Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VERHAAL 99

In ’n bokamer

In ’n bokamer

DIT is nou Donderdagnag, twee dae later. Jesus en sy 12 apostels het na hierdie groot bokamer toe gekom om die Pasgamaal te eet. Die man wat jy sien uitgaan, is Judas Iskaʹriot. Hy gaan vir die priesters vertel hoe hulle Jesus kan vang.

Net die vorige dag het Judas na hulle toe gegaan en gevra: ‘Wat sal julle my gee as ek julle help om Jesus te vang?’ Hulle het gesê: ‘Dertig silwerstukke.’ Judas gaan hierdie mans nou ontmoet sodat hy hulle na Jesus toe kan lei. Is dit nie verskriklik nie?

Die Pasgamaal is klaar. Maar Jesus begin nou met ’n ander spesiale maal. Hy gee vir sy apostels ’n brood en sê: ‘Eet dit, want dit beteken my liggaam wat vir julle gegee gaan word.’ Dan gee hy vir hulle ’n beker wyn en sê: ‘Drink dit, want dit beteken my bloed, wat vir julle uitgestort gaan word.’ Die Bybel noem dit ‘die Here se aandmaal’ of ‘die nagmaal van die Here’.

Die Israeliete het die Pasga geëet om hulle te laat dink aan die tyd toe God se engel hulle huise in Egipte oorgeslaan het, maar die eersgeborenes in die huise van die Egiptenaars doodgemaak het. Maar nou wil Jesus hê dat sy volgelinge aan hom moet dink, en hoe hy sy lewe vir hulle gegee het. En dit is hoekom hy vir hulle sê om hierdie spesiale maal elke jaar te eet.

Nadat hulle die Here se Aandmaal geëet het, sê Jesus vir sy apostels om dapper te wees en sterk geloof te behou. Dan sing hulle liedere aan God en gaan weg. Dit is nou baie laat, moontlik ná middernag. Kom ons kyk waarheen hulle gaan.