Werk
Wat is die verband tussen werk en vreugde?
Wat is party voordele daarvan as ’n mens leer om werk van ’n goeie gehalte te doen?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
1Sa 16:16-23 – Dawid is bekend as ’n goeie musikant, en sy musiek laat die koning van Israel beter voel, wat hom Dawid laat waardeer vir sy musikale talent
-
2Kr 2:13, 14 – Hiram-Abi is ’n bekwame werker, en daarom kan koning Salomo hom gebruik in ’n groot bouwerk
-
As watter soort werkers wil knegte van Jehovah bekend staan?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Ge 24:10-21 – Rebekka is behulpsaam en hardwerkend, en sy doen baie meer as wat Abraham se kneg haar vra om te doen
-
Flp 2:19-23 – Die apostel Paulus gee die jong man Timoteus ’n belangrike toewysing omdat hy nederig is en bereid is om hard te werk
-
Hoekom wil ons nie lui wees nie?
Spr 13:4; 18:9; 21:25, 26; Pr 10:18
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Spr 6:6-11 – Koning Salomo gebruik die mier om ons lesse te leer oor hoe om hard te werk en nie lui te wees nie
-
Hoekom moet ons hard werk om in ons behoeftes te voorsien?
Hoekom moet ons hard werk om vir ons gesin te sorg?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Rut 1:16, 17; 2:2, 3, 6, 7, 17, 18 – Die jong weduwee Rut werk hard om vir haar skoonma, Naomi, te sorg
-
Mt 15:4-9 – Jesus veroordeel diegene wat hulle diens aan God as ’n verskoning gebruik om nie vir hulle ouers te sorg nie
-
Wat moet Christene bereid wees om te doen met dit wat hulle verdien omdat hulle hard werk?
Watter gebalanseerde beskouing moet ons hê teenoor die inkomste wat ons verdien wanneer ons sekulêr werk?
Hoe weet ons dat Jehovah wil hê dat ons ons werk goed moet doen en in ons materiële behoeftes moet voorsien?
Mt 6:25, 30-32; Lu 11:2, 3; 2Kor 9:10
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Ge 31:3-13 – Laban behandel Jakob onregverdig, maar Jehovah let op dat Jakob hardwerkend is en seën hom
-
Ge 39:1-6, 20-23 – Jehovah seën Josef se werk, toe hy ’n slaaf in Potifar se huis is en toe hy in die tronk is
-
Hoekom moet ons sekulêre werk nooit belangriker word as ons diens aan God nie?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Lu 12:15-21 – Jesus gee ’n illustrasie wat wys dat dit dwaas is om te dink dat dit belangriker is om geld te verdien as om nader aan God te kom
-
1Ti 6:17-19 – Die apostel Paulus sê vir ryk Christene dat hulle nie op ander moet neersien nie en om “ryk te wees in goeie werke”
-
Watter beginsels kan ons help in ons keuse van sekulêre werk?
-
Eks 20:4; Han 15:29; Ef 4:28; Op 21:8 – Moet ek enige iets in my werk doen wat God veroordeel?
-
Eks 21:22-24; Jes 2:4; 1Kor 6:9, 10; 2Kor 7:1 – Sou die werk ander ondersteun of aanmoedig om iets te doen wat God veroordeel, wat my skuldig sou maak?
-
Ro 13:1-7; Tit 3:1, 2 – Sou die werk vereis dat ek enige sekulêre wette breek?
-
2Kor 6:14-16; Op 18:2, 4 – Sou die werk maak dat ek deel is van valse godsdiens of ’n ondersteuner daarvan is?
Werk vir Jehovah
Wat is die belangrikste werk wat Christene kan doen?
Hoekom is ons gretig om ons bes te doen in Jehovah se diens?
Lu 13:24; Ro 12:11; 1Kor 15:58; Heb 6:10-12
Sien ook 1Ti 3:1
Hoekom moet ons nie verwag dat almal dieselfde hoeveelheid in Jehovah se diens kan doen nie?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Mt 25:14, 15 – Jesus se illustrasie wys dat hy nie verwag dat al sy volgelinge dieselfde hoeveelheid werk moet doen nie
-
Lu 21:2-4 – Jesus erken liefdevol die groot waarde van die arm weduwee se klein bydrae
-
Waar kry ons die krag wanneer ons gevra word om iets in Jehovah se diens te doen?
2Kor 4:7; Ef 3:20, 21; Flp 4:13
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
2Ti 4:17 – Die apostel Paulus erken dat hy krag ontvang wanneer hy dit nodig het
-
Hoekom is ons gelukkig wanneer ons hard werk vir Jehovah?
Sien ook Mt 25:23