Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 4

Van Israel se eerste koning tot gevangenskap in Babilon

Van Israel se eerste koning tot gevangenskap in Babilon

Saul het Israel se eerste koning geword. Maar Jehovah het hom verwerp, en Dawid is gekies om in sy plek koning te wees. Ons leer baie van Dawid. As ’n jong man het hy teen die reus Goliat geveg. Later het hy vir jaloerse koning Saul gevlug. Toe het pragtige Abigail gekeer dat hy ’n dwase ding te doen.

Daarna leer ons baie dinge van Dawid se seun Salomo, wat in Dawid se plek koning van Israel geword het. Die eerste drie konings van Israel het elkeen 40 jaar lank regeer. Ná Salomo se dood is Israel in twee koninkryke, ’n noordelike en ’n suidelike koninkryk, verdeel.

Die noordelike tienstammeryk het 257 jaar bestaan voordat dit deur die Assiriërs vernietig is. En 133 jaar later is die suidelike tweestammeryk ook vernietig. Hierdie keer is die Israeliete as gevangenes na Babilon toe geneem. DEEL 4 dek 510 jaar van die geskiedenis, waartydens baie opwindende dinge gebeur het.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 56

Saul—Israel se eerste koning

Ons kan ’n waardevolle les by Saul leer wat eers deur God gekies is en later deur hom verwerp is.

VERHAAL 57

God kies vir Dawid

Wat sien God in Dawid wat die profeet Samuel nie sien nie?

VERHAAL 58

Dawid en Goliat

Dawid veg teen Goliat, nie net met sy slinger nie, maar met ’n baie kragtiger wapen.

VERHAAL 59

Hoekom Dawid moet vlug

Saul was eers tevrede met Dawid, maar het later jaloers geword op hom en wou hom doodmaak. Waarom?

VERHAAL 60

Abigail en Dawid

Abigail noem haar man ’n dwaas, maar dit red sy lewe—tydelik.

VERHAAL 61

Dawid word koning gemaak

Dawid bewys deur wat hy doen en deur wat hy weier om te doen dat hy die koning van Israel kan wees.

VERHAAL 62

Moeilikheid in Dawid se huis

Dawid neem een slegte besluit en bring sodoende jare lange moeilikheid oor homself en sy huisgesin.

VERHAAL 63

Wyse koning Salomo

Sou hy regtig die baba in twee laat sny?

VERHAAL 64

Salomo bou die tempel

Al was Salomo baie wys, is hy oorreed om iets baie dwaas en verkeerds.

VERHAAL 65

Die koninkryk word verdeel

Toe Jerobeam begin regeer het, het hy die volk gekry om God se wet te verbreek.

VERHAAL 66

Isebel—’n Slegte koningin

Sy het alles in haar vermoë gedoen om te kry wat sy wou hê.

VERHAAL 67

Josafat vertrou op Jehovah

Waarom sou ’n leër gaan veg met ongewapende sangers wat voor loop?

VERHAAL 68

Twee seuns wat weer lewe

Kan iemand wat gesterf het, weer lewe? Dit het al gebeur!

VERHAAL 69

’n Kind help ’n vername man

Sy het die moed gehad om met haar heer te praat, en dit het tot ’n wonderwerk gelei.

VERHAAL 70

Jona en die groot vis

Jona het ’n belangrike les geleer oor gehoorsaamheid aan Jehovah.

VERHAAL 71

God belowe ’n paradys

Die eerste paradys was klein, maar in die toekoms sal die hele aarde ’n paradys wees.

VERHAAL 72

God help koning Hiskia

’n Engel maak 185 000 Assiriese soldate in een nag dood.

VERHAAL 73

Israel se laaste goeie koning

Terwyl Josia nog ’n tiener was, het hy ’n baie dapper ding gedoen.

VERHAAL 74

’n Man wat nie bang is nie

Jeremia het gedink dat hy te jonk is om ’n profeet te wees, maar God het nie so gedink nie.

VERHAAL 75

Vier seuns in Babilon

Hulle was getrou, al was hulle weg van hulle families.

VERHAAL 76

Jerusalem word vernietig

Waarom het God Israel se vyande, die Babiloniërs, toegelaat om Jerusalem te vernietig?