Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Volharding

Volharding

Is dit nodig dat knegte van Jehovah moet volhard?

Hoe weet ons dat party mense ons sal ignoreer of selfs sal teëstaan wanneer ons vir hulle preek?

Mt 10:22; Joh 15:​18, 19; 2Kor 6:​4, 5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Pe 2:5; Ge 7:23; Mt 24:​37-39 – Hoewel Noag “’n prediker van regverdigheid” is, ignoreer die meeste mense hom en oorleef net hy en sy familie die Vloed

    • 2Ti 3:​10-14 – Die apostel Paulus gebruik sy eie voorbeeld van volharding om Timoteus aan te moedig om te volhard

Hoekom kan ons verwag dat selfs ons familielede ons sal teëstaan?

Mt 10:​22, 36-38; Lu 21:​16-19

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 4:​3-11; 1Jo 3:​11, 12 – Omdat Kain goddeloos is, maak hy sy broer Abel dood wat ’n getroue man was

    • Ge 37:​5-8, 18-28 – Omdat Josef vir sy broers vertel dat Jehovah hom ’n spesiale droom gegee het, val hulle hom aan en verkoop hulle hom as ’n slaaf

Hoekom hoef ons nie bang te wees vir die dood wanneer ons vervolg word nie?

Mt 10:28; 2Ti 4:​6, 7

Sien ook Op 2:10

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Da 3:​1-6, 13-18 – Sadrag, Mesag en Abednego wou nie ’n afgod aanbid selfs al sê die koning dat hy hulle sou doodmaak as hulle dit nie doen nie

    • Han 5:​27-29, 33, 40-42 – Die apostels hou aan preek selfs al dreig party mense om hulle dood te maak

Wat sal ons help om getrou aan Jehovah te bly selfs al word ons gedissiplineer?

Spr 3:​11, 12; Heb 12:​5-7

Hoekom kan dit moeilik wees om te volhard wanneer ander ophou om Jehovah te dien?

Jer 1:​16-19; Hab 1:​2-4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 73:​2-24 – Toe die psalmis sien dat goddelose mense ’n maklike lewe het, wonder hy of dit die moeite werd is om Jehovah aan te hou dien

    • Joh 6:​60-62, 66-68 – Hoewel baie ophou om Jesus te volg, is die apostel Petrus vasbeslote om met geloof te volhard

Wat sal ons help om te volhard?

Deur na aan Jehovah te bly

Deur kennis in te neem van God se Woord deur dit te studeer en daaroor na te dink

Deur gereeld tot Jehovah te bid en hom te vertel wat ons dink en hoe ons voel

Ro 12:12; Kol 4:2; 1Pe 4:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Da 6:​4-11 – Daniël hou aan om tot Jehovah te bid selfs al veroorsaak dit dat sy lewe in gevaar is

    • Mt 26:​36-46; Heb 5:7 – Op die laaste aand van Jesus se aardse lewe bid hy intens en moedig hy ander aan om dieselfde te doen

Deur saam met ons broers en susters te aanbid

Deur te fokus op die belonings wat Jehovah belowe

Deur ons liefde vir Jehovah, vir ons broers en susters en vir regverdigheid te versterk

Deur ons geloof te versterk

Deur die regte gesindheid te behou gedurende moeilike tye

Wat is party voordele om getrou te volhard?

Ons gee eer aan Jehovah God

Spr 27:11; Joh 15:​7, 8; 1Pe 1:​6, 7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Job 1:​6-12; 2:​3-5 – Satan beskuldig Jehovah daarvan dat hy mense beskerm sodat hulle Hom sal dien. Job moes volhard om te bewys dat Satan verkeerd is

    • Ro 5:19; 1Pe 1:​20, 21 – Anders as Adam, wat ongehoorsaam aan God was, volhard Jesus tot sy dood toe getrou en gee hy ’n antwoord op hierdie vraag: Kan ’n volmaakte mens lojaal bly aan Jehovah wanneer hy tot die uiterste getoets word?

Ons moedig ander aan om te volhard

Volharding help ons om suksesvol in die bediening te wees

As ons volhard, sal dit Jehovah se hart bly maak en sal hy ons beloon