Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding

Inleiding

HIERDIE is ’n boek met ware verhale. Hulle kom uit die Bybel, die heel beste boek in die wêreld. Die verhale vertel jou die geskiedenis van die wêreld van die tyd dat God begin skep het tot ons dag. Hulle vertel selfs wat God belowe om in die toekoms te doen.

Hierdie boek gee jou ’n idee waaroor die Bybel handel. Dit vertel van mense in die Bybel en die dinge wat hulle gedoen het. Dit vertel ook van die wonderlike hoop wat God aan mense gegee het, naamlik die ewige lewe op ’n paradysaarde.

Daar is 116 verhale in die boek. Hulle is in agt dele gegroepeer. ’n Bladsy aan die begin van elke deel vertel kortliks wat in daardie deel bespreek word. Die verhale verskyn in die volgorde waarin gebeure in die geskiedenis plaasgevind het. Dit help jou om te leer wanneer gebeure plaasgevind het in verhouding tot ander gebeure in die geskiedenis.

Die verhale word in eenvoudige taal vertel. Kinders, baie van julle sal dit self kan lees. Ouers, julle sal vind dat julle kleiner kinders dit baie geniet om hierdie verhale oor en oor te hoor. Julle sal vind dat hierdie boek baie dinge bevat wat vir oud sowel as jonk interessant is.

Aan die einde van elke verhaal is daar teksverwysings. Julle word aangespoor om hierdie dele van die Bybel, waarop die verhale gebaseer is, te lees.