Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 7

Van Jesus se opstanding tot Paulus se gevangenskap

Van Jesus se opstanding tot Paulus se gevangenskap

Op die derde dag ná sy dood is Jesus opgewek. Op daardie dag het hy vyf keer aan sy volgelinge verskyn. Jesus het oor ’n tydperk van 40 dae nog baie kere aan hulle verskyn. Toe, terwyl party van sy dissipels gekyk het, het Jesus opgevaar hemel toe. Tien dae later het God heilige gees uitgestort op Jesus se volgelinge wat in Jerusalem gewag het.

Later het vyande van God die apostels in die tronk laat gooi, maar ’n engel het hulle vrygelaat. Die dissipel Stefanus is deur teenstanders gestenig. Maar ons leer dat Jesus een van hierdie teenstanders gekies het om sy spesiale kneg te wees, en hy het die apostel Paulus geword. Toe, drie en ’n half jaar ná Jesus se dood, het God die apostel Petrus gestuur om vir die nie-Jood Kornelius en sy huisgesin te gaan preek.

Omtrent 13 jaar later het Paulus met sy eerste sendingreis begin. Op Paulus se tweede reis het Timoteus by hom aangesluit. Ons leer van baie opwindende dinge wat Paulus en dié wat saam met hom gereis het, in God se diens ervaar het. Uiteindelik is Paulus in Rome in die tronk gegooi. Twee jaar later is hy vrygelaat, maar toe is hy weer in die tronk gegooi en doodgemaak. Die gebeure van DEEL 7 strek oor ’n tydperk van omtrent 32 jaar.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 102

Jesus lewe

Nadat ’n engel die klip voor Jesus se graf wegrol, is die soldate geskok oor wat hulle aan die binnekant sien.

VERHAAL 103

In ’n geslote kamer

Waarom het Jesus se dissipels hom nie herken nadat hy opgewek is nie?

VERHAAL 104

Jesus gaan terug hemel toe

Voordat Jesus na die hemel opvaar, gee hy sy dissipels een laaste opdrag.

VERHAAL 105

Hulle wag in Jerusalem

Waarom het Jesus by Pinkster heilige gees oor die dissipels uitgestort?

VERHAAL 106

Uit die tronk vrygelaat

Die Joodse godsdiensleiers het die apostels in die tronk gegooi om hulle predikingswerk stop te sit, maar God het iets anders in gedagte.

VERHAAL 107

Stefanus word gestenig

Stefanus doen ’n roerende gebed terwyl hy doodgemaak word.

VERHAAL 108

Op die pad na Damaskus

’n Verblindende lig en ’n stem uit die hemel verander Saulus se lewe.

VERHAAL 109

Petrus by Kornelius

Is mense van een ras of nasie beter as dié van ’n ander in God se oë?

VERHAAL 110

Timoteus help vir Paulus

Timoteus het sy tuiste verlaat om Paulus te vergesel op ’n opwindende predikingsreis.

VERHAAL 111

’n Seun raak aan die slaap

Eutigus het gedurende Paulus se eerste toespraak aan die slaap geraak, maar nie gedurende sy tweede toespraak nie. Wat tussen die twee toesprake gebeur het, was eenvoudig ’n wonderwerk.

VERHAAL 112

Gestrand op ’n eiland

Net toe alles hopeloos lyk, ontvang Paulus ’n boodskap van God wat hom hoop gee.

VERHAAL 113

Paulus in Rome

Hoe kan Paulus sy werk as ’n apostel doen terwyl hy ’n gevangene is?