27; Ga 2:6; 3:28

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Joh 8:​31-40 – Party Jode is trots omdat Abraham hulle voorouer is, maar Jesus stel hulle reg omdat hulle glad nie soos Abraham optree nie

Is daar enige rede om te dink dat ons beter as ander mense is omdat hulle van ’n ander ras of land is?

Joh 3:16; Ro 2:11

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jon 4:​1-11 – Jehovah leer die profeet Jona geduldig om genadig te wees teenoor die Nineviete, mense van ’n ander land

    • Han 10:​1-8, 24-29, 34, 35 – Die apostel Petrus vind uit dat God mense aanvaar wat nie Jode is nie, en daarom help hy Kornelius en sy huisgesin om die eerste nie-Joodse Christene te word

Moet ryk Christene voel dat hulle beter is as ander of spesiale behandeling verwag?

As ’n persoon ’n opsiener is, beteken dit dat hy beter is as ander en hulle sleg kan behandel?

2Kor 1:24; 1Pe 5:​2, 3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 17:​18-20 – Jehovah waarsku dat geen koning in Israel homself bo Sy volk moet verhef nie, want in God se oë is hulle almal broers

    • Mr 10:​35-45 – Jesus help sy apostels reg omdat hulle te besorgd is oor posisies van gesag. (Sien ook die studienota “lord it over them” vir Mr 10:42 in nwtsty)

Watter soort persoon kan God se goedkeuring hê?

Moet Christene probeer om regerings se wette te verander wat hulle voel onregverdig is?

Ef 6:​5-9; 1Ti 6:​1, 2

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Joh 6:​14, 15 – Al wou baie mense hê dat Jesus hulle nasie se probleme moet oplos, weier hy om ’n koning op aarde te word