Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Toewyding

Toewyding

Wat is die regte motief om onsself aan Jehovah God toe te wy?

As ons God wil dien, hoe moet ons die Bybel beskou?

Wat moet ons erken oor die manier hoe God ons help om sonde te oorkom?

Wat behels dit om berou te toon oor die slegte dinge wat jy in die verlede gedoen het?

Han 3:19; 26:20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 19:​1-10 – Saggeus, ’n hoofbelastinggaarder, toon berou oor sy oneerlikheid, en hy gee die geld terug wat hy van die mense gevat het

    • 1Ti 1:​12-16 – Die apostel Paulus verduidelik hoe hy ’n sondige lewe agterlaat en vergifnis kry deur die genade van God en Christus

Wat moet ons nog doen behalwe om op te hou met verkeerde gedrag?

Aan watter standaarde moet ons gehoorsaam wees om God op ’n aanvaarbare manier te dien?

1Kor 6:​9-11; Kol 3:​5-9; 1Pe 1:​14, 15; 4:​3, 4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kor 5:​1-13 – Die apostel Paulus sê vir die gemeente in Korinte om ’n man wat seksueel onsedelik is, onder hulle uit te verwyder

    • 2Ti 2:​16-19 – Die apostel Paulus waarsku Timoteus om die woorde van afvalliges te verwerp, wat soos kanker versprei

Hoekom moet ons nie die regerings van hierdie wêreld ondersteun nie?

Jes 2:​3, 4; Joh 15:19

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Joh 6:​10-15 – Nadat Jesus wonderdadig baie mense kos gee, wou hulle hom koning maak, maar Jesus gaan van hulle af weg

    • Joh 18:​33-36 – Jesus verduidelik dat sy Koninkryk niks te doen het met die politiek van hierdie wêreld nie

Hoe help heilige gees ons om God te dien?

Joh 16:13; Ga 5:​22, 23

Sien ook Han 20:28; Ef 5:18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 15:​28, 29 – Die bestuursliggaam in Jerusalem word deur heilige gees gelei om ’n belangrike besluit oor besnydenis te maak

Hoe moet ons die manier hoe Jesus God gedien het, navolg?

Hoekom moet toegewyde Christene gedoop word?

Mt 28:​19, 20; Han 2:​40, 41; 8:12; 1Pe 3:21

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 3:​13-17 – Jesus kom om sy Vader se wil te doen en simboliseer dit deur gedoop te word

    • Han 8:​26-39 – ’n Etiopiese amptenaar, wat alreeds ’n Joodse proseliet is, is gereed vir doop nadat hy die waarheid oor Jesus Christus leer