Inleiding tot Deel 9
Hierdie deel leer ons oor jongmense, profete en konings wat merkwaardige geloof in Jehovah getoon het. In Sirië het ’n Israelitiese dogtertjie groot geloof gehad dat Naäman deur Jehovah se profeet gesond gemaak kan word. Die profeet Elisa het volle vertroue gehad dat Jehovah hom teen enige vyandelike leërmag sou beskerm. Die hoëpriester Jojada het sy lewe gewaag om die jong Joas teen sy bose ouma, Atalia, te beskerm. Koning Hiskia het vertrou dat Jehovah Jerusalem sou red, en die Assiriërs se dreigement het hom nie afgeskrik nie. Koning Josia het die land van afgodediens gereinig, die tempel herstel en die nasie weer na ware aanbidding gelei.
IN HIERDIE GEDEELTE
LES 51
Die soldaat en die dogtertjie
’n Jong Israelitiese meisie vertel haar meester se vrou van Jehovah se groot krag—dan gebeur daar ’n wonderwerk.
LES 54
Jehovah was geduldig met Jona
Wat het veroorsaak dat ’n groot vis een van God se profete insluk? Hoe het hy uit die vis uitgekom? En watter les het Jehovah hom geleer?
LES 55
Jehovah se engel het Hiskia beskerm
Juda se vyande sê dat Jehovah sy volk nie sal beskerm nie, maar hulle is verkeerd!
LES 56
Josia was lief vir God se Wet
Josia word koning toe hy agt jaar oud is, en hy help sy volk om Jehovah te aanbid.