Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 8

Wat die Bybel voorspel, word bewaarheid

Wat die Bybel voorspel, word bewaarheid

Die Bybel vertel nie net die waarheid oor wat in die verlede gebeur het nie, maar dit vertel ook wat in die toekoms gaan gebeur. Mense kan nie sê wat in die toekoms gaan gebeur nie. Dit is hoe ons weet dat die Bybel van God af kom. Wat sê die Bybel oor die toekoms?

Dit vertel van ’n groot oorlog van God. In hierdie oorlog sal God alle slegte dinge en alle slegte mense van die aarde af wegneem, maar hy sal die mense wat hom dien, beskerm. God se koning, Jesus Christus, sal sorg dat God se knegte vrede en geluk geniet en dat hulle nooit weer siek sal word of sal doodgaan nie.

Ons kan bly wees dat God ’n nuwe paradys op die aarde gaan maak, nè? Maar ons moet iets doen as ons in hierdie paradys wil lewe. Die laaste verhaal in die boek leer vir ons wat ons moet doen om die wonderlike dinge te geniet wat God vir die mense wat hom dien, sal gee. Lees nou DEEL 8 en vind uit wat die Bybel vir die toekoms voorspel.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 114

’n Einde aan alle slegte dinge

Waarom stuur God sy leër onder leiding van Jesus om oorlog te voer by Armageddon?

VERHAAL 115

’n Nuwe paradys op aarde

Mense het voorheen in ’n paradys op aarde gelewe, en dit sal weer gebeur.

VERHAAL 116

Hoe ons vir ewig kan lewe

Is dit genoeg om net te weet wie Jehovah en Jesus is? Wat is nog nodig?