Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Studievrae vir My boek met Bybelverhale

Studievrae vir My boek met Bybelverhale

Verhaal 1

God begin om dinge te maak

  1. Waar kom alle goeie dinge vandaan, en kan jy ’n voorbeeld daarvan gee?

  2. Wat het God heel eerste geskep?

  3. Hoekom was die eerste engel spesiaal?

  4. Beskryf hoe die aarde aan die begin was (Sien die prent.)

  5. Hoe het God begin om die aarde vir diere en mense reg te maak?

Bykomende vrae:

  1. Lees Jeremia 10:12.

    Watter eienskappe van God kan in sy skeppingswerke gesien word? (Jes. 40:26; Rom. 11:33)

  2. Lees Kolossense 1:15-17.

    Watter rol het Jesus in die skepping gespeel, en hoe moet dit ons beskouing van hom beïnvloed? (Kol. 1:15-17)

  3. Lees Genesis 1:1-10.

    1. Waar kom die aarde vandaan? (Gen. 1:1)

    2. Wat het op die eerste skeppingsdag gebeur? (Gen. 1:3-5)

    3. Beskryf wat gedurende die tweede skeppingsdag gebeur het (Gen. 1:7, 8)

Verhaal 2

’n Pragtige tuin

  1. Hoe het God die aarde reggemaak om ons tuiste te wees?

  2. Beskryf die groot verskeidenheid diere wat God gemaak het (Sien die prent.)

  3. Hoekom was die tuin van Eden ’n spesiale plek?

  4. Wat wou God hê moes die hele aarde word?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 1:11-25.

    1. Wat het God gedurende die derde skeppingsdag geskep? (Gen. 1:12)

    2. Wat het gedurende die vierde skeppingsdag gebeur? (Gen. 1:16)

    3. Watter soorte diere het God op die vyfde en sesde dag gemaak? (Gen. 1:20, 21, 25)

  2. Lees Genesis 2:8, 9.

    Watter twee spesiale bome het God in die tuin gesit, en wat het hulle afgebeeld?

Verhaal 3

Die eerste man en vrou

  1. Hoe is die prent by Verhaal 3 anders as die een by Verhaal 2?

  2. Wie het die eerste man gemaak, en wat was die man se naam?

  3. Watter werk het God vir Adam gegee?

  4. Hoekom het God Adam vas aan die slaap laat raak?

  5. Hoe lank kon Adam en Eva lewe, en watter werk wou Jehovah hê moes hulle doen?

Bykomende vrae:

  1. Lees Psalm 83:18.

    Wat is God se naam, en wat is sy unieke posisie oor die aarde? (Jer. 16:21; Dan. 4:17)

  2. Lees Genesis 1:26-31.

    1. Wat was die klimaks van God se skepping op die sesde dag, en hoe was hierdie skeppingwerk anders as die diere? (Gen. 1:26)

    2. Watter voorsiening het Jehovah vir mense sowel as diere gemaak? (Gen. 1:30)

  3. Lees Genesis 2:7-25.

    1. Wat was betrokke by Adam se werk om die diere name te gee? (Gen. 2:19)

    2. Hoe help Genesis 2:24 ons om te verstaan wat Jehovah se beskouing is van die huwelik en wanneer mense uitmekaar gaan of skei? (Matt. 19:4-6, 9)

Verhaal 4

Hulle verloor hulle tuiste

  1. Wat gebeur in die prent met Adam en Eva?

  2. Hoekom het Jehovah hulle gestraf?

  3. Wat het ’n slang vir Eva gesê?

  4. Wie het die slang met Eva laat praat?

  5. Hoekom het Adam en Eva hulle Paradystuiste verloor?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 2:16, 17 en 3:1-13, 24.

    1. Hoe het die slang se vraag aan Eva Jehovah verkeerd voorgestel? (Gen. 3:1-5; 1 Joh. 5:3)

    2. Hoe is Eva ’n waarskuwende voorbeeld vir ons? (Fil. 4:8; Jak. 1:14, 15; 1 Joh. 2:16)

    3. Hoe het Adam en Eva nie verantwoordelikheid vir hulle dade aanvaar nie? (Gen. 3:12, 13)

    4. Hoe het die gerubs wat aan die oostekant van die tuin van Eden geplaas is, Jehovah se soewereiniteit ondersteun? (Gen. 3:24)

  2. Lees Openbaring 12:9.

    Hoe suksesvol was Satan om mense teen God se heerskappy te laat draai? (1 Joh. 5:19)

Verhaal 5

’n Moeilike lewe begin

  1. Hoe was die lewe vir Adam en Eva buite die tuin van Eden?

  2. Wat het met Adam en Eva begin gebeur, en hoekom?

  3. Hoekom sou Adam en Eva se kinders oud word en doodgaan?

  4. Hoe sou die lewe vir hulle en hulle kinders gewees het as Adam en Eva aan Jehovah gehoorsaam was?

  5. Hoe het Eva se ongehoorsaamheid vir haar pyn veroorsaak?

  6. Wat was die name was Adam en Eva se eerste twee seuns?

  7. Wie is die ander kinders in die prent?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 3:16-23 en 4:1, 2.

    1. Hoe is Adam se lewe geraak deur die vloek op die grond? (Gen. 3:17-19; Rom. 8:20, 22)

    2. Hoekom was die naam Eva, wat “Lewende” beteken, gepas? (Gen. 3:20)

    3. Hoe was Jehovah bedagsaam teenoor Adam en Eva, selfs nadat hulle gesondig het? (Gen. 3:7, 21)

  2. Lees Openbaring 21:3, 4.

    Na die verwydering van watter “vorige dinge” sien jy uit?

Verhaal 6

’n Goeie en ’n slegte seun

  1. Watter soort werk kies Kain en Abel?

  2. Watter offers bring Kain en Abel aan Jehovah?

  3. Hoekom hou Jehovah van Abel se offer, en hoekom hou hy nie van Kain s’n nie?

  4. Watter soort mens is Kain, en hoe probeer Jehovah hom reghelp?

  5. Wat doen Kain wanneer hy alleen saam met sy broer in die veld is?

  6. Verduidelik wat met Kain gebeur het nadat hy sy broer doodgemaak het.

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 4:2-26.

    1. Hoe het Jehovah die gevaarlike posisie waarin Kain was, beskryf? (Gen. 4:7)

    2. Hoe het Kain getoon wat sy hartstoestand was? (Gen. 4:9)

    3. Hoe beskou Jehovah die vergieting van onskuldige bloed? (Gen. 4:10; Jes. 26:21)

  2. Lees 1 Johannes 3:11, 12.

    1. Hoekom het Kain baie kwaad geword, en hoe is dit vandag vir ons ’n waarskuwing? (Gen. 4:4, 5; Spr. 14:30; 28:22)

    2. Hoe toon die Bybel dat ons ons onkreukbaarheid kan behou, selfs wanneer al ons gesinslede Jehovah teëstaan? (Ps. 27:10; Matt. 10:21, 22)

  3. Lees Johannes 11:25.

    Watter versekering gee Jehovah in verband met almal wat ter wille van regverdigheid doodgaan? (Joh. 5:24)

Verhaal 7

’n Dapper man

  1. Hoe was Henog anders?

  2. Hoekom het mense in Henog se dag soveel slegte dinge gedoen?

  3. Watter slegte dinge het mense gedoen? (Sien die prent.)

  4. Hoekom moes Henog dapper wees?

  5. Hoe lank het mense in daardie dae gelewe, maar hoe lank het Henog gelewe?

  6. Wat het gebeur nadat Henog doodgegaan het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 5:21-24, 27.

    1. Watter soort verhouding het Henog met Jehovah gehad? (Gen. 5:24)

    2. Wie is volgens die Bybel die oudste mens wat nog ooit gelewe het, en hoe oud was hy toe hy doodgegaan het? (Gen 5:27)

  2. Lees Genesis 6:5.

    Hoe sleg het dinge op die aarde geword ná Henog se dood, en hoe vergelyk dit met ons dag? (2 Tim. 3:13)

  3. Lees Hebreërs 11:5.

    Watter eienskap van Henog was “vir God welbehaaglik”, en met watter gevolg? (Gen. 5:22)

  4. Lees Judas 14, 15.

    Hoe kan Christene vandag Henog se moed navolg wanneer hulle mense waarsku van die komende slag van Armageddon? (2 Tim. 4:2; Heb. 13:6)

Verhaal 8

Reuse op die aarde

  1. Wat het gebeur toe party van God se engele na Satan geluister het?

  2. Hoekom het party engele opgehou met hulle werk in die hemel en aarde toe gekom?

  3. Hoekom was dit verkeerd van die engele om aarde toe te kom en vir hulleself menseliggame te maak?

  4. Hoe was die kinders van die engele anders?

  5. Wat het die kinders van die engele gedoen toe hulle reuse geword het, soos jy in die prent kan sien?

  6. Watter goeie man het ná Henog op die aarde gelewe, en hoekom het God van hom gehou?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 6:1-8.

    Wat toon Genesis 6:6 oor die uitwerking wat ons gedrag op Jehovah se gevoelens kan hê? (Ps. 78:40, 41; Spr. 27:11)

  2. Lees Judas 6.

    Hoe is die engele wat in Noag se dag “nie hulle oorspronklike posisie behou het nie” vandag vir ons ’n les? (1 Kor. 3:5-9; 2 Pet. 2:4, 9, 10)

Verhaal 9

Noag bou ’n ark

  1. Hoeveel mense was in Noag se gesin, en wat was die name van sy drie seuns?

  2. Watter ongewone ding het God vir Noag gevra om te doen, en hoekom?

  3. Wat het die ander mense gedoen toe Noag vir hulle van die ark vertel?

  4. Wat het God vir Noag gesê om met die diere te doen?

  5. Wat moes Noag en sy gesin doen nadat God die deur van die ark toegemaak het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 6:9-22.

    1. Wat het Noag ’n uitsonderlike aanbidder van die ware God gemaak? (Gen. 6:9, 22)

    2. Hoe voel Jehovah oor geweld, en hoe moet dit ons keuse van vermaak beïnvloed? (Gen. 6:11, 12; Ps. 11:5)

    3. Hoe kan ons Noag navolg wanneer ons riglyne deur middel van Jehovah se organisasie ontvang? (Gen. 6:22; 1 Joh. 5:3)

  2. Lees Genesis 7:1-9.

    Hoe moedig die feit dat Jehovah die onvolmaakte man Noag as regverdig beskou het, ons vandag aan? (Gen. 7:1; Spr. 10:16; Jes. 26:7)

Verhaal 10

Die groot Vloed

  1. Hoekom kon niemand meer in die ark ingaan nadat dit begin reën het nie?

  2. Hoeveel dae en nagte het Jehovah dit laat reën, en hoe diep het die water geword?

  3. Wat het met die ark gebeur toe die water die aarde begin bedek het?

  4. Het die reuse die Vloed oorleef, en wat het van die reuse se pa’s geword?

  5. Wat het ná vyf maande met die ark gebeur?

  6. Hoekom het Noag ’n raaf uit die ark gestuur?

  7. Hoe het Noag geweet dat die water op die aarde gesak het?

  8. Wat het God vir Noag gesê nadat hy en sy gesin meer as ’n jaar lank in die ark was?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 7:10-24.

    1. Hoe omvattend was die vernietiging van lewe op die aarde? (Gen. 7:23)

    2. Hoe lank het dit geneem vir die water van die Vloed om te sak? (Gen. 7:24)

  2. Lees Genesis 8:1-17.

    Hoe toon Genesis 8:17 dat Jehovah se oorspronklike voorneme vir die aarde nie verander het nie? (Gen. 1:22)

  3. Lees 1 Petrus 3:19, 20.

    1. Watter oordeel het die opstandige engele ontvang toe hulle teruggegaan het hemel toe? (Jud. 6)

    2. Hoe versterk die verslag oor Noag en sy gesin ons vertroue in Jehovah se vermoë om sy knegte te verlos? (2 Pet. 2:9)

Verhaal 11

Die eerste reënboog

  1. Wat het Noag heel eerste gedoen nadat hy uit die ark gekom het, soos die prent wys?

  2. Watter gebod het God ná die Vloed vir Noag en sy gesin gegee?

  3. Wat het God belowe?

  4. Waaraan moet dit ons herinner as ons ’n reënboog sien?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 8:18-22.

    1. Hoe kan ons vandag “’n rustige geur” aan Jehovah voorsien? (Gen. 8:21; Heb. 13:15, 16)

    2. Wat het Jehovah van die mens se hartstoestand gesê, en waarvoor moet ons dus versigtig wees? (Gen. 8:21; Matt. 15:18, 19)

  2. Lees Genesis 9:9-17.

    1. Watter verbond het Jehovah met alle lewende wesens op die aarde gesluit? (Gen. 9:10, 11)

    2. Hoe lank sal die reënboogverbond geldig bly? (Gen. 9:16)

Verhaal 12

Mense bou ’n groot toring

  1. Wie was Nimrod, en hoe het God oor hom gevoel?

  2. Hoekom maak die mense in die prent bakstene?

  3. Hoekom het Jehovah nie van die bouery gehou nie?

  4. Hoe het God die mense laat ophou om die toring te bou?

  5. Wat is die stad genoem, en wat het daardie naam beteken?

  6. Wat het met die mense gebeur nadat God hulle tale verwar het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 10:1, 8-10.

    Watter eienskappe het Nimrod aan die dag gelê, en waarteen waarsku dit ons? (Spr. 3:31)

  2. Lees Genesis 11:1-9.

    Hoekom het hulle die toring gebou, en hoekom was die projek tot mislukking gedoem? (Gen. 11:4; Spr. 16:18; Joh. 5:44)

Verhaal 13

Abraham—’n vriend van God

  1. Watter soort mense het in die stad Ur gewoon?

  2. Wie is die man in die prent, wanneer is hy gebore, en waar het hy gewoon?

  3. Wat het God vir Abraham gesê om te doen?

  4. Hoekom is Abraham God se vriend genoem?

  5. Wie het saam met Abraham gegaan toe hy uit Ur weggetrek het?

  6. Wat het God vir Abraham gesê toe hy in die land Kanaän gekom het?

  7. Watter belofte het God aan Abraham gemaak toe hy 99 jaar oud was?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 11:27-32.

    1. Hoe was Abraham en Lot familie van mekaar? (Gen. 11:27)

    2. Al lees ons dat Tera sy familie na Kanaän laat trek het, hoe weet ons dat dit eintlik Abraham was wat die leiding hierin geneem het, en hoekom het hy dit gedoen? (Gen. 11:31; Hand. 7:2-4)

  2. Lees Genesis 12:1-7.

    Hoe het Jehovah meer besonderhede oor die Abrahamitiese verbond gegee nadat Abraham in die land Kanaän gekom het? (Gen. 12:7)

  3. Lees Genesis 17:1-8, 15-17.

    1. Waarna is Abram se naam verander toe hy 99 jaar oud was, en hoekom? (Gen. 17:5)

    2. Watter toekomstige seëninge het Jehovah aan Sara belowe? (Gen. 17:15, 16)

  4. Lees Genesis 18:9-19.

    1. Watter verantwoordelikhede word in Genesis 18:19 vir vaders uiteengesit? (Deut. 6:6, 7; Ef. 6:4)

    2. Watter ondervinding van Sara wys dat ons niks vir Jehovah kan wegsteek nie? (Gen. 18:12, 15; Ps. 44:21)

Verhaal 14

God toets Abraham se geloof

  1. Wat het God aan Abraham belowe, en hoe het God sy belofte gehou?

  2. Hoe het God Abraham se geloof getoets, soos die prent wys?

  3. Wat het Abraham gedoen, al het hy nie die rede vir God se bevel verstaan nie?

  4. Wat het gebeur toe Abraham die mes uithaal om sy seun dood te maak?

  5. Hoe sterk was Abraham se geloof in God?

  6. Wat het God gegee sodat Abraham dit kon offer, en hoe?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 21:1-7.

    Hoekom het Abraham sy seun op die agtste dag besny? (Gen. 17:10-12; 21:4)

  2. Lees Genesis 22:1-18.

    Hoe het Isak gewys dat hy aan sy vader, Abraham, onderdanig was, en hoe het dit ’n toekomstige, meer betekenisvolle gebeurtenis voorafgeskadu? (Gen. 22:7-9; 1 Kor. 5:7; Fil. 2:8, 9)

Verhaal 15

Lot se vrou het omgekyk

  1. Hoekom het Abraham en Lot uitmekaar gegaan?

  2. Hoekom het Lot gekies om in Sodom te woon?

  3. Hoe was die mense van Sodom?

  4. Waarvan het twee engele vir Lot gewaarsku?

  5. Hoekom het Lot se vrou ’n soutpilaar geword?

  6. Watter les kan ons leer uit wat met Lot se vrou gebeur het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 13:5-13.

    Watter les kan ons by Abraham leer oor hoe probleme tussen mense opgelos moet word? (Gen. 13:8, 9; Rom. 12:10; Fil. 2:3, 4)

  2. Lees Genesis 18:20-33.

    Hoe gee Jehovah se handelinge met Abraham ons vertroue dat Jehovah en Jesus regverdig sal oordeel? (Gen. 18:25, 26; Matt. 25:31-33)

  3. Lees Genesis 19:1-29.

    1. Wat wys hierdie Bybelverslag oor God se beskouing van homoseksualiteit? (Gen. 19:5, 13; Lev. 20:13)

    2. Watter verskil sien ons in die manier waarop Lot en Abraham op God se instruksies gereageer het, en wat kan ons hieruit leer? (Gen. 19:15, 16, 19, 20; 22:3)

  4. Lees Lukas 17:28-32.

    Watter gesindheid het Lot se vrou teenoor materiële dinge gehad, en hoe is dit vir ons ’n waarskuwing? (Luk. 12:15; 17:31, 32; Matt. 6:19-21, 25)

  5. Lees 2 Petrus 2:6-8.

    In navolging van Lot, wat moet ons gesindheid wees teenoor die goddelose wêreld om ons? (Eseg. 9:4; 1 Joh. 2:15-17)

Verhaal 16

Isak kry ’n goeie vrou

  1. Wie is die man en die vrou in die prent?

  2. Wat het Abraham gedoen om vir sy seun ’n vrou te kry, en hoekom?

  3. Hoe is die gebed van Abraham se kneg verhoor?

  4. Wat het Rebekka gesê toe sy gevra is of sy met Isak wil trou?

  5. Wat het Isak weer gelukkig gemaak?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 24:1-67.

    1. Watter goeie eienskappe het Rebekka aan die dag gelê toe sy Abraham se kneg by die put ontmoet het? (Gen. 24:17-20; Spr. 31:17, 31)

    2. Watter goeie voorbeeld stel Abraham se reëling vir Isak vir Christene van vandag? (Gen. 24:37, 38; 1 Kor. 7:39; 2 Kor. 6:14)

    3. Hoekom moet ons, soos Isak, tyd maak vir bepeinsing? (Gen. 24:63; Ps. 77:12; Fil. 4:8)

Verhaal 17

’n Tweeling wat verskil het

  1. Wie was Esau en Jakob, en hoe het hulle van mekaar verskil?

  2. Hoe oud was Esau en Jakob toe hulle oupa Abraham doodgegaan het?

  3. Wat het Esau gedoen wat sy ma en pa baie hartseer gemaak het?

  4. Hoekom het Esau baie kwaad geword vir sy broer, Jakob?

  5. Wat het Isak vir sy seun Jakob gesê om te doen?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 25:5-11, 20-34.

    1. Wat het Jehovah oor Rebekka se twee seuns voorspel? (Gen. 25:23)

    2. Hoe het Jakob en Esau se gesindheid teenoor die geboortereg verskil? (Gen. 25:31-34)

  2. Lees Genesis 26:34, 35; 27:1-46 en 28:1-5.

    1. Waaraan kon Esau se gebrek aan waardering vir geestelike dinge gesien word? (Gen. 26:34, 35; 27:46)

    2. Wat het Isak gesê moes Jakob doen om deur God geseën te word? (Gen. 28:1-4)

  3. Lees Hebreërs 12:16, 17.

    Wat wys Esau se voorbeeld is die gevolg vir diegene wat heilige dinge verag?

Verhaal 18

Jakob gaan na Haran

  1. Wie is die jong vrou in die prent, en wat het Jakob vir haar gedoen?

  2. Wat was Jakob bereid om te doen om met Ragel te trou?

  3. Wat het Laban gedoen toe die tyd gekom het vir Jakob om met Ragel te trou?

  4. Wat het Jakob gesê sal hy doen om met Ragel te kan trou?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 29:1-30.

    1. Hoe het Jakob gewys dat hy eerbaar is, selfs nadat Laban hom gekul het, en wat kan ons hieruit leer? (Gen. 25:27; 29:26-28; Matt. 5:37)

    2. Hoe wys Jakob se voorbeeld wat die verskil is tussen liefde en verliefdheid? (Gen. 29:18, 20, 30; Hoogl. 8:6)

    3. Watter vier vroue het deel van Jakob se huis geword en later vir hom seuns gebaar? (Gen. 29:23, 24, 28, 29)

Verhaal 19

Jakob het ’n groot gesin

  1. Wat is die name van die ses seuns wat Jakob by sy eerste vrou, Lea, gehad het?

  2. Aan watter twee seuns van Jakob het Lea se slavin Silpa geboorte gegee?

  3. Wat is die name van die twee seuns van Jakob waaraan Ragel se slavin Bilha geboorte gegee het?

  4. Watter twee seuns het Ragel gehad, maar wat het gebeur toe die tweede seun gebore is?

  5. Hoeveel seuns het Jakob volgens die prent gehad, en wat het van hulle afgestam?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 29:32-35; 30:1-26 en 35:16-19.

    Soos gesien kan word in die geval van Jakob se 12 seuns, hoe het Hebreeuse seuns in die ou tyd dikwels hulle name gekry?

  2. Lees Genesis 37:35.

    Hoe weet ons dat Jakob meer as een dogter gehad het, hoewel net Dina in die Bybel genoem word? (Gen. 37:34, 35)

Verhaal 20

Dina kom in die moeilikheid

  1. Hoekom wou Abraham en Isak nie hê dat hulle kinders met mense van die land Kanaän moes trou nie?

  2. Het Jakob daarvan gehou dat sy dogter met Kanaänitiese meisies vriende gemaak het?

  3. Wie is die man wat in die prent na Dina kyk, en watter slegte ding het hy gedoen?

  4. Wat het Dina se broers Simeon en Levi gedoen toe hulle hoor wat gebeur het?

  5. Het Jakob saamgestem met wat Simeon en Levi gedoen het?

  6. Hoe het al die moeilikheid in die gesin begin?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 34:1-31.

    1. Was Dina se besoek aan die dogters van die land Kanaän ’n eenmalige gebeurtenis? Verduidelik (Gen. 34:1)

    2. Hoekom was Dina in ’n mate self daarvoor verantwoordelik dat sy haar maagdelikheid verloor het? (Gal. 6:7)

    3. Hoe kan jongmense vandag wys dat hulle die waarskuwende voorbeeld van Dina ter harte geneem het? (Spr. 13:20; 1 Kor. 15:33; 1 Joh. 5:19)

Verhaal 21

Josef se broers haat hom

  1. Hoekom was Josef se broers jaloers op hom, en wat het hulle gedoen?

  2. Wat wil Josef se broers met hom doen, maar wat sê Ruben?

  3. Wat gebeur wanneer Ismaelitiese handelaars daar verbykom?

  4. Wat doen Josef se broers om hulle pa te laat dink dat Josef dood is?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 37:1-35.

    1. Hoe kan Christene Josef se voorbeeld navolg deur oortreding in die gemeente aan te meld? (Gen. 37:2; Lev. 5:1; 1 Kor. 1:11)

    2. Wat het Josef se broers verraderlik teenoor hom laat optree? (Gen. 37:11, 18; Spr. 27:4; Jak. 3:14-16)

    3. Wat het Jakob gedoen wat ’n normale deel van droefheid is? (Gen. 37:35)

Verhaal 22

Josef in die tronk

  1. Hoe oud is Josef wanneer hy na Egipte toe geneem word, en wat gebeur wanneer hy daar kom?

  2. Hoekom word Josef in die tronk gegooi?

  3. Watter verantwoordelikheid kry Josef in die tronk?

  4. Wat doen Josef in die tronk vir Farao se skinker en bakker?

  5. Wat gebeur nadat die skinker uit die tronk vrygelaat word?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 39:1-23.

    Wat het Josef van Potifar se vrou laat wegvlug, aangesien daar in sy dag geen geskrewe wet van God was wat egbreuk veroordeel het nie? (Gen. 2:24; 20:3; 39:9)

  2. Lees Genesis 40:1-23.

    1. Beskryf kortliks die skinker se droom en die verklaring daarvan wat Jehovah vir Josef gegee het (Gen. 40:9-13)

    2. Wat het die bakker gedroom, en wat het dit beteken? (Gen. 40:16-19)

    3. Hoe het “die getroue en verstandige slaaf”-klas in ons dag Josef se gesindheid nagevolg? (Gen. 40:8; Ps. 36:9; Joh. 17:17; Hand. 17:2, 3)

    4. Hoe werp Genesis 40:20 lig op die Christelike beskouing van verjaarsdagvierings? (Pred. 7:1; Mark. 6:21-28)

Verhaal 23

Farao se drome

  1. Wat gebeur een nag met Farao?

  2. Hoekom onthou die skinker uiteindelik vir Josef?

  3. Watter twee drome het Farao, soos die prent wys?

  4. Wat sê Josef beteken die drome?

  5. Hoe word Josef die belangrikste man in Egipte, naas Farao?

  6. Hoekom kom Josef se broers na Egipte toe, en hoekom herken hulle hom nie?

  7. Watter droom onthou Josef, en wat help dit hom om te verstaan?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 41:1-57.

    1. Hoe het Josef die aandag op Jehovah gevestig, en op watter manier kan Christene vandag sy voorbeeld navolg? (Gen. 41:16, 25, 28; Matt. 5:16; 1 Pet. 2:12)

    2. Hoe beeld die sewe jare van oorvloed in Egipte wat deur die jare van hongersnood gevolg is, die kontras tussen die geestelike toestand van Jehovah se volk van vandag en dié van die Christendom goed uit? (Gen. 41:29, 30; Amos 8:11, 12)

  2. Lees Genesis 42:1-8 en 50:20.

    Is dit verkeerd vir aanbidders van Jehovah om voor ’n mens te buig uit eer en respek vir sy posisie as dit die gebruik in die land is? (Gen. 42:6)

Verhaal 24

Josef toets sy broers

  1. Hoekom beskuldig Josef sy broers daarvan dat hulle spioene is?

  2. Hoekom laat Jakob sy jongste seun, Benjamin, na Egipte toe gaan?

  3. Hoe kom Josef se silwerbeker in Benjamin se sak?

  4. Wat bied Juda aan om te doen sodat Benjamin vrygelaat kan word?

  5. Hoe het Josef se broers verander?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 42:9-38.

    Hoe is Josef se woorde in Genesis 42:18 ’n goeie herinnering vir diegene wat vandag verantwoordelikhede in Jehovah se organisasie het? (Neh. 5:15; 2 Kor. 7:1, 2)

  2. Lees Genesis 43:1-34.

    1. Waaraan kan ons sien dat Juda die woordvoerder vir sy broers geword het, al was Ruben die eersgeborene? (Gen. 43:3, 8, 9; 44:14, 18; 1 Kron. 5:2)

    2. Hoe het Josef sy broers klaarblyklik getoets, en hoekom? (Gen. 43:33, 34)

  3. Lees Genesis 44:1-34.

    1. As wat het Josef hom voorgedoen as deel van sy plan om sy identiteit vir sy broers weg te steek? (Gen. 44:5, 15; Lev. 19:26)

    2. Hoe het Josef se broers gewys dat die jaloerse gees wat hulle vroeër teenoor hulle broer gehad het, nou nie meer daar was nie? (Gen. 44:13, 33, 34)

Verhaal 25

Die gesin trek na Egipte

  1. Wat gebeur wanneer Josef vir sy broers vertel wie hy is?

  2. Wat verduidelik Josef vir sy broers?

  3. Wat sê Farao wanneer hy van Josef se broers hoor?

  4. Hoe groot was Jakob se gesin toe hulle na Egipte toe getrek het?

  5. Wat is Jakob se gesin later genoem, en hoekom?

Bykomende vrae:

  1. Lees Genesis 45:1-28.

    Hoe wys die Bybelverslag van Josef dat Jehovah kan meebring dat dinge wat bedoel is om sy knegte kwaad aan te doen, ’n goeie resultaat het? (Gen. 45:5-8; Jes. 8:10; Fil. 1:12-14)

  2. Lees Genesis 46:1-27.

    Watter versekering het Jehovah vir Jakob op pad na Egipte gegee? (Gen. 46:1-4, voetnoot in naslaanuitgawe)

Verhaal 26

Job is getrou aan God

  1. Wie was Job?

  2. Wat het Satan probeer doen, maar het hy dit reggekry?

  3. Wat het Jehovah vir Satan toestemming gegee om te doen, en hoekom?

  4. Hoekom het Job se vrou vir hom gesê: “Vervloek God en sterf”? (Sien die prent.)

  5. Hoe het Jehovah vir Job geseën, soos jy in die tweede prent kan sien, en hoekom?

  6. Watter seëninge sal ons kry as ons, soos Job, aan Jehovah getrou bly?

Bykomende vrae:

  1. Lees Job 1:1-22.

    Hoe kan Christene Job vandag navolg? (Job 1:1; Fil. 2:15; 2 Pet. 3:14)

  2. Lees Job 2:1-13.

    Op watter twee uiteenlopende maniere het Job en sy vrou op Satan se vervolging gereageer? (Job 2:9, 10; Spr. 19:3; Miga 7:7; Mal. 3:14)

  3. Lees Job 42:10-17.

    1. Watter ooreenkomste is daar tussen die beloning wat Job ontvang het vir ’n getroue lewenswandel en wat Jesus ontvang het? (Job 42:12; Fil. 2:9-11)

    2. Hoe word ons aangespoor deur die seëninge wat Job ontvang het omdat hy sy onkreukbaarheid teenoor God gehandhaaf het? (Job 42:10, 12; Heb. 6:10; Jak. 1:2-4, 12; 5:11)

Verhaal 27

’n Slegte koning in Egipte

  1. Wie is die man in die prent met die sweep, en wie slaan hy?

  2. Wat het met die Israeliete gebeur nadat Josef doodgegaan het?

  3. Hoekom het die Egiptenaars bang geword vir die Israeliete?

  4. Watter bevel het Farao vir die vroue gegee wat die Israelitiese vroue gehelp het wanneer hulle babas kry?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 1:6-22.

    1. Hoe het Jehovah begin om sy belofte aan Abraham na te kom? (Eks. 1:7; Gen. 12:2; Hand. 7:17)

    2. Hoe het die Hebreeuse vroedvroue respek getoon vir die heiligheid van lewe? (Eks. 1:17; Gen. 9:6)

    3. Hoe is die vroedvroue beloon vir hulle getrouheid aan Jehovah? (Eks. 1:20, 21; Spr. 19:17)

    4. Hoe het Satan probeer om Jehovah se voorneme met betrekking tot die beloofde Saad van Abraham in die wiele te ry? (Eks. 1:22; Matt. 2:16)

Verhaal 28

Hoe baba Moses gered is

  1. Wie is die baba in die prent, en wie se vinger hou hy vas?

  2. Wat het Moses se ma gedoen om te keer dat hy doodgemaak word?

  3. Wie is die meisietjie in die prent, en wat het sy gedoen?

  4. Wat het Mirjam voorgestel toe Farao se dogter die baba vind?

  5. Wat het die prinses vir Moses se ma gesê?

Bykomende vraag:

  1. Lees Eksodus 2:1-10.

    Watter geleentheid het Moses se ma gehad om Moses gedurende sy kleuterjare te leer, en watter voorbeeld stel dit vir ouers van vandag? (Eks. 2:9, 10; Deut. 6:6-9; Spr. 22:6; Ef. 6:4; 2 Tim. 3:15)

Verhaal 29

Hoekom Moses gevlug het

  1. Waar het Moses grootgeword, maar wat het hy van sy ouers geweet?

  2. Wat het Moses gedoen toe hy 40 jaar oud was?

  3. Wat het Moses vir ’n Israelitiese man gesê wat baklei het, en hoe het die man hom geantwoord?

  4. Hoekom het Moses uit Egipte gevlug?

  5. Waar het Moses heen gevlug, en wie het hy daar ontmoet?

  6. Wat het Moses gedoen gedurende die 40 jaar nadat hy uit Egipte gevlug het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 2:11-25.

    Hoe het Moses sy lojaliteit teenoor Jehovah en teenoor sy volk getoon, ten spyte van jare van opleiding in die wysheid van die Egiptenaars? (Eks. 2:11, 12; Heb. 11:24)

  2. Lees Handelinge 7:22-29.

    Watter les kan ons leer uit Moses se poging om Israel op sy eie uit slawerny in Egipte te bevry? (Hand. 7:23-25; 1 Pet. 5:6, 10)

Verhaal 30

’n Bos wat brand

  1. Wat is die naam van die berg in die prent?

  2. Beskryf die buitengewone ding wat Moses gesien het toe hy met sy skape na die berg toe gegaan het.

  3. Wat het ’n stem uit die brandende bos gesê, en wie se stem was dit?

  4. Hoe het Moses geantwoord toe God vir hom sê dat hy God se volk uit Egipte sal lei?

  5. Wat het God vir Moses gesê om te sê as die mense vra wie hom gestuur het?

  6. Hoe sou Moses kon bewys dat God hom gestuur het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 3:1-22.

    Hoe gee Moses se ondervinding vir ons vertroue dat Jehovah ons sal ondersteun, selfs al voel ons onbevoeg om ’n teokratiese toewysing uit te voer? (Eks. 3:11, 13; 2 Kor. 3:5, 6)

  2. Lees Eksodus 4:1-20.

    1. Hoe het Moses se gesindheid verander gedurende die 40 jaar wat hy in Midian deurgebring het, en watter les kan diegene wat na gemeentelike voorregte streef, hieruit leer? (Eks. 2:11, 12; 4:10, 13; Miga 6:8; 1 Tim. 3:1, 6, 10)

    2. Al dissiplineer Jehovah ons deur sy organisasie, watter vertroue kan Moses se voorbeeld ons gee? (Eks. 4:12-14; Ps. 103:14; Heb. 12:4-11)

Verhaal 31

Moses en Aäron by Farao

  1. Wat het die Israeliete geglo toe hulle die wonderwerke sien wat Moses en Aäron gedoen het?

  2. Wat het Moses en Aäron vir Farao gesê, en wat was Farao se antwoord?

  3. Wat wys die prent het gebeur toe Aäron sy stok neergegooi het?

  4. Hoe het Jehovah vir Farao ’n les geleer, en hoe het Farao daarop gereageer?

  5. Wat het ná die tiende plaag gebeur?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 4:27-31 en 5:1-23.

    Wat het Farao bedoel toe hy gesê het: “Ek ken Jehovah glad nie”? (Eks. 5:2; 1 Sam. 2:12; Rom. 1:21)

  2. Lees Eksodus 6:1-13, 26-30.

    1. In watter sin het Jehovah hom nie aan Abraham, Isak en Jakob bekend gemaak nie? (Eks. 3:13, 14; 6:3; Gen. 12:8)

    2. Hoe laat dit ons voel om te weet dat Jehovah Moses nog steeds gebruik het, al het Moses onbekwaam gevoel vir die taak wat hy gegee is? (Eks. 6:12, 30; Luk. 21:13-15)

  3. Lees Eksodus 7:1-13.

    1. Watter voorbeeld het Moses en Aäron vir God se knegte van vandag gestel toe hulle Jehovah se oordele moedig aan Farao oorgedra het? (Eks. 7:2, 3, 6; Hand. 4:29-31)

    2. Hoe het Jehovah sy oppergesag ten opsigte van die gode van Egipte getoon? (Eks. 7:12; 1 Kron. 29:12)

Verhaal 32

Die tien plae

  1. Gebruik die prente hier en beskryf die eerste drie plae wat Jehovah oor Egipte gebring het.

  2. Wat was die verskil tussen die eerste drie plae en die res van die plae?

  3. Wat was die vierde, vyfde en sesde plaag?

  4. Beskryf die sewende, agtste en negende plaag.

  5. Wat het Jehovah vir die Israeliete gesê om voor die tiende plaag te doen?

  6. Wat was die tiende plaag, en wat het daarna gebeur?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 7:19–8:23.

    1. Al kon Egipte se towerpriesters Jehovah se eerste twee plae nadoen, wat moes hulle ná die derde plaag erken? (Eks. 8:18, 19; Matt. 12:24-28)

    2. Hoe het die vierde plaag gewys dat Jehovah die vermoë het om sy volk te beskerm, en hoe laat hierdie wete God se volk voel noudat hulle voor die voorspelde “groot verdrukking” staan? (Eks. 8:22, 23; Op. 7:13, 14; 2 Kron. 16:9)

  2. Lees Eksodus 8:24; 9:3, 6, 10, 11, 14, 16, 23-25 en 10:13-15, 21-23.

    1. Watter twee groepe is deur die Tien Plae aan die kaak gestel, en hoe raak dit vandag ons beskouing van hierdie groepe? (Eks. 8:10, 18, 19; 9:14)

    2. Hoe help Eksodus 9:16 ons om te verstaan hoekom Jehovah toegelaat het dat Satan tot nou toe bestaan? (Rom. 9:21, 22)

  3. Lees Eksodus 12:21-32.

    Hoe het die Pasga redding vir baie moontlik gemaak, en waarna het die Pasga vooruitgewys? (Eks. 12:21-23; Joh. 1:29; Rom. 5:18, 19, 21; 1 Kor. 5:7)

Verhaal 33

Deur die Rooi See

  1. Hoeveel Israelitiese mans het, saam met vroue en kinders, uit Egipte uitgetrek, en wie het saam met hulle getrek?

  2. Hoe het Farao gevoel nadat hy die Israeliete laat gaan het, en wat het hy gedoen?

  3. Wat het Jehovah gedoen om te keer dat die Egiptenaars sy volk aanval?

  4. Wat het gebeur toe Moses sy stok oor die Rooi See uitgesteek het, en wat het die Israeliete gedoen?

  5. Wat het gebeur toe die Egiptenaars die see ingestorm het agter die Israeliete aan?

  6. Hoe het die Israeliete gewys dat hulle bly en dankbaar teenoor Jehovah was omdat hulle gered is?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 12:33-36.

    Hoe het Jehovah gesorg dat sy volk vergoed is vir al hulle jare van slawerny aan die Egiptenaars? (Eks. 3:21, 22; 12:35, 36)

  2. Lees Eksodus 14:1-31.

    Watter uitwerking het Moses se woorde in Eksodus 14:13, 14 op Jehovah se knegte van vandag wat voor die naderende slag van Armageddon staan? (2 Kron. 20:17; Ps. 91:8)

  3. Lees Eksodus 15:1-8, 20, 21.

    1. Hoekom moet Jehovah se knegte lofliedere aan hom sing? (Eks. 15:1, 2; Ps. 105:2, 3; Op. 15:3, 4)

    2. Watter voorbeeld om Jehovah te loof, het Mirjam en die vroue by die Rooi See vir Christenvroue van vandag gestel? (Eks. 15:20, 21; Ps. 68:11)

Verhaal 34

’n Nuwe soort kos

  1. Wat tel die mense in die prent van die grond af op, en wat word dit genoem?

  2. Wat sê Moses vir die volk oor hoeveel manna hulle mag optel?

  3. Wat sê Jehovah moet die volk op die sesde dag doen, en hoekom?

  4. Watter wonderwerk doen Jehovah wanneer die manna tot die sewende dag oorgehou word?

  5. Hoe lank gee Jehovah vir die volk manna om te eet?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 16:1-36 en Numeri 11:7-9.

    1. Wat wys Eksodus 16:8 oor hoe belangrik dit is dat ons teokratiese aanstellings in die Christengemeente respekteer? (Heb. 13:17)

    2. Hoe is die Israeliete in die wildernis daagliks daaraan herinner dat hulle van Jehovah afhanklik is? (Eks. 16:14-16, 35; Deut. 8:2, 3)

    3. Watter simboliese betekenis het Jesus aan die manna geheg, en hoe vind ons baat by hierdie “brood uit die hemel”? (Joh. 6:31-35, 40)

  2. Lees Josua 5:10-12.

    Hoeveel jare het die Israeliete manna geëet, hoe is hulle daardeur getoets, en wat kan ons uit hierdie verslag leer? (Eks. 16:35; Num. 11:4-6; 1 Kor. 10:10, 11)

Verhaal 35

Jehovah gee sy wette

  1. Waar slaan die Israeliete kamp op omtrent twee maande nadat hulle uit Egipte weggegaan het?

  2. Wat sê Jehovah wil hy hê moet die volk doen, en wat is hulle antwoord?

  3. Hoekom gee Jehovah vir Moses twee plat klippe?

  4. Watter ander wette, behalwe die Tien Gebooie, het Jehovah vir die Israeliete gegee?

  5. Watter twee wette het Jesus Christus gesê is die grootste?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 19:1-25; 20:1-21; 24:12-18 en 31:18.

    Hoe help die woorde wat in Eksodus 19:8 opgeteken staan, ons om te verstaan wat betrokke is by Christelike toewyding? (Matt. 16:24; 1 Pet. 4:1-3)

  2. Lees Deuteronomium 6:4-6; Levitikus 19:18 en Matteus 22:36-40.

    Hoe toon Christene hulle liefde vir God en hulle naaste? (Mark. 6:34; Hand. 4:20; Rom. 15:2)

Verhaal 36

Die goue kalf

  1. Wat doen die mense in die prent, en hoekom?

  2. Hoekom is Jehovah kwaad, en wat doen Moses wanneer hy sien wat die mense doen?

  3. Wat sê Moses vir party van die mans om te doen?

  4. Watter les moet hierdie verhaal ons leer?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 32:1-35.

    1. Hoe wys hierdie verslag wat Jehovah se gesindheid is teenoor die vermenging van valse godsdiens met ware aanbidding? (Eks. 32:4-6, 10; 1 Kor. 10:7, 11)

    2. Waarvoor moet Christene versigtig wees in die vermaak wat hulle kies, soos sing en dans? (Eks. 32:18, 19; Ef. 5:15, 16; 1 Joh. 2:15-17)

    3. Hoe het die stam Levi ’n uitstekende voorbeeld gestel in die ondersteuning van regverdigheid? (Eks. 32:25-28; Ps. 18:25)

Verhaal 37

’n Tent vir aanbidding

  1. Wat word die gebou in die prent genoem, en waarvoor word dit gebruik?

  2. Hoekom het Jehovah vir Moses gesê om die tent te maak sodat dit maklik uitmekaargehaal kon word?

  3. Wat is die kis in die kleiner kamer aan die end van die tent, en wat is daarin?

  4. Wie kies Jehovah om hoëpriester te wees, en wat doen die hoëpriester?

  5. Noem die drie dinge in die groter kamer van die tent.

  6. Watter twee dinge is in die werf rondom die tabernakel, en waarvoor word dit gebruik?

Bykomende vrae:

  1. Lees Eksodus 25:8-40; 26:1-37; 27:1-8 en 28:1.

    Wat het die gerubs op “die ark van die getuienis” voorgestel? (Eks. 25:20, 22; Num. 7:89; 2 Kon. 19:15)

  2. Lees Eksodus 30:1-10, 17-21; 34:1, 2 en Hebreërs 9:1-5.

    1. Hoekom het Jehovah beklemtoon hoe belangrik dit was dat die priesters wat by die tabernakel dien, liggaamlik skoon moet bly, en watter uitwerking moet dit vandag op ons hê? (Eks. 30:18-21; 40:30, 31; Heb. 10:22)

    2. Hoe wys die apostel Paulus dat die tabernakel en die Wetsverbond verouderd was teen die tyd dat hy sy brief aan Hebreeuse Christene geskryf het? (Heb. 9:1, 9; 10:1)

Verhaal 38

Die 12 spioene

  1. Wat let jy op omtrent die tros druiwe in die prent, en waar het dit vandaan gekom?

  2. Hoekom stuur Moses 12 spioene na die land Kanaän?

  3. Wat sê tien spioene wanneer hulle na Moses toe terugkom?

  4. Hoe wys twee spioene dat hulle op Jehovah vertrou, en wat is hulle name?

  5. Hoekom is Jehovah kwaad, en wat sê hy vir Moses?

Bykomende vrae:

  1. Lees Numeri 13:1-33.

    1. Wie is gekies om die land te verken, en watter wonderlike geleentheid het hulle gehad? (Num. 13:2, 3, 18-20)

    2. Hoekom was Josua en Kaleb se beskouing anders as dié van die ander spioene, en wat leer dit ons? (Num. 13:28-30; Matt. 17:20; 2 Kor. 5:7)

  2. Lees Numeri 14:1-38.

    1. Op watter waarskuwing oor murmurering teen Jehovah se aardse verteenwoordigers moet ons ag slaan? (Num. 14:2, 3, 27; Matt. 25:40, 45; 1 Kor. 10:10)

    2. Hoe wys Numeri 14:24 dat Jehovah persoonlik in elkeen van sy knegte belangstel? (1 Kon. 19:18; Spr. 15:3)

Verhaal 39

Aäron se staf kry blomme

  1. Wie kom in opstand teen die gesag van Moses en Aäron, en wat sê hulle vir Moses?

  2. Wat sê Moses moet Korag en sy 250 volgelinge doen?

  3. Wat sê Moses vir die volk, en wat gebeur sodra hy ophou praat?

  4. Wat gebeur met Korag en sy 250 volgelinge?

  5. Wat doen Eleasar, Aäron se seun, met die dooie mans se vuurbakke, en hoekom?

  6. Hoekom laat Jehovah Aäron se staf blomme kry? (Sien die prent.)

Bykomende vrae:

  1. Lees Numeri 16:1-49.

    1. Wat het Korag en sy volgelinge gedoen, en hoekom was dit ’n daad van opstandigheid teen Jehovah? (Num. 16:9, 10, 18; Lev. 10:1, 2; Spr. 11:2)

    2. Watter verkeerde beskouing het Korag en die 250 “owerstes van die vergadering” aangekweek? (Num. 16:1-3; Spr. 15:33; Jes. 49:7)

  2. Lees Numbers 17:1-11 and 26:10.

    1. Wat het die feit dat Aäron se staf blomme gekry het, gewys, en hoekom het Jehovah gesê dat dit in die ark gehou moet word? (Num. 17:5, 8, 10)

    2. Watter lewensbelangrike les kan ons uit die teken van Aäron se staf leer? (Num. 17:10; Hand. 20:28; Fil. 2:14; Heb. 13:17)

Verhaal 40

Moses slaan die rots

  1. Hoe sorg Jehovah vir die Israeliete terwyl hulle in die wildernis is?

  2. Waaroor kla die Israeliete wanneer hulle by Kades kamp opslaan?

  3. Hoe voorsien Jehovah water vir die volk en hulle diere?

  4. Wie is die man in die prent wat na homself wys, en hoekom doen hy dit?

  5. Hoekom is Jehovah kwaad vir Moses en Aäron, en hoe word hulle gestraf?

  6. Wat gebeur by die berg Hor, en wie word Israel se hoëpriester?

Bykomende vrae:

  1. Lees Numeri 20:1-13, 22-29 en Deuteronomium 29:5.

    1. Wat leer ons uit die manier waarop Jehovah in die wildernis vir die Israeliete gesorg het? (Deut. 29:5; Matt. 6:31; Heb. 13:5; Jak. 1:17)

    2. Hoe het Jehovah dit beskou dat Moses en Aäron hom nie voor Israel geheilig het nie? (Num. 20:12; 1 Kor. 10:12; Op. 4:11)

    3. Wat kan ons leer uit die manier waarop Moses gereageer het op die dissipline wat hy van Jehovah gekry het? (Num. 12:3; 20:12, 27, 28; Deut. 32:4; Heb. 12:7-11)

Verhaal 41

Die koperslang

  1. Wat is in die prent om die paal gedraai, en hoekom het Jehovah vir Moses gesê om dit daar te sit?

  2. Hoe is die mense ondankbaar vir alles wat God vir hulle gedoen het?

  3. Wat vra die volk vir Moses om te doen nadat Jehovah giftige slange gestuur het om hulle te straf?

  4. Hoekom sê Jehovah vir Moses om ’n koperslang te maak?

  5. Watter les kan ons uit hierdie verhaal leer?

Bykomende vrae:

  1. Lees Numeri 21:4-9.

    1. Hoe is Israel se klagtes oor Jehovah se voorsienings vir ons ’n waarskuwing? (Num. 21:5, 6; Rom. 2:4)

    2. Hoe het die Israeliete in latere eeue die koperslang gebruik, en wat het koning Hiskia daaromtrent gedoen? (Num. 21:9; 2 Kon. 18:1-4)

  2. Lees Johannes 3:14, 15.

    Hoe was die feit dat die koperslang op ’n paal gesit is, ’n duidelike voorafskaduwing van die feit dat Jesus Christus aan ’n paal gehang is? (Gal. 3:13; 1 Pet. 2:24)

Verhaal 42

’n Donkie praat

  1. Wie is Balak, en hoekom laat hy Bileam haal?

  2. Hoekom gaan lê Bileam se donkie in die pad?

  3. Wat sê die donkie vir Bileam?

  4. Wat sê ’n engel vir Bileam?

  5. Wat gebeur wanneer Bileam probeer om Israel te vervloek?

Bykomende vrae:

  1. Lees Numeri 21:21-35.

    Hoekom het Israel koning Sihon van die Amoriete en koning Og van Basan verslaan? (Num. 21:21, 23, 33, 34)

  2. Lees Numeri 22:1-40.

    Wat was Bileam se beweegrede toe hy Israel probeer vervloek het, en watter lesse kan ons hieruit leer? (Num. 22:16, 17; Spr. 6:16, 18; 2 Pet. 2:15; Jud. 11)

  3. Lees Numeri 23:1-30.

    Hoewel Bileam gepraat het asof hy ’n aanbidder van Jehovah was, hoe het sy dade die teendeel bewys? (Num. 23:3, 11-14; 1 Sam. 15:22)

  4. Lees Numeri 24:1-25.

    Hoe versterk hierdie Bybelverslag ons geloof in die verwesenliking van Jehovah se voorneme? (Num. 24:10; Jes. 54:17)

Verhaal 43

Josua word leier

  1. Wie is die twee mans in die prent wat by Moses staan?

  2. Wat sê Jehovah vir Josua?

  3. Hoekom klim Moses tot bo-op die berg Nebo, en wat sê Jehovah vir hom?

  4. Hoe oud is Moses wanneer hy doodgaan?

  5. Hoekom is die volk hartseer, maar watter rede het hulle om bly te wees?

Bykomende vrae:

  1. Lees Numeri 27:12-23.

    Watter belangrike toewysing het Josua van Jehovah ontvang, en hoe word Jehovah se sorg vir Sy volk vandag getoon? (Num. 27:15-19; Hand. 20:28; Heb. 13:7)

  2. Lees Deuteronomium 3:23-29.

    Hoekom het Jehovah Moses en Aäron nie toegelaat om die Beloofde Land in te gaan nie, en watter les kan ons hieruit leer? (Deut. 3:25-27; Num. 20:12, 13)

  3. Lees Deuteronomium 31:1-8, 14-23.

    Hoe toon Moses se afskeidswoorde aan Israel dat hy die dissipline van Jehovah nederig aanvaar het? (Deut. 31:6-8, 23)

  4. Lees Deuteronomium 32:45-52.

    Hoe behoort God se Woord ons lewe te raak? (Deut. 32:47; Lev. 18:5; Heb. 4:12)

  5. Lees Deuteronomium 34:1-12.

    Hoewel Moses Jehovah nooit letterlik gesien het nie, wat toon Deuteronomium 34:10 oor sy verhouding met Jehovah? (Eks. 33:11, 20; Num. 12:8)

Verhaal 44

Ragab help die spioene

  1. Waar woon Ragab?

  2. Wie is die twee mans in die prent, en hoekom is hulle in Jerigo?

  3. Wat beveel die koning van Jerigo vir Ragab om te doen, en hoe antwoord sy?

  4. Hoe help Ragab die twee mans, en watter guns vra sy hulle?

  5. Wat belowe die twee spioene vir Ragab?

Bykomende vrae:

  1. Lees Josua 2:1-24.

    Hoe is Jehovah se belofte in Eksodus 23:28 vervul toe die Israeliete teen Jerigo opgetrek het? (Jos. 2:9-11)

  2. Lees Hebreërs 11:31.

    Hoe beklemtoon Ragab se voorbeeld die belangrikheid van geloof? (Rom. 1:17; Heb. 10:39; Jak. 2:25)

Verhaal 45

Deur die Jordaanrivier

  1. Watter wonderwerk doen Jehovah sodat die Israeliete deur die Jordaanrivier kan trek?

  2. Watter daad van geloof moet die Israeliete doen om deur die Jordaanrivier te trek?

  3. Hoekom sê Jehovah vir Josua om 12 groot klippe uit die rivierbedding op te tel?

  4. Wat gebeur sodra die priesters uit die Jordaan opklim?

Bykomende vrae:

  1. Lees Josua 3:1-17.

    1. Soos in hierdie verslag toegelig word, wat moet ons doen om Jehovah se hulp en seën te ontvang? (Jos. 3:13, 15; Spr. 3:5; Jak. 2:22, 26)

    2. Wat was die toestand van die Jordaanrivier toe die Israeliete daardeur getrek het om in die Beloofde Land in te gaan, en hoe het dit Jehovah se naam verheerlik? (Jos. 3:15; 4:18; Ps. 66:5-7)

  2. Lees Josua 4:1-18.

    Watter doel het die 12 klippe gedien wat uit die Jordaan geneem en by Gilgal opgerig is? (Jos. 4:4-7)

Verhaal 46

Die mure van Jerigo

  1. Wat sê Jehovah vir die soldate en die priesters om ses dae lank te doen?

  2. Wat moet die mans op die sewende dag doen?

  3. Wat gebeur in die prent met die mure van Jerigo?

  4. Hoekom is daar ’n rooi tou wat by die venster uithang?

  5. Wat sê Josua vir die soldate om met die mense en die stad te doen, maar wat van die silwer, goud, koper en yster?

  6. Wat moet die twee spioene gaan doen?

Bykomende vrae:

  1. Lees Josua 6:1-25.

    1. Hoe stem die manier waarop die Israeliete op die sewende dag om Jerigo getrek het, ooreen met die manier waarop Jehovah se Getuies in hierdie laaste dae hulle predikingswerk doen? (Jos. 6:15, 16; Jes. 60:22; Matt. 24:14; 1 Kor. 9:16)

    2. Hoe is die profesie in Josua 6:26 sowat 500 jaar later vervul, en wat leer dit ons van Jehovah se woord? (1 Kon. 16:34; Jes. 55:11)

Verhaal 47

’n Dief in Israel

  1. Wie is die man in die prent wat waardevolle goed begrawe wat uit Jerigo gevat is, en wie help hom?

  2. Hoekom is die ding wat Agan en sy gesin gedoen het, so ernstig?

  3. Wat sê Jehovah wanneer Josua hom vra hoekom die Israeliete in die geveg by Ai verslaan is?

  4. Wat gebeur met Agan en sy gesin nadat hulle na Josua gebring is?

  5. Watter belangrike les leer die oordeel oor Agan ons?

Bykomende vrae:

  1. Lees Josua 7:1-26.

    1. Wat het Josua se gebede geopenbaar omtrent sy verhouding met sy Skepper? (Jos. 7:7-9; Ps. 119:145; 1 Joh. 5:14)

    2. Wat toon die voorbeeld van Agan, en hoe is dit vir ons ’n waarskuwing? (Jos. 7:11, 14, 15; Spr. 15:3; 1 Tim. 5:24; Heb. 4:13)

  2. Lees Josua 8:1-29.

    Watter persoonlike verantwoordelikheid het ons vandag teenoor die Christengemeente? (Jos. 7:13; Lev. 5:1; Spr. 28:13)

Verhaal 48

Die wyse Gibeoniete

  1. Hoe is die mense van Gibeon anders as die Kanaäniete in stede daar naby?

  2. Wat doen die Gibeoniete, soos die prent wys, en hoekom?

  3. Wat belowe Josua en die Israelitiese leiers vir die Gibeoniete, maar wat vind hulle drie dae later uit?

  4. Wat gebeur wanneer konings in ander stede hoor dat die Gibeoniete vrede gemaak het met Israel?

Bykomende vrae:

  1. Lees Josua 9:1-27.

    1. Watter eienskappe word beklemtoon deur die feit dat Jehovah die Gibeoniete gespaar het, al het hy die nasie Israel beveel ‘om al die inwoners van die land te verdelg’? (Jos. 9:22, 24; Matt. 9:13; Hand. 10:34, 35; 2 Pet. 3:9)

    2. Hoe het Josua ’n goeie voorbeeld vir Christene van vandag gestel deurdat hy getrou gebly het aan die verbond wat hy met die Gibeoniete gesluit het? (Jos. 9:18, 19; Matt. 5:37; Ef. 4:25)

  2. Lees Josua 10:1-5.

    Hoe volg die groot menigte vandag die Gibeoniete na, en waarvoor word hulle gevolglik teikens? (Jos. 10:4; Sag. 8:23; Matt. 25:35-40; Op. 12:17)

Verhaal 49

Die son staan stil

  1. Wat sê Josua in die prent, en hoekom?

  2. Hoe help Jehovah vir Josua en sy soldate?

  3. Hoeveel vyandige konings verslaan Josua, en hoe lank neem dit?

  4. Hoekom verdeel Josua die land Kanaän?

  5. Hoe oud is Josua wanneer hy doodgaan, en wat gebeur daarna met die volk?

Bykomende vrae:

  1. Lees Josua 10:6-15.

    Watter vertroue gee dit ons vandag om te weet dat Jehovah die son en die maan vir Israel laat stilstaan het? (Jos. 10:8, 10, 12, 13; Ps. 18:3; Spr. 18:10)

  2. Lees Josua 12:7-24.

    Wie was eintlik daarvoor verantwoordelik dat die 31 konings in Kanaän verslaan is, en hoekom is dit vandag vir ons belangrik? (Jos. 12:7; 24:11-13; Deut. 31:8; Luk. 21:9, 25-28)

  3. Lees Josua 14:1-5.

    Hoe is die land tussen die stamme van Israel verdeel, en wat toon dit oor erfdele in die Paradys? (Jos. 14:2; Jes. 65:21; Eseg. 47:21-23; 1 Kor. 14:33)

  4. Lees Rigters 2:8-13.

    Wie tree vandag, soos Josua in Israel, as ’n teëhouer teen afvalligheid op? (Rigt. 2:8, 10, 11; Matt. 24:45-47; 2 Tess. 2:3-6; Tit. 1:7-9; Op. 1:1; 2:1, 2)

Verhaal 50

Twee dapper vroue

  1. Wie is die rigters, en wat is die name van party van hulle?

  2. Watter spesiale voorreg het Debora, en wat sluit dit in?

  3. Watter boodskap van Jehovah dra Debora aan rigter Barak oor wanneer koning Jabin en Sisera, die hoof van sy leër, Israel bedreig, en wie sê sy sal die eer kry?

  4. Hoe wys Jael dat sy ’n dapper vrou is?

  5. Wat gebeur ná koning Jabin se dood?

Bykomende vrae:

  1. Lees Rigters 2:14-22.

    Hoe het die Israeliete Jehovah se toorn oor hulleself gebring, en watter les kan ons hieruit leer? (Rigt. 2:20; Spr. 3:1, 2; Eseg. 18:21-23)

  2. Lees Rigters 4:1-24.

    Watter lesse oor geloof en moed kan Christenvroue van vandag uit die voorbeelde van Debora en Jael leer? (Rigt. 4:4, 8, 9, 14, 21, 22; Spr. 31:30; 1 Kor. 16:13)

  3. Lees Rigters 5:1-31.

    Hoe kan die oorwinningslied van Barak en Debora toegepas word as ’n gebed oor die naderende oorlog by Har–Magedon? (Rigt. 5:3, 31; 1 Kron. 16:8-10; Op. 7:9, 10; 16:16; 19:19-21)

Verhaal 51

Rut en Naomi

  1. Hoekom is Naomi in die land Moab?

  2. Wie is Rut en Orpa?

  3. Hoe reageer Rut en Orpa wanneer Naomi vir hulle sê om na hulle volk toe terug te gaan?

  4. Wie is Boas, en hoe help hy vir Rut en Naomi?

  5. Wat is die naam van die kind wat vir Boas en Rut gebore word, en hoekom moet ons hom onthou?

Bykomende vrae:

  1. Lees Rut 1:1-17.

    1. Met watter pragtige woorde betuig Rut haar lojale liefde? (Rut 1:16, 17)

    2. Hoe toon Rut se gesindheid duidelik wat die gesindheid is van die “ander skape” teenoor die gesalfdes wat vandag op aarde is? (Joh. 10:16; Sag. 8:23)

  2. Lees Rut 2:1-23.

    Hoe is Rut ’n goeie voorbeeld vir jong vroue van vandag? (Rut 2:17, 18; Spr. 23:22; 31:15)

  3. Lees Rut 3:5-13.

    1. Hoe het Boas Rut se gewilligheid beskou om met hom te trou eerder as met ’n jong man?

    2. Wat leer Rut se gesindheid ons oor lojale liefde? (Rut 3:10; 1 Kor. 13:4, 5)

  4. Lees Rut 4:7-17.

    Hoe kan Christenmans vandag soos Boas wees? (Rut 4:9, 10; 1 Tim. 3:1, 12, 13; 5:8)

Verhaal 52

Gideon en sy 300 manne

  1. In watter groot moeilikheid is die Israeliete, en hoekom?

  2. Hoekom sê Jehovah vir Gideon dat hy te veel mans in sy leër het?

  3. Hoeveel mans bly oor nadat Gideon vir die mans wat bang is, sê om huis toe te gaan?

  4. Gebruik die prent en verduidelik hoe Jehovah die aantal mans in Gideon se leër minder maak totdat daar net 300 mans is.

  5. Hoe organiseer Gideon sy 300 manne, en hoe wen Israel die geveg?

Bykomende vrae:

  1. Lees Rigters 6:36-40.

    1. Hoe het Gideon seker gemaak wat Jehovah se wil is?

    2. Hoe vind ons vandag uit wat Jehovah se wil is? (Spr. 2:3-6; Matt. 7:7-11; 2 Tim. 3:16, 17)

  2. Lees Rigters 7:1-25.

    1. Watter les kan ons leer by die 300 wat op hulle hoede gebly het in teenstelling met dié wat onverskillig was? (Rigt. 7:3, 6; Rom. 13:11, 12; Ef. 5:15-17)

    2. Net soos die 300 geleer het deur Gideon dop te hou, hoe leer ons deur die Grotere Gideon, Jesus Christus, dop te hou? (Rigt. 7:17; Matt. 11:29, 30; 28:19, 20; 1 Pet. 2:21)

    3. Hoe help Rigters 7:21 ons om tevrede te wees ongeag waar ons in Jehovah se organisasie dien? (1 Kor. 4:2; 12:14-18; Jak. 4:10)

  3. Lees Rigters 8:1-3.

    Wanneer ons persoonlike verskille met ’n broer of suster moet hanteer, wat kan ons leer uit die manier waarop Gideon die geskil met die Efraimiete opgelos het? (Spr. 15:1; Matt. 5:23, 24; Luk. 9:48)

Verhaal 53

Jefta se belofte

  1. Wie is Jefta, en in watter tyd het hy gelewe?

  2. Wat belowe Jefta vir Jehovah?

  3. Hoekom word Jefta hartseer wanneer hy by die huis kom ná die oorwinning oor die Ammoniete?

  4. Wat sê Jefta se dogter wanneer sy van haar pa se belofte hoor?

  5. Hoekom is die volk lief vir Jefta se dogter?

Bykomende vrae:

  1. Lees Rigters 10:6-18.

    Watter waarskuwing hou Israel se rekord van ontrouheid aan Jehovah vir ons in? (Rigt. 10:6, 15, 16; Rom. 15:4; Op. 2:10)

  2. Lees Rigters 11:1-11, 29-40.

    1. Hoe weet ons dat Jefta nie sy dogter as “’n brandoffer” gegee het deur haar as ’n menseoffer met vuur te verbrand nie? (Rigt. 11:31; Lev. 16:24; Deut. 18:10, 12)

    2. In watter sin het Jefta sy dogter as ’n offer gebring?

    3. Wat kan ons leer uit Jefta se gesindheid teenoor sy gelofte aan Jehovah? (Rigt. 11:35, 39; Pred. 5:4, 5; Matt. 16:24)

    4. Hoe is Jefta se dogter ’n goeie voorbeeld vir jong Christene wat ’n loopbaan in die voltydse diens betref? (Rigt. 11:36; Matt. 6:33; Fil. 3:8)

Verhaal 54

Die sterkste man

  1. Wat is die naam van die sterkste man wat nog ooit gelewe het, en wie het vir hom sy krag gegee?

  2. Wat doen Simson eenkeer met ’n groot leeu, soos jy in die prent kan sien?

  3. Watter geheim vertel Simson vir Delila in die prent, en hoe help dit die Filistyne om hom gevange te neem?

  4. Hoe veroorsaak Simson die dood van 3 000 vyandige Filistyne op die dag dat hy doodgaan?

Bykomende vrae:

  1. Lees Rigters 13:1-14.

    Hoe voorsien Manoag en sy vrou ’n goeie voorbeeld vir ouers oor hoe hulle hulle kinders moet grootmaak? (Rigt. 13:8; Ps. 127:3; Ef. 6:4)

  2. Lees Rigters 14:5-9 en 15:9-16.

    1. Wat toon die verslae oor Simson wat die leeu doodgemaak het, wat nuwe toue gebreek het waarmee hy gebind is en wat ’n eselskakebeen gebruik het om 1 000 mans dood te maak, oor die werking van Jehovah se heilige gees?

    2. Hoe help die heilige gees ons vandag? (Rigt. 14:6; 15:14; Sag. 4:6; Hand. 4:31)

  3. Lees Rigters 16:18-31.

    Watter gevolge het slegte omgang vir Simson gehad, en wat kan ons hieruit leer? (Rigt. 16:18, 19; 1 Kor. 15:33)

Verhaal 55

’n Seuntjie dien God

  1. Wat is die naam van die seuntjie in die prent, en wie is die ander mense?

  2. Wat bid Hanna eendag toe sy by Jehovah se tabernakel is, en hoe verhoor Jehovah haar gebed?

  3. Hoe oud is Samuel wanneer hy geneem word om by Jehovah se tent te dien, en wat doen sy ma elke jaar vir hom?

  4. Wat is die name van Eli se seuns, en watter soort mense is hulle?

  5. Hoe roep Jehovah vir Samuel, en watter boodskap gee Hy vir hom?

  6. Wat word Samuel wanneer hy grootword, en wat gebeur wanneer hy oud word?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 1:1-28.

    1. Watter goeie voorbeeld stel Elkana vir gesinshoofde om die leiding te neem in ware aanbidding? (1 Sam. 1:3, 21; Matt. 6:33; Fil. 1:10)

    2. Watter les kan ons uit Hanna se voorbeeld leer oor hoe om ’n moeilike probleem te hanteer? (1 Sam. 1:10, 11; Ps. 55:22; Rom. 12:12)

  2. Lees 1 Samuel 2:11-36.

    Hoe het Eli sy seuns meer as Jehovah geëer, en hoe kan dit vir ons ’n waarskuwing wees? (1 Sam. 2:22-24, 27, 29; Deut. 21:18-21; Matt. 10:36, 37)

  3. Lees 1 Samuel 4:16-18.

    Watter boodskap met vier slegte berigte kom van die gevegslinie, en watter uitwerking het dit op Eli?

  4. Lees 1 Samuel 8:4-9.

    Hoe het Israel Jehovah grootliks aanstoot gegee, en hoe kan ons vandag sy Koninkryk lojaal ondersteun? (1 Sam. 8:5, 7; Joh. 17:16; Jak. 4:4)

Verhaal 56

Saul—Israel se eerste koning

  1. Wat doen Samuel in die prent, en hoekom?

  2. Hoekom hou Jehovah van Saul, en watter soort mens is hy?

  3. Wat is die naam van Saul se seun, en wat doen die seun?

  4. Hoekom bring Saul ’n offer pleks van te wag dat Samuel dit doen?

  5. Watter lesse kan ons uit die verslag oor Saul leer?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 9:15-21 en 10:17-27.

    Hoe het Saul se beskeidenheid hom gehelp om oorhaastige optrede te vermy toe sekere manne oneerbiedig van hom gepraat het? (1 Sam. 9:21; 10:21, 22, 27; Spr. 17:27)

  2. Lees 1 Samuel 13:5-14.

    Watter sonde het Saul by Gilgal gepleeg? (1 Sam. 10:8; 13:8, 9, 13)

  3. Lees 1 Samuel 15:1-35.

    1. Watter ernstige sonde het Saul in verband met Agag, die koning van Amalek, gepleeg? (1 Sam. 15:2, 3, 8, 9, 22)

    2. Hoe het Saul probeer om sy dade te regverdig en ander die skuld te gee? (1 Sam. 15:24)

    3. Op watter waarskuwing moet ons vandag ag slaan wanneer ons raad gegee word? (1 Sam. 15:19-21; Ps. 141:5; Spr. 9:8, 9; 11:2)

Verhaal 57

God kies vir Dawid

  1. Wat is die naam van die seun in die prent, en hoe weet ons dat hy dapper is?

  2. Waar woon Dawid, en wat is die name van sy pa en oupa?

  3. Hoekom sê Jehovah vir Samuel om na Isai se huis in Betlehem te gaan?

  4. Wat gebeur wanneer Isai sewe van sy seuns na Samuel toe bring?

  5. Wat sê Jehovah vir Samuel toe Dawid ingebring word?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 17:34, 35.

    Hoe beklemtoon hierdie gebeurtenisse Dawid se moed en vertroue op Jehovah? (1 Sam. 17:37)

  2. Lees 1 Samuel 16:1-14.

    1. Hoe help Jehovah se woorde in 1 Samuel 16:7 ons om onpartydig te wees en nie toe te laat dat voorkoms ons bevooroordeeld maak nie? (Hand. 10:34, 35; 1 Tim. 2:4)

    2. Hoe wys Saul se voorbeeld dat wanneer Jehovah sy heilige gees van iemand af wegneem, die leemte gevul kan word deur ’n slegte gees, of ’n innerlike drang om verkeerd te doen? (1 Sam. 16:14; Matt. 12:43-45; Gal. 5:16)

Verhaal 58

Dawid en Goliat

  1. Hoe daag Goliat die leër van die Israeliete uit?

  2. Hoe groot is Goliat, en watter beloning belowe koning Saul vir die man wat Goliat doodmaak?

  3. Wat sê Dawid wanneer Saul vir hom sê dat hy nie teen Goliat kan veg nie omdat hy net ’n seun is?

  4. Hoe wys Dawid in sy antwoord aan Goliat dat hy op Jehovah vertrou?

  5. Soos jy in die prent kan sien, wat gebruik Dawid om Goliat dood te maak, en wat gebeur hierna met die Filistyne?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 17:1-54.

    1. Wat was die geheim van Dawid se vreesloosheid, en hoe kan ons sy moed navolg? (1 Sam. 17:37, 45; Ef. 6:10, 11)

    2. Hoekom moet Christene ’n gees van wedywering soos dié van Goliat vermy wanneer hulle speletjies speel of aan ontspanningsbedrywighede deelneem? (1 Sam. 17:8; Gal. 5:26; 1 Tim. 4:8)

    3. Hoe wys Dawid se woorde dat hy op God se ondersteuning vertrou het? (1 Sam. 17:45-47; 2 Kron. 20:15)

    4. Hoe wys hierdie verslag dat die stryd nie net tussen twee vyandige leërs was nie, maar in werklikheid tussen valse gode en die ware God, Jehovah? (1 Sam. 17:43, 46, 47)

    5. Hoe volg die gesalfde oorblyfsel Dawid se voorbeeld van vertroue op Jehovah na? (1 Sam. 17:37; Jer. 1:17-19; Op. 12:17)

Verhaal 59

Hoekom Dawid moet vlug

  1. Hoekom is Saul jaloers op Dawid, maar hoe is Saul se seun Jonatan anders?

  2. Wat gebeur eendag terwyl Dawid vir Saul op die harp speel?

  3. Wat sê Saul moet Dawid doen voordat hy met Saul se dogter Migal kan trou, en hoekom sê Saul so?

  4. Wat wys die prent gebeur ’n derde keer terwyl Dawid vir Saul op die harp speel?

  5. Hoe help Migal om Dawid se lewe te red, en wat moet Dawid dan sewe jaar lank doen?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 18:1-30.

    1. Hoe het die onverbreeklike liefde van Jonatan vir Dawid die onderlinge liefde tussen die “ander skape” en die “klein kuddetjie” voorafgeskadu? (1 Sam. 18:1; Joh. 10:16; Luk. 12:32; Sag. 8:23)

    2. Met die oog op die feit dat Jonatan onder normale omstandighede Saul se erfgenaam sou gewees het, hoe toon 1 Samuel 18:4 Jonatan se besondere onderdanigheid aan die een wat gekies is om koning te wees?

    3. Hoe wys Saul se voorbeeld dat jaloesie tot ernstige sonde kan lei, en watter waarskuwing hou dit vir ons in? (1 Sam. 18:7-9, 25; Jak. 3:14-16)

  2. Lees 1 Samuel 19:1-17.

    Hoe het Jonatan sy lewe gewaag toe hy die woorde gesê het wat in 1 Samuel 19:4, 5 opgeteken staan? (1 Sam. 19:1, 6)

Verhaal 60

Abigail en Dawid

  1. Wat is die naam van die vrou wat in die prent na Dawid toe kom, en watter soort mens is sy?

  2. Wie is Nabal?

  3. Hoekom stuur Dawid ’n paar van sy manne om vir Nabal ’n guns te vra?

  4. Wat sê Nabal vir Dawid se manne, en hoe reageer Dawid?

  5. Hoe wys Abigail dat sy ’n wyse vrou is?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 22:1-4.

    Hoe het Dawid se familie ’n goeie voorbeeld gestel van hoe ons mekaar in die Christenbroederskap moet ondersteun? (Spr. 17:17; 1 Tess. 5:14)

  2. Lees 1 Samuel 25:1-43.

    1. Hoekom word Nabal met soveel minagting beskryf? (1 Sam. 25:2-5, 10, 14, 21, 25)

    2. Wat kan Christenvrouens vandag uit Abigail se voorbeeld leer? (1 Sam. 25:32, 33; Spr. 31:26; Ef. 5:24)

    3. Van watter twee slegte dinge het Abigail Dawid weerhou? (1 Sam. 25:31, 33; Rom. 12:19; Ef. 4:26)

    4. Hoe help Dawid se reaksie op Abigail se woorde mans om vandag Jehovah se beskouing van vroue te hê? (Hand. 21:8, 9; Rom. 2:11; 1 Pet. 3:7)

Verhaal 61

Dawid word koning gemaak

  1. Wat het Dawid en Abisai gedoen terwyl Saul in sy kamp geslaap het?

  2. Watter vrae vra Dawid vir Saul?

  3. Waarheen gaan Dawid nadat hy van Saul af weggaan?

  4. Wat maak Dawid baie hartseer, sodat hy ’n pragtige lied skryf?

  5. Hoe oud is Dawid wanneer hy in Hebron koning gemaak word, en wat is die name van party van sy seuns?

  6. Waar regeer Dawid later as koning?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Samuel 26:1-25.

    1. Watter gesindheid teenoor teokratiese orde openbaar Dawid se woorde wat in 1 Samuel 26:11 opgeteken staan? (Ps. 37:7; Rom. 13:2)

    2. Hoe kan Dawid se woorde in 1 Samuel 26:23 ons help om die regte beskouing te behou wanneer ons ’n opregte poging aanwend om liefderyke goedhartigheid te betoon, maar ons poging nie waardeer word nie? (1 Kon. 8:32; Ps. 18:20)

  2. Lees 2 Samuel 1:26.

    Hoe kan Christene vandag dieselfde soort “intense liefde vir mekaar” aankweek as wat Dawid en Jonatan gehad het? (1 Pet. 4:8; Kol. 3:14; 1 Joh. 4:12)

  3. Lees 2 Samuel 5:1-10.

    1. Hoeveel jaar het Dawid as koning regeer, en hoe is hierdie tydperk verdeel? (2 Sam. 5:4, 5)

    2. Waaraan word Dawid se grootheid toegeskryf, en waaraan is dit vandag vir ons ’n herinnering? (2 Sam. 5:10; 1 Sam. 16:13; 1 Kor. 1:31; Fil. 4:13)

Verhaal 62

Moeilikheid in Dawid se huis

  1. Wat gebeur uiteindelik, met Jehovah se hulp, met die land Kanaän?

  2. Wat gebeur een aand terwyl Dawid op die dak van sy paleis is?

  3. Hoekom is Jehovah baie kwaad vir Dawid?

  4. In die prent, wie stuur Jehovah om vir Dawid van sy sondes te vertel, en wat sê daardie man sal met Dawid gebeur?

  5. Watter moeilikheid het Dawid?

  6. Wie word ná Dawid die koning van Israel?

Bykomende vrae:

  1. Lees 2 Samuel 11:1-27.

    1. Hoe is dit vir ons ’n beskerming as ons besig bly in Jehovah se diens?

    2. Hoe is Dawid tot sonde verlok, en watter waarskuwing hou dit vandag vir Jehovah se knegte in? (2 Sam. 11:2; Matt. 5:27-29; 1 Kor. 10:12; Jak. 1:14, 15)

  2. Lees 2 Samuel 12:1-18.

    1. Watter les kan ouer manne en ouers leer uit die manier waarop Natan na Dawid toe gekom het om vir hom raad te gee? (2 Sam. 12:1-4; Spr. 12:18; Matt. 13:34)

    2. Hoekom het Jehovah barmhartigheid aan Dawid bewys? (2 Sam. 12:13; Ps. 32:5; 2 Kor. 7:9, 10)

Verhaal 63

Wyse koning Salomo

  1. Wat vra Jehovah vir Salomo, en hoe antwoord hy?

  2. Omdat Jehovah bly is oor wat Salomo vra, wat belowe Hy om vir hom te gee?

  3. Watter groot probleem bring twee vroue voor Salomo?

  4. Hoe los Salomo die probleem op, soos jy in die prent kan sien?

  5. Hoe gaan dit gedurende die tyd dat Salomo regeer, en hoekom?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Konings 3:3-28.

    1. Wat kan mans wat vandag verantwoordelikhede in God se organisasie kry, uit Salomo se opregte woorde in 1 Konings 3:7 leer? (Ps. 119:105; Spr. 3:5, 6)

    2. Hoe is Salomo se versoek ’n goeie voorbeeld van die regte dinge om voor te bid? (1 Kon. 3:9, 11; Spr. 30:8, 9; 1 Joh. 5:14)

    3. Watter vertroue gee die manier waarop Salomo die geskil tussen die twee vroue opgelos het, ons oor die toekomstige heerskappy van die Grotere Salomo, Jesus Christus? (1 Kon. 3:28; Jes. 9:6, 7; 11:2-4)

  2. Lees 1 Konings 4:29-34.

    1. Hoe het Jehovah Salomo se versoek om ’n gehoorsame hart verhoor? (1 Kon. 4:29)

    2. Met die oog op die moeite wat mense gedoen het om Salomo se wysheid te hoor, wat moet ons gesindheid wees teenoor die bestudering van God se Woord? (1 Kon. 4:29, 34; Joh. 17:3; 2 Tim. 3:16)

Verhaal 64

Salomo bou die tempel

  1. Hoe lank neem dit Salomo om Jehovah se tempel klaar te bou, en hoekom kos dit so baie geld?

  2. Hoeveel hoofkamers is daar in die tempel, en wat word in die binneste kamer gesit?

  3. Wat sê Salomo in sy gebed wanneer die tempel klaar gebou is?

  4. Hoe wys Jehovah dat hy hou van Salomo se gebed?

  5. Wat kry Salomo se vrouens hom om te doen, en wat gebeur met Salomo?

  6. Hoekom is Jehovah kwaad vir Salomo, en wat sê Jehovah vir hom?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Kronieke 28:9, 10.

    Met die oog op Dawid se woorde in 1 Kronieke 28:9, 10, wat moet ons in ons daaglikse lewe probeer doen? (Ps. 19:14; Fil. 4:8, 9)

  2. Lees 2 Kronieke 6:12-21, 32-42.

    1. Hoe het Salomo gewys dat geen mensgemaakte gebou die Allerhoogste God kan bevat nie? (2 Kron. 6:18; Hand. 17:24, 25)

    2. Wat wys Salomo se woorde in 2 Kronieke 6:32, 33 omtrent Jehovah? (Hand. 10:34, 35; Gal. 2:6)

  3. Lees 2 Kronieke 7:1-5.

    Net soos die kinders van Israel beweeg is om Jehovah te loof toe hulle sy heerlikheid gesien het, watter uitwerking moet dit vandag op ons hê wanneer ons dink aan hoe Jehovah sy volk seën? (2 Kron. 7:3; Ps. 22:22; 34:1; 96:2)

  4. Lees 1 Konings 11:9-13.

    Hoe wys Salomo se lewe hoe belangrik dit is om tot die einde toe getrou te bly? (1 Kon. 11:4, 9; Matt. 10:22; Op. 2:10)

Verhaal 65

Die koninkryk word verdeel

  1. Wat is die name van die twee mans in die prent, en wie is hulle?

  2. Wat doen Ahia met sy kleed, en wat beteken dit?

  3. Wat probeer Salomo aan Jerobeam doen?

  4. Hoekom maak die volk vir Jerobeam koning oor tien stamme?

  5. Hoekom maak Jerobeam twee goue kalwers, en wat gebeur kort daarna met die land?

  6. Wat gebeur met die tweestammeryk en Jehovah se tempel in Jerusalem?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Konings 11:26-43.

    Watter soort persoon was Jerobeam, en wat het Jehovah vir hom belowe as hy God se wette sou onderhou? (1 Kon. 11:28, 38)

  2. Lees 1 Konings 12:1-33.

    1. Wat kan ouers en ouer manne uit Rehabeam se slegte voorbeeld leer oor die misbruik van gesag? (1 Kon. 12:13; Pred. 7:7; 1 Pet. 5:2, 3)

    2. Tot wie moet jongmense hulle vandag wend vir betroubare leiding wanneer hulle ernstige besluite in die lewe moet neem? (1 Kon. 12:6, 7; Spr. 1:8, 9; 2 Tim. 3:16, 17; Heb. 13:7)

    3. Hoekom het Jerobeam twee sentrums vir kalfaanbidding opgerig, en hoe het dit ’n groot gebrek aan geloof in Jehovah getoon? (1 Kon. 11:37; 12:26-28)

    4. Wie het die mense van die tienstammeryk in ’n opstand teen ware aanbidding gelei? (1 Kon. 12:32, 33)

Verhaal 66

Isebel—’n slegte koningin

  1. Wie is Isebel?

  2. Hoekom voel koning Agab eendag ongelukkig?

  3. Wat doen Isebel om Nabot se wingerd vir haar man, Agab, te kry?

  4. Wie stuur Jehovah om vir Isebel te straf?

  5. Soos jy in die prent kan sien, wat gebeur wanneer Jehu by Isebel se paleis kom?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Konings 16:29-33 en 18:3, 4.

    Hoe sleg was toestande in Israel gedurende die tyd van koning Agab? (1 Kon. 14:9)

  2. Lees 1 Konings 21:1-16.

    1. Hoe het Nabot moed en lojaliteit teenoor Jehovah aan die dag gelê? (1 Kon. 21:1-3; Lev. 25:23-28)

    2. Wat kan ons uit Agab se voorbeeld leer oor hoe om teleurstelling te verwerk? (1 Kon. 21:4; Rom. 5:3-5)

  3. Lees 2 Konings 9:30-37.

    Wat kan ons leer uit Jehu se ywer om Jehovah se wil te doen? (2 Kon. 9:4-10; 2 Kor. 9:1, 2; 2 Tim. 4:2)

Verhaal 67

Josafat vertrou op Jehovah

  1. Wie is Josafat, en gedurende watter tyd lewe hy?

  2. Hoekom is die Israeliete bang, en wat doen baie van hulle?

  3. Watter antwoord gee Jehovah op Josafat se gebed?

  4. Wat laat Jehovah voor die geveg gebeur?

  5. Watter les kan ons by Josafat leer?

Bykomende vrae:

  1. Lees 2 Kronieke 20:1-30.

    1. Hoe het Josafat gewys wat getroue knegte van God moet doen wanneer hulle voor dreigende omstandighede te staan kom? (2 Kron. 20:12; Ps. 25:15; 62:1)

    2. Aangesien Jehovah nog altyd ’n kommunikasiekanaal in sy handelinge met sy volk gebruik het, watter kanaal gebruik hy vandag? (2 Kron. 20:14, 15; Matt. 24:45-47; Joh. 15:15)

    3. Hoe sal ons situasie soortgelyk wees aan dié van Josafat wanneer God die “oorlog van die groot dag van God die Almagtige” bring? (2 Kron. 20:15, 17; 32:8; Op. 16:14, 16)

    4. Watter soort bydrae lewer pioniers en sendelinge vandag tot die wêreldwye predikingswerk in navolging van die Leviete? (2 Kron. 20:19; Rom. 10:13-15; 2 Tim. 4:2)

Verhaal 68

Twee seuns wat weer lewe

  1. Wie is die drie mense in die prent, en wat gebeur met die seuntjie?

  2. Wat bid Elia oor die seun, en wat gebeur dan?

  3. Wat is die naam van Elia se helper?

  4. Hoekom word Elisa na die huis van ’n vrou in Sunem geroep?

  5. Wat doen Elisa, en wat gebeur met die dooie kind?

  6. Watter mag het Jehovah, soos ons in die geval van Elia en Elisa kan sien?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Konings 17:8-24.

    1. Hoe is Elia se gehoorsaamheid en geloof getoets? (1 Kon. 17:9; 19:1-4, 10)

    2. Hoekom was die geloof van die weduwee van Sarfat iets besonders? (1 Kon. 17:12-16; Luk. 4:25, 26)

    3. Hoe bevestig die ondervinding van die weduwee van Sarfat die waarheid van Jesus se woorde in Matteus 10:41, 42? (1 Kon. 17:10-12, 17, 23, 24)

  2. Lees 2 Konings 4:8-37.

    1. Wat leer die vrou van Sunem ons oor gasvryheid? (2 Kon. 4:8; Luk. 6:38; Rom. 12:13; 1 Joh. 3:17)

    2. Hoe kan ons vandag goedhartige dade aan God se knegte bewys? (Hand. 20:35; 28:1, 2; Gal. 6:9, 10; Heb. 6:10)

Verhaal 69

’n Kind help ’n vername man

  1. Wat vertel die meisietjie vir die vrou in die prent?

  2. Wie is die vrou in die prent, en wat doen die meisietjie in die vrou se huis?

  3. Wat sê Elisa vir sy kneg om vir Naäman te sê, en hoekom word Naäman kwaad?

  4. Wat gebeur wanneer Naäman na sy knegte luister?

  5. Hoekom aanvaar Elisa nie Naäman se geskenk nie, maar wat doen Gehasi?

  6. Wat gebeur met Gehasi, en wat kan ons hieruit leer?

Bykomende vrae:

  1. Lees 2 Konings 5:1-27.

    1. Hoe kan die voorbeeld wat die Israelitiese meisietjie gestel het, jongmense vandag aanmoedig? (2 Kon. 5:3; Ps. 8:2; 148:12, 13)

    2. Hoekom is dit goed om Naäman se voorbeeld in gedagte te hou wanneer ons skriftuurlike raad kry? (2 Kon. 5:15; Heb. 12:5, 6; Jak. 4:6)

    3. Watter lesse kan ons leer deur Elisa se voorbeeld met dié van Gehasi te vergelyk? (2 Kon. 5:9, 10, 14-16, 20; Matt. 10:8; Hand. 5:1-5; 2 Kor. 2:17)

Verhaal 70

Jona en die groot vis

  1. Wie is Jona, en wat sê Jehovah vir hom om te doen?

  2. Wat doen Jona omdat hy nie wil gaan waarheen Jehovah hom stuur nie?

  3. Wat sê Jona vir die matrose moet hulle doen om die storm te laat ophou?

  4. Soos jy in die prent kan sien, wat gebeur wanneer Jona in die water afsink?

  5. Hoe lank is Jona binne-in die groot vis, en wat doen hy daar?

  6. Waarheen gaan Jona nadat hy uit die groot vis uitgekom het, en wat leer ons daaruit?

Bykomende vrae:

  1. Lees Jona 1:1-17.

    Hoe het Jona klaarblyklik gevoel oor sy toewysing om vir die Nineviete te preek? (Jona 1:2, 3; Spr. 3:7; Pred. 8:12)

  2. Lees Jona 2:1, 2, 10.

    Hoe gee Jona se ondervinding ons die vertroue dat Jehovah ons gebede sal verhoor? (Ps. 22:24; 34:6; 1 Joh. 5:14)

  3. Lees Jona 3:1-10.

    1. Watter aanmoediging kry ons uit die feit dat Jehovah voortgegaan het om Jona te gebruik, al het hy aanvanklik nie sy toewysing uitgevoer nie? (Ps. 103:14; 1 Pet. 5:10)

    2. Wat leer Jona se ondervinding met die Nineviete ons oor vooroordeel teen mense in ons gebied? (Jona 3:6-9; Pred. 11:6; Hand. 13:48)

Verhaal 71

God belowe ’n paradys

  1. Wie was Jesaja, wanneer het hy gelewe, en wat het Jehovah vir hom gewys?

  2. Wat beteken die woord “paradys”, en waaraan laat dit jou dink?

  3. Wat het Jehovah vir Jesaja gesê om oor die nuwe Paradys te skryf?

  4. Hoekom het Adam en Eva hulle pragtige tuiste verloor?

  5. Wat belowe Jehovah vir mense wat vir hom lief is?

Bykomende vrae:

  1. Lees Jesaja 11:6-9.

    1. Hoe beeld God se Woord die vrede uit wat in die nuwe wêreld tussen diere en mense sal bestaan? (Ps. 148:10, 13; Jes. 65:25; Eseg. 34:25)

    2. Watter geestelike vervulling van Jesaja se woorde vind vandag onder Jehovah se volk plaas? (Rom. 12:2; Ef. 4:23, 24)

    3. Wie verdien die eer vir die verandering in mense se persoonlikhede nou sowel as in die nuwe wêreld? (Jes. 48:17, 18; Gal. 5:22, 23; Fil. 4:7)

  2. Lees Openbaring 21:3, 4.

    1. Hoe wys die Skrif dat wanneer dit sê God woon by die mensdom, beteken dit dat hy figuurlik op die aarde teenwoordig is, nie letterlik nie? (Lev. 26:11, 12; 2 Kron. 6:18; Jes. 66:1; Op. 21:2, 3, 22-24)

    2. Watter soort trane en pyn sal daar nie meer wees nie? (Luk. 8:49-52; Rom. 8:21, 22; Op. 21:4)

Verhaal 72

God help koning Hiskia

  1. Wie is die man in die prent, en hoekom is hy in groot moeilikheid?

  2. Wat is die briewe wat Hiskia voor God neergesit het, en wat bid Hiskia?

  3. Watter soort koning is Hiskia, en watter boodskap stuur Jehovah deur die profeet Jesaja aan hom?

  4. Wat doen Jehovah se engel aan die Assiriërs, soos die prent wys?

  5. Hoewel die tweestammeryk ’n ruk lank vrede het, wat gebeur ná Hiskia se dood?

Bykomende vrae:

  1. Lees 2 Konings 18:1-36.

    1. Hoe het die Assiriese woordvoerder Rabsake die geloof van die Israeliete probeer ondermyn? (2 Kon. 18:19, 21; Eks. 5:2; Ps. 64:3)

    2. Hoe slaan Jehovah se Getuies ag op die voorbeeld van Hiskia wanneer hulle met teenstanders te doen kry? (2 Kon. 18:36; Ps. 39:1; Spr. 26:4; 2 Tim. 2:24)

  2. Lees 2 Konings 19:1-37.

    1. Hoe volg Jehovah se volk Hiskia vandag in tye van benoudheid na? (2 Kon. 19:1, 2; Spr. 3:5, 6; Heb. 10:24, 25; Jak. 5:14, 15)

    2. Watter drievoudige nederlaag het koning Sanherib gely, en wie beeld hy profeties af? (2 Kon. 19:32, 35, 37; Op. 20:2, 3)

  3. Lees 2 Konings 21:1-6, 16.

    Hoekom kan daar gesê word dat Manasse een van die goddeloosste konings was wat ooit in Jerusalem regeer het? (2 Kron. 33:4-6, 9)

Verhaal 73

Israel se laaste goeie koning

  1. Hoe oud is Josia wanneer hy koning word, en wat begin hy doen nadat hy sewe jaar lank koning is?

  2. Wat doen Josia in die eerste prent?

  3. Wat kry die hoëpriester wanneer die mans herstelwerk aan die tempel doen?

  4. Hoekom skeur Josia sy klere?

  5. Watter boodskap van Jehovah af stuur die profetes Hulda aan Josia?

Bykomende vrae:

  1. Lees 2 Kronieke 34:1-28.

    1. Watter voorbeeld stel Josia vir mense wat moontlik moeilike kinderjare gehad het? (2 Kron. 33:21-25; 34:1, 2; Ps. 27:10)

    2. Watter betekenisvolle stappe het Josia gedurende die 8ste, 12de en 18de jaar van sy heerskappy gedoen om ware aanbidding te bevorder? (2 Kron. 34:3, 8)

    3. Watter lesse om ons plekke van aanbidding te onderhou, kan ons leer uit die voorbeeld wat deur koning Josia en hoëpriester Hilkia gestel is? (2 Kron. 34:9-13; Spr. 11:14; 1 Kor. 10:31)

Verhaal 74

’n Man wat nie bang is nie

  1. Wie is die jong man in die prent?

  2. Wat dink Jeremia daarvan om ’n profeet te word, maar wat sê Jehovah vir hom?

  3. Wat sê Jeremia oor en oor vir die volk?

  4. Hoe probeer die priesters om Jeremia stil te maak, maar hoe wys hy dat hy nie bang is nie?

  5. Wat gebeur wanneer die Israeliete nie hulle slegte weë verander nie?

Bykomende vrae:

  1. Lees Jeremia 1:1-8.

    1. Wat maak ’n mens bekwaam vir Jehovah se diens, soos Jeremia se voorbeeld toon? (2 Kor. 3:5, 6)

    2. Hoe moedig Jeremia se voorbeeld Christenjongmense vandag aan? (Pred. 12:1; 1 Tim. 4:12)

  2. Lees Jeremia 10:1-5.

    Watter kragtige illustrasie gebruik Jeremia om te wys hoe nutteloos dit is om op afgode te vertrou? (Jer. 10:5; Jes. 46:7; Hab. 2:19)

  3. Lees Jeremia 26:1-16.

    1. Hoe neem die gesalfde oorblyfsel Jehovah se bevel aan Jeremia ‘om nie ’n enkele woord weg te neem nie’, ter harte wanneer hulle vandag die waarskuwingsboodskap bekend maak? (Jer. 26:2; Deut. 4:2; Hand. 20:27)

    2. Watter goeie voorbeeld het Jeremia gestel vir Jehovah se Getuies wat vandag Jehovah se waarskuwing aan die nasies bekend maak? (Jer. 26:8, 12, 14, 15; 2 Tim. 4:1-5)

  4. Lees 2 Konings 24:1-17.

    Wat was die droewige gevolge van Juda se ontrouheid aan Jehovah? (2 Kon. 24:2-4, 14)

Verhaal 75

Vier seuns in Babilon

  1. Wie is die vier seuns in die prent, en hoekom is hulle in Babilon?

  2. Watter planne het Nebukadnesar vir die vier seuns, en wat beveel hy sy knegte?

  3. Wat vra Daniël oor kos en drank vir hom en sy drie vriende?

  4. Nadat Daniël en sy drie vriende tien dae lank groente geëet het, hoe vergelyk hulle met die ander jong mans?

  5. Hoe kom Daniël en sy drie vriende in die koning se paleis, en hoe is hulle beter as die priesters en wyse manne?

Bykomende vrae:

  1. Lees Daniël 1:1-21.

    1. Watter soort inspanning is nodig as ons hoop om versoekings te weerstaan en swakhede te bowe te kom? (Dan. 1:8; Gen. 39:7, 10; Gal. 6:9)

    2. Hoe kan jongmense vandag versoek word of hoe kan druk op hulle uitgeoefen word om hulle oor te gee aan dinge wat party mense as “lekkernye” beskou? (Dan. 1:8; Spr. 20:1; 2 Kor. 6:17–7:1)

    3. Wat help die Bybelverslag van die vier Hebreeuse jongmense ons om te besef oor wêreldse geleerdheid? (Dan. 1:20; Jes. 54:13; 1 Kor. 3:18-20)

Verhaal 76

Jerusalem word vernietig

  1. Wat gebeur met Jerusalem en die Israeliete wat in die prent gewys word?

  2. Wie is Esegiël, en watter skokkende dinge wys Jehovah vir hom?

  3. Wat belowe Jehovah omdat die Israeliete geen respek vir hom het nie?

  4. Wat doen koning Nebukadnesar nadat die Israeliete teen hom gerebelleer het?

  5. Hoekom laat Jehovah toe dat hierdie verskriklike vernietiging oor die Israeliete kom?

  6. Hoe word die land van Israel sonder enige mense gelaat, en vir hoe lank?

Bykomende vrae:

  1. Lees 2 Konings 25:1-26.

    1. Wie was Sedekia, wat het met hom gebeur, en hoe het dit ’n Bybelprofesie vervul? (2 Kon. 25:5-7; Eseg. 12:13-15)

    2. Wie is deur Jehovah aanspreeklik gehou vir al Israel se ontrouheid? (2 Kon. 25:9, 11, 12, 18, 19; 2 Kron. 36:14, 17)

  2. Lees Esegiël 8:1-18.

    Hoe het die Christendom afvallige Israelitiese sonaanbidders nagevolg? (Eseg. 8:16; Jes. 5:20, 21; Joh. 3:19-21; 2 Tim. 4:3)

Verhaal 77

Hulle weier om neer te buig

  1. Watter bevel het Nebukadnesar, die koning van Babilon, vir die mense gegee?

  2. Hoekom buig Daniël se drie vriende nie voor die goue beeld neer nie?

  3. Hoe wys die drie Hebreërs dat hulle op Jehovah vertrou wanneer Nebukadnesar hulle nog ’n kans gee om neer te buig?

  4. Wat laat Nebukadnesar sy manne met Sadrag, Mesag en Abednego doen?

  5. Wat sien Nebukadnesar wanneer hy in die vuuroond inkyk?

  6. Hoekom loof die koning die God van Sadrag, Mesag en Abednego, en watter voorbeeld stel hulle vir ons?

Bykomende vrae:

  1. Lees Daniël 3:1-30.

    1. Watter gesindheid wat deur die drie jong Hebreërs aan die dag gelê is, moet al God se knegte navolg wanneer hulle voor toetse van onkreukbaarheid te staan kom? (Dan. 3:17, 18; Matt. 10:28; Rom. 14:7, 8)

    2. Watter belangrike les het Jehovah God vir Nebukadnesar geleer? (Dan. 3:28, 29; 4:34, 35)

Verhaal 78

Die skrif teen die muur

  1. Wat gebeur wanneer die koning van Babilon ’n groot fees hou en die bekers en bakke gebruik wat uit Jehovah se tempel in Jerusalem geneem is?

  2. Wat sê Belsasar vir sy wyse manne, maar wat kan hulle nie doen nie?

  3. Wat sê die koning se ma moet hy doen?

  4. Volgens wat Daniël vir die koning vertel, hoekom het God die hand gestuur om op die muur te skryf?

  5. Hoe verduidelik Daniël wat die woorde teen die muur beteken?

  6. Wat gebeur terwyl Daniël nog praat?

Bykomende vrae:

  1. Lees Daniël 5:1-31.

    1. Beskryf die verskil tussen godvrugtige vrees en die vrees wat Belsasar gevoel het toe hy die skrif teen die muur gesien het (Dan. 5:6, 7; Ps. 19:9; Rom. 8:35-39)

    2. Hoe het Daniël groot moed aan die dag gelê toe hy met Belsasar en sy edelmanne gepraat het? (Dan. 5:17, 18, 22, 26-28; Hand. 4:29)

    3. Hoe beklemtoon Daniël hoofstuk 5 Jehovah se universele soewereiniteit? (Dan. 4:17, 25; 5:21)

Verhaal 79

Daniël in die leeukuil

  1. Wie is Darius, en wat dink hy van Daniël?

  2. Wat kry party jaloerse mans Darius om te doen?

  3. Wat doen Daniël wanneer hy van die nuwe wet hoor?

  4. Hoekom is Darius so ontsteld dat hy nie kan slaap nie, en wat doen hy die volgende oggend?

  5. Hoe antwoord Daniël vir Darius?

  6. Wat gebeur met die slegte mans wat Daniël probeer doodmaak het, en wat skryf Darius aan al die mense in sy koninkryk?

Bykomende vrae:

  1. Lees Daniël 6:1-28.

    1. Hoe laat die sameswering teen Daniël ons dink aan wat teenstanders gedoen het om die werk van Jehovah se Getuies in hedendaagse tye te probeer onderdruk? (Dan. 6:7; Ps. 94:20; Jes. 10:1; Rom. 8:31)

    2. Hoe kan knegte van God Daniël vandag navolg deur onderdanig te bly aan “die hoër owerhede”? (Dan. 6:5, 10; Rom. 13:1; Hand. 5:29)

    3. Hoe kan ons Daniël se voorbeeld navolg om Jehovah “met standvastigheid” te dien? (Dan. 6:16, 20; Fil. 3:16; Op. 7:15)

Verhaal 80

God se volk verlaat Babilon

  1. Wat doen die Israeliete in die prent?

  2. Hoe het Kores Jehovah se profesie vervul wat Hy deur Jesaja gegee het?

  3. Wat sê Kores vir die Israeliete wat nie na Jerusalem toe kan teruggaan nie?

  4. Wat gee Kores vir die mense om na Jerusalem toe terug te neem?

  5. Hoe lank neem dit die Israeliete om na Jerusalem toe te reis?

  6. Hoeveel jare het verbygegaan vandat daar niks meer mense in die land oorgebly het nie?

Bykomende vrae:

  1. Lees Jesaja 44:28 en 45:1-4.

    1. Hoe het Jehovah die sekerheid van die vervulling van die profesie oor Kores beklemtoon? (Jes. 55:10, 11; Rom. 4:17)

    2. Wat wys Jesaja se profesie aangaande Kores oor Jehovah God se vermoë om die toekoms te voorspel? (Jes. 42:9; 45:21; 46:10, 11; 2 Pet. 1:20)

  2. Lees Esra 1:1-11.

    Hoe kan ons vandag, in navolging van dié wat nie na Jerusalem toe kon teruggaan nie, ‘die hande versterk’ van diegene wat die voltydse diens kan betree? (Esra 1:4, 6; Rom. 12:13; Kol. 4:12)

Verhaal 81

Vertroue op God se hulp

  1. Hoeveel mense gaan op die lang reis van Babilon na Jerusalem, maar wat sien hulle wanneer hulle daar aankom?

  2. Wat begin die Israeliete bou nadat hulle daar aangekom het, maar wat doen hulle vyande?

  3. Wie is Haggai en Sagaria, en wat sê hulle vir die volk?

  4. Hoekom stuur Tattenai ’n brief na Babilon, en watter antwoord kry hy?

  5. Wat doen Esra wanneer hy hoor dat God se tempel reggemaak moet word?

  6. Waarvoor bid Esra in die prent, hoe word sy gebed verhoor, en wat leer ons daaruit?

Bykomende vrae:

  1. Lees Esra 3:1-13.

    Wat moet ons aanhou doen as ons ooit iewers is waar daar geen gemeente van God se knegte is nie? (Esra 3:3, 6; Hand. 17:16, 17; Heb. 13:15)

  2. Lees Esra 4:1-7.

    Watter voorbeeld het Serubbabel vir Jehovah se volk gestel met betrekking tot geloofsvermenging? (Eks. 34:12; 1 Kor. 15:33; 2 Kor. 6:14-17)

  3. Lees Esra 5:1-5, 17 en 6:1-22.

    1. Hoekom kon die teenstanders nie die bouwerk aan die tempel stopsit nie? (Esra 5:5; Jes. 54:17)

    2. Hoe is die optrede van die ouer manne van die Jode ’n aansporing vir Christen- ouer manne om Jehovah se leiding te soek wanneer hulle met teenstanders te doen kry? (Esra 6:14; Ps. 32:8; Rom. 8:31; Jak. 1:5)

  4. Lees Esra 8:21-23, 28-36.

    Watter voorbeeld van Esra moet ons navolg voordat ons tot ’n sekere handelswyse oorgaan? (Esra 8:23; Ps. 127:1; Spr. 10:22; Jak. 4:13-15)

Verhaal 82

Mordegai en Ester

  1. Wie is Mordegai en Ester?

  2. Hoekom wil koning Ahasveros ’n nuwe vrou hê, en wie kies hy?

  3. Wie is Haman, en wat maak hom baie kwaad?

  4. Watter wet word gemaak, en wat doen Ester nadat sy ’n boodskap van Mordegai kry?

  5. Wat gebeur met Haman, en wat gebeur met Mordegai?

  6. Hoe word die Israeliete van hulle vyande gered?

Bykomende vrae:

  1. Lees Ester 2:12-18.

    Hoe het Ester gewys hoe waardevol dit is om ’n “stille en sagmoedige gees” aan te kweek? (Est. 2:15; 1 Pet. 3:1-5)

  2. Lees Ester 4:1-17.

    Net soos Ester ’n geleentheid gegee is om ten behoewe van ware aanbidding op te tree, watter geleentheid word ons vandag gegee om ons toegewydheid en lojaliteit aan Jehovah te bewys? (Est. 4:13, 14; Matt. 5:14-16; 24:14)

  3. Lees Ester 7:1-6.

    Hoe het baie van God se volk hulle ook, soos Ester, aan vervolging blootgestel? (Est. 7:4; Matt. 10:16-22; 1 Pet. 2:12)

Verhaal 83

Die mure van Jerusalem

  1. Hoe het dit vir die Israeliete gevoel om nie mure rondom hulle stad Jerusalem te hê nie?

  2. Wie is Nehemia?

  3. Watter werk doen Nehemia, en hoekom is dit belangrik?

  4. Watter nuus maak Nehemia hartseer, en wat doen hy?

  5. Watter goeie ding doen koning Artasasta vir Nehemia?

  6. Hoe reël Nehemia die bouwerk sodat die Israeliete se vyande nie ’n einde daaraan kan maak nie?

Bykomende vrae:

  1. Lees Nehemia 1:4-6 en 2:1-20.

    Hoe het Nehemia Jehovah se leiding gesoek? (Neh. 2:4, 5; Rom. 12:12; 1 Pet. 4:7)

  2. Lees Nehemia 3:3-5.

    Wat kan ouer manne en bedieningsknegte leer uit die verskil tussen die Tekoïete en hulle “vooraanstaandes”? (Neh. 3:5, 27; 2 Tess. 3:7-10; 1 Pet. 5:5)

  3. Lees Nehemia 4:1-23.

    1. Wat het die Israeliete aangespoor om ondanks hewige teenstand aan te hou bou? (Neh. 4:6, 8, 9; Ps. 50:15; Jes. 65:13, 14)

    2. Hoe moedig die voorbeeld van die Israeliete ons vandag aan?

  4. Lees Nehemia 6:15.

    Wat toon die feit dat Jerusalem se mure binne twee maande voltooi is, oor die krag van geloof? (Ps. 56:3, 4; Matt. 17:20; 19:26)

Verhaal 84

’n Engel kom na Maria toe

  1. Wie is die vrou in die prent?

  2. Wat sê Gabriël vir Maria?

  3. Hoe verduidelik Gabriël vir Maria dat sy ’n baba gaan hê al het sy nie saam met ’n man gebly nie?

  4. Wat gebeur wanneer Maria vir haar familielid Elisabet gaan kuier?

  5. Wat dink Josef wanneer hy hoor dat Maria ’n baba gaan hê, maar hoekom verander hy van plan?

Bykomende vrae:

  1. Lees Lukas 1:26-56.

    1. Wat gee Lukas 1:35 te kenne aangaande enige Adamitiese onvolmaaktheid in Maria se eiersel toe die lewe van God se Seun uit die geesteryk oorgeplaas is? (Hag. 2:11-13; Joh. 6:69; Heb. 7:26; 10:5)

    2. Hoe is Jesus geëer selfs voordat hy gebore is? (Luk. 1:41-43)

    3. Watter goeie voorbeeld het Maria gestel vir Christene wat vandag spesiale diensvoorregte kry? (Luk. 1:38, 46-49; 17:10; Spr. 11:2)

  2. Lees Matteus 1:18-25.

    Al is Jesus nie by die naam Immanuel genoem nie, hoe het sy rol as ’n mens die betekenis daarvan vervul? (Matt. 1:22, 23; Joh. 14:8-10; Heb. 1:1-3)

Verhaal 85

Jesus word in ’n stal gebore

  1. Wie is die babatjie in die prent, en waar lê Maria hom neer?

  2. Hoekom is Jesus in ’n stal by die diere gebore?

  3. Wie is die mans in die prent wat in die stal inkom, en wat het ’n engel vir hulle gesê?

  4. Hoekom is Jesus spesiaal?

  5. Hoekom kan Jesus God se Seun genoem word?

Bykomende vrae:

  1. Lees Lukas 2:1-20.

    1. Watter rol het keiser Augustus in die vervulling van die profesie oor Jesus se geboorte gespeel? (Luk. 2:1-4; Miga 5:2)

    2. Hoe kan ’n mens ingesluit word onder diegene wat “mense van welwillendheid” genoem word? (Luk. 2:14; Matt. 16:24; Joh. 17:3; Hand. 3:19; Heb. 11:6)

    3. As daardie nederige Judese herders rede gehad het om verheug te wees oor die geboorte van ’n Redder, watter groter rede tot vreugde het God se knegte vandag? (Luk. 2:10, 11; Ef. 3:8, 9; Op. 11:15; 14:6)

Verhaal 86

Mans gelei deur ’n ster

  1. Wie is die mans in die prent, en hoekom wys een van hulle na ’n helder ster?

  2. Hoekom was koning Herodes ontsteld, en wat doen hy?

  3. Waarheen lei die helder ster die mans, maar hoekom gaan hulle met ’n ander pad terug na hulle eie land toe?

  4. Wat beveel Herodes, en hoekom?

  5. Wat sê Jehovah vir Josef om te doen?

  6. Wie het die nuwe ster laat skyn, en hoekom?

Bykomende vraag:

  1. Lees Matteus 2:1-23.

    Hoe oud was Jesus en waar het hy gewoon toe die sterrewiggelaars na hom toe gekom het? (Matt. 2:1, 11, 16)

Verhaal 87

Jong Jesus in die tempel

  1. Hoe oud is Jesus in die prent, en waar is hy?

  2. Wat doen Josef elke jaar met sy gesin?

  3. Hoekom gaan Josef en Maria terug na Jerusalem toe ná een dag van die reis terug huis toe?

  4. Waar kry Josef en Maria vir Jesus, en hoekom is die mense daar verbaas?

  5. Wat sê Jesus vir sy ma, Maria?

  6. Hoe kan ons soos Jesus wees en van God leer?

Bykomende vrae:

  1. Lees Lukas 2:41-52.

    1. Al het die Wet dit net van mans vereis om die jaarlikse feeste by te woon, watter goeie voorbeeld het Josef en Maria vir ouers van vandag gestel? (Luk. 2:41; Deut. 16:16; 31:12; Spr. 22:6)

    2. Hoe het Jesus ’n goeie voorbeeld vir kinders van vandag gestel wat onderdanigheid aan hulle ouers betref? (Luk. 2:51; Deut. 5:16; Spr. 23:22; Kol. 3:20)

  2. Lees Matteus 13:53-56.

    Watter vier vleeslike broers van Jesus word in die Bybel genoem, en hoe is twee van hulle later in die Christengemeente gebruik? (Matt. 13:55; Hand. 12:17; 15:6, 13; 21:18; Gal. 1:19; Jak. 1:1; Jud. 1)

Verhaal 88

Johannes doop vir Jesus

  1. Wie is die twee mans in die prent?

  2. Hoe word ’n mens gedoop?

  3. Wie doop Johannes gewoonlik?

  4. Om watter spesiale rede vra Jesus vir Johannes om hom te doop?

  5. Hoe wys God dat Hy bly is dat Jesus gedoop is?

  6. Wat gebeur wanneer Jesus vir 40 dae na ’n eensame plek toe gaan?

  7. Wie is ’n paar van Jesus se eerste volgelinge, of dissipels, en wat is sy eerste wonderwerk?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 3:13-17.

    Watter voorbeeld het Jesus met betrekking tot die doop van sy dissipels voorsien? (Ps. 40:7, 8; Matt. 28:19, 20; Luk. 3:21, 22)

  2. Lees Matteus 4:1-11.

    Hoe moedig Jesus se vaardige gebruik van die Skrif ons aan om die Bybel gereeld te bestudeer? (Matt. 4:5-7; 2 Pet. 3:17, 18; 1 Joh. 4:1)

  3. Lees Johannes 1:29-51.

    Op wie het Johannes die Doper sy dissipels se aandag gevestig, en hoe kan ons hom vandag navolg? (Joh. 1:29, 35, 36; 3:30; Matt. 23:10)

  4. Lees Johannes 2:1-12.

    Hoe het Jesus se eerste wonderwerk gewys dat Jehovah niks goeds van Sy knegte terughou nie? (Joh. 2:9, 10; Ps. 84:11; Jak. 1:17)

Verhaal 89

Jesus reinig die tempel

  1. Hoekom word diere by die tempel verkoop?

  2. Wat maak Jesus kwaad?

  3. Wat doen Jesus, soos jy in die prent kan sien, en wat beveel hy die mans wat duiwe verkoop?

  4. Waaraan dink Jesus se volgelinge wanneer hulle sien wat hy doen?

  5. Deur watter streek reis Jesus op sy pad terug na Galilea toe?

Bykomende vraag:

  1. Lees Johannes 2:13-25.

    Aangesien Jesus so verontwaardig was oor die geldwisselaars in die tempel, wat is die regte beskouing van kommersiële bedrywighede in die Koninkryksaal? (Joh. 2:15, 16; 1 Kor. 10:24, 31-33)

Verhaal 90

Die vrou by die put

  1. Hoekom het Jesus by ’n put in Samaria gestop, en wat sê hy vir ’n vrou daar?

  2. Hoekom is die vrou verbaas, wat sê Jesus vir haar, en hoekom?

  3. Van watter soort water dink die vrou praat Jesus, maar watter water bedoel hy eintlik?

  4. Hoekom is die vrou verbaas oor wat Jesus van haar weet, en hoe het hy hierdie inligting gekry?

  5. Watter lesse kan ons leer uit die verslag oor die vrou by die put?

Bykomende vrae:

  1. Lees Johannes 4:5-43.

    1. In navolging van Jesus se voorbeeld, watter gesindheid moet ons aan die dag lê teenoor mense van ’n ander ras of sosiale agtergrond? (Joh. 4:9; 1 Kor. 9:22; 1 Tim. 2:3, 4; Tit. 2:11)

    2. Watter geestelike voordele geniet iemand wat ’n dissipel van Jesus word? (Joh. 4:14; Jes. 58:11; 2 Kor. 4:16)

    3. Hoe kan ons waardering toon soos dié van die Samaritaanse vrou, wat gretig was om ander te vertel wat sy geleer het? (Joh. 4:7, 28; Matt. 6:33; Luk. 10:40-42)

Verhaal 91

Jesus leer op ’n berg

  1. Waar leer Jesus mense in die prent, en wie is die mans wat naaste aan hom sit?

  2. Wat is die name van die 12 apostels?

  3. Wat is die Koninkryk waarvan Jesus preek?

  4. Waarvoor leer Jesus die mense om te bid?

  5. Wat sê Jesus oor hoe mense mekaar moet behandel?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 5:1-12.

    Op watter maniere kan ons wys dat ons bewus is van ons geestelike behoefte? (Matt. 5:3; Rom. 10:13-15; 1 Tim. 4:13, 15, 16)

  2. Lees Matteus 5:21-26.

    Hoe beklemtoon Matteus 5:23, 24 dat ons verhouding met ons broers ’n invloed het op ons verhouding met Jehovah? (Matt. 6:14, 15; Ps. 133:1; Kol. 3:13; 1 Joh. 4:20)

  3. Lees Matteus 6:1-8.

    Wat is party vorme van eiegeregtigheid wat Christene moet vermy? (Luk. 18:11, 12; 1 Kor. 4:6, 7; 2 Kor. 9:7)

  4. Lees Matteus 6:25-34.

    Wat het Jesus geleer oor die belangrikheid daarvan om op Jehovah te vertrou vir ons materiële lewensmiddele? (Eks. 16:4; Ps. 37:25; Fil. 4:6)

  5. Lees Matteus 7:1-11.

    Wat leer ons uit die treffende illustrasie in Matteus 7:5? (Spr. 26:12; Rom. 2:1; 14:10; Jak. 4:11, 12)

Verhaal 92

Jesus wek dooies op

  1. Wie is die meisie in die prent se pa, en hoekom is hy en sy vrou baie bekommerd?

  2. Wat doen Jaïrus wanneer hy vir Jesus kry?

  3. Wat gebeur terwyl Jesus op pad is na Jaïrus se huis toe, en watter boodskap kry Jaïrus op pad?

  4. Hoekom lag die mense in Jaïrus se huis vir Jesus?

  5. Wat doen Jesus nadat hy drie apostels en die meisie se pa en ma na die meisie se kamer toe gevat het?

  6. Wie anders het Jesus uit die dode opgewek, en wat wys dit?

Bykomende vrae:

  1. Lees Lukas 8:40-56.

    Hoe het Jesus medelye en redelikheid teenoor die vrou met die bloedvloeiing betoon, en wat kan Christen- ouer manne van vandag hieruit leer? (Luk. 8:43, 44, 47, 48; Lev. 15:25-27; Matt. 9:12, 13; Kol. 3:12-14)

  2. Lees Lukas 7:11-17.

    Hoekom kan diegene wat geliefdes aan die dood afgegee het, groot vertroosting vind in Jesus se reaksie op die weduwee van Nain? (Luk. 7:13; 2 Kor. 1:3, 4; Heb. 4:15)

  3. Lees Johannes 11:17-44.

    Hoe het Jesus gewys dat dit normaal is om oor die dood van ’n geliefde te treur? (Joh. 11:33-36, 38; 2 Sam. 18:33; 19:1-4)

Verhaal 93

Jesus gee baie mense kos

  1. Watter verskriklike ding het met Johannes die Doper gebeur, en hoe laat dit Jesus voel?

  2. Hoe gee Jesus vir die skares wat hom gevolg het, kos, en hoeveel kos bly oor?

  3. Hoekom is die dissipels gedurende die nag bang, en wat gebeur met Petrus?

  4. Hoe gee Jesus ’n tweede keer vir duisende mense kos?

  5. Hoekom sal dit wonderlik wees wanneer Jesus as God se Koning oor die aarde regeer?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 14:1-32.

    1. Watter insig gee die verslag in Matteus 14:23-32 in Petrus se persoonlikheid?

    2. Hoe toon die skriftuurlike verslag dat Petrus meer volwasse geword en sy impulsiewe gedrag te bowe gekom het? (Matt. 14:27-30; Joh. 18:10; 21:7; Hand. 2:14, 37-40; 1 Pet. 5:6, 10)

  2. Lees Matteus 15:29-38.

    Hoe het Jesus respek getoon vir die materiële voorsienings wat van sy Vader kom? (Matt. 15:37; Joh. 6:12; Kol. 3:15)

  3. Lees Johannes 6:1-21.

    Hoe kan Christene vandag Jesus se voorbeeld volg met betrekking tot die regering? (Joh. 6:15; Matt. 22:21; Rom. 12:2; 13:1-4)

Verhaal 94

Hy is lief vir kindertjies

  1. Waaroor stry die apostels op hulle pad terug ná ’n lang reis?

  2. Hoekom roep Jesus ’n kindjie en laat hy hom tussen die apostels staan?

  3. Die apostels moet leer om op watter manier soos kinders te wees?

  4. Hoe wys Jesus ’n paar maande later dat hy lief is vir kinders?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 18:1-4.

    Hoekom het Jesus illustrasies gebruik om mense te leer? (Matt. 13:34, 36; Mark. 4:33, 34)

  2. Lees Matteus 19:13-15.

    Watter eienskappe van jong kinders moet ons naboots as ons Koninkrykseëninge wil geniet? (Ps. 25:9; 138:6; 1 Kor. 14:20)

  3. Lees Markus 9:33-37.

    Wat het Jesus sy dissipels geleer oor ’n begeerte na prominente posisies? (Mark. 9:35; Matt. 20:25, 26; Gal. 6:3; Fil. 2:5-8)

  4. Lees Markus 10:13-16.

    Hoe genaakbaar was Jesus, en wat kan Christen- ouer manne uit sy voorbeeld leer? (Mark. 6:30-34; Fil. 2:1-4; 1 Tim. 4:12)

Verhaal 95

Hoe Jesus ander leer

  1. Watter vraag vra ’n man vir Jesus, en hoekom?

  2. Wat gebruik Jesus partykeer om ander te leer, en wat het ons vroeër oor die Jode en die Samaritane geleer?

  3. Wat gebeur met ’n Jood wat op die pad na Jerigo reis in die storie wat Jesus vertel?

  4. Wat gebeur wanneer ’n Joodse priester en ’n Leviet daarlangs loop?

  5. Wie help die beseerde Jood in die prent?

  6. Watter vraag vra Jesus aan die einde van sy storie, en hoe antwoord die man?

Bykomende vrae:

  1. Lees Lukas 10:25-37.

    1. Hoe het Jesus ’n man wat met die Wet vertroud was, gehelp om oor ’n saak te redeneer, eerder as om ’n direkte antwoord te gee? (Luk. 10:26; Matt. 16:13-16)

    2. Hoe het Jesus illustrasies gebruik om vooroordeel aan die kant van sy toehoorders te bowe te kom? (Luk. 10:36, 37; 18:9-14; Tit. 1:9)

Verhaal 96

Jesus maak siekes gesond

  1. Wat doen Jesus terwyl hy deur die land reis?

  2. Wat sê Jesus vir sy apostels omtrent drie jaar nadat hy gedoop is?

  3. Wie is die mense in die prent, en wat doen Jesus vir die vrou?

  4. Hoekom laat Jesus se antwoord op die klagtes van die godsdiensleiers hulle skaam voel?

  5. Wat doen Jesus vir twee blinde bedelaars wanneer hy en sy apostels naby Jerigo is?

  6. Hoekom doen Jesus wonderwerke?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 15:30, 31.

    Hoe word Jehovah se krag op wonderlike wyse deur Jesus geopenbaar, en watter uitwerking behoort dit te hê op hoe ons Jehovah se beloftes vir die nuwe wêreld verstaan? (Ps. 37:29; Jes. 33:24)

  2. Lees Lukas 13:10-17.

    Hoe wys die feit dat Jesus van sy uitsonderlikste wonderwerke op die Sabbat gedoen het watter soort verligting hy gedurende sy Duisendjarige Heerskappy vir die mensdom sal bring? (Luk. 13:10-13; Ps. 46:9; Matt. 12:8; Kol. 2:16, 17; Op. 21:1-4)

  3. Lees Matteus 20:29-34.

    Hoe wys hierdie verslag dat Jesus nooit te besig was om mense te help nie, en wat kan ons hieruit leer? (Deut. 15:7; Jak. 2:15, 16; 1 Joh. 3:17)

Verhaal 97

Jesus kom as koning

  1. Wat sê Jesus vir sy dissipels om te doen wanneer hy by ’n klein dorpie naby Jerusalem kom?

  2. Wat gebeur in die prent wanneer Jesus naby die stad Jerusalem kom?

  3. Wat doen die jong kinders wanneer hulle sien dat Jesus mense gesond maak wat blind en kreupel is?

  4. Wat sê Jesus vir die priesters wat kwaad is?

  5. Hoe kan ons soos die kinders wees wat Jesus loof?

  6. Wat wil die dissipels weet?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 21:1-17.

    1. Hoe was Jesus se intog as Koning in Jerusalem anders as dié van seëvierende generaals in Romeinse tye? (Matt. 21:4, 5; Sag. 9:9; Fil. 2:5-8; Kol. 2:15)

    2. Watter les kan jongmense leer by die Israelitiese seuns wat uit Psalm 118 aangehaal het toe Jesus in die tempel ingegaan het? (Matt. 21:9, 15; Ps. 118:25, 26; 2 Tim. 3:15; 2 Pet. 3:18)

  2. Lees Johannes 12:12-16.

    Wat word afgebeeld deur die feit dat die mense wat Jesus geloof het, palmtakke gebruik het? (Joh. 12:13; Fil. 2:10; Op. 7:9, 10)

Verhaal 98

Op die Olyfberg

  1. Watter man in die prent is Jesus, en wie is by hom?

  2. Wat het die priesters probeer om in die tempel aan Jesus te doen, en wat het hy vir hulle gesê?

  3. Wat vra die apostels vir Jesus?

  4. Hoekom vertel Jesus vir sy apostels party van die dinge wat op die aarde gaan gebeur wanneer hy as Koning in die hemel regeer?

  5. Wat sê Jesus gaan gebeur voordat hy ’n einde aan alle slegte dinge op die aarde maak?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 23:1-39.

    1. Hoewel die Skrif toon dat die gebruik van sekulêre titels gepas kan wees, wat toon Jesus se woorde in Matteus 23:8-11 oor die gebruik van vleiende titels in die Christengemeente? (Hand. 26:25; Rom. 13:7; 1 Pet. 2:13, 14)

    2. Wat het die Fariseërs gebruik om mense te probeer keer om Christene te word, en hoe het godsdiensleiers in hedendaagse tye soortgelyke taktieke gebruik? (Matt. 23:13; Luk. 11:52; Joh. 9:22; 12:42; 1 Tess. 2:16)

  2. Lees Matteus 24:1-14.

    1. Hoe vestig Matteus 24:13 die aandag op die belangrikheid van volharding?

    2. Wat beteken die uitdrukking “die einde” in Matteus 24:13? (Matt. 16:27; Rom. 14:10-12; 2 Kor. 5:10)

  3. Lees Markus 13:3-10.

    Watter uitdrukking in Markus 13:10 toon hoe dringend dit is om die goeie nuus te verkondig, en watter uitwerking moet Jesus se woorde op ons hê? (Rom. 13:11, 12; 1 Kor. 7:29-31; 2 Tim. 4:2)

Verhaal 99

In ’n bokamer

  1. Hoekom is Jesus en sy 12 apostels in ’n groot bokamer, soos die prent wys?

  2. Wie is die man wat uitgaan, en wat gaan hy doen?

  3. Met watter spesiale maal begin Jesus nadat die Pasgamaal klaar is?

  4. Aan watter gebeurtenis het die Pasga die Israeliete laat dink, en waaraan laat hierdie spesiale maal Jesus se volgelinge dink?

  5. Wat sê Jesus ná die Here se Aandmaal vir sy volgelinge, en wat doen hulle?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 26:14-30.

    1. Hoe wys Matteus 26:15 dat Judas Jesus opsetlik verraai het?

    2. Aan watter tweevoudige doel beantwoord Jesus se vergote bloed? (Matt. 26:27, 28; Jer. 31:31-33; Ef. 1:7; Heb. 9:19, 20)

  2. Lees Lukas 22:1-39.

    In watter sin het Satan in Judas ingevaar? (Luk. 22:3; Joh. 13:2; Hand. 1:24, 25)

  3. Lees Johannes 13:1-20.

    1. In die lig van die verslag in Johannes 13:2, kan Judas blameer word vir wat hy gedoen het, en watter les kan God se knegte hieruit leer? (Gen. 4:7; 2 Kor. 2:11; Gal. 6:1; Jak. 1:13, 14)

    2. Watter praktiese les het Jesus voorsien? (Joh. 13:15; Matt. 23:11; 1 Pet. 2:21)

  4. Lees Johannes 17:1-26.

    Jesus het gebid dat sy volgelinge in watter sin ‘een moet wees’? (Joh. 17:11, 21-23; Rom. 13:8; 14:19; Kol. 3:14)

Verhaal 100

Jesus in die tuin

  1. Waarheen gaan Jesus en sy apostels nadat hulle uit die bokamer weggegaan het, en wat sê hy moet hulle doen?

  2. Wat sien Jesus wanneer hy terugkom na waar die apostels is, en hoeveel keer gebeur dit?

  3. Wie kom in die tuin in, en wat doen Judas Iskariot, soos die prent wys?

  4. Hoekom soen Judas vir Jesus, en wat doen Petrus?

  5. Wat sê Jesus vir Petrus, maar hoekom vra Jesus nie vir God om enige engele te stuur nie?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 26:36-56.

    1. Hoe is die manier waarop Jesus sy dissipels raad gegee het, ’n goeie voorbeeld vir Christen- ouer manne van vandag? (Matt. 20:25-28; 26:40, 41; Gal. 5:17; Ef. 4:29, 31, 32)

    2. Hoe het Jesus die gebruik van wapens teen ander mense beskou? (Matt. 26:52; Luk. 6:27, 28; Joh. 18:36)

  2. Lees Lukas 22:39-53.

    Het die feit dat ’n engel in die tuin van Getsemane aan Jesus verskyn het om hom te versterk, beteken dat Jesus in sy geloof gewankel het? Verduidelik (Luk. 22:41-43; Jes. 49:8; Matt. 4:10, 11; Heb. 5:7)

  3. Lees Johannes 18:1-12.

    Hoe het Jesus sy dissipels teen sy teenstanders beskerm, en wat kan ons uit hierdie voorbeeld leer? (Joh. 10:11, 12; 18:1, 6-9; Heb. 13:6; Jak. 2:25)

Verhaal 101

Jesus word doodgemaak

  1. Hoofsaaklik wie is verantwoordelik vir Jesus se dood?

  2. Wat doen die apostels wanneer die godsdiensleiers vir Jesus vang?

  3. Wat gebeur by die huis van Kajafas, die hoëpriester?

  4. Hoekom gaan Petrus weg en huil?

  5. Wat skreeu die hoofpriesters nadat Jesus na Pilatus toe teruggebring is?

  6. Wat gebeur vroeg Vrydagmiddag met Jesus, en wat belowe Jesus vir ’n misdadiger wat langs hom aan ’n paal hang?

  7. Waar sal die Paradys wees waarvan Jesus gepraat het?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 26:57-75.

    Hoe het die lede van die Joodse Hoë Raad gewys dat hulle harte goddeloos is? (Matt. 26:59, 67, 68)

  2. Lees Matteus 27:1-50.

    Hoekom kan ons sê dat die berou wat Judas gevoel het, nie opreg was nie? (Matt. 27:3, 4; Mark. 3:29; 14:21; 2 Kor. 7:10, 11)

  3. Lees Lukas 22:54-71.

    Watter les kan ons leer uit Petrus se verloëning van Jesus die nag toe hy verraai en in hegtenis geneem is? (Luk. 22:60-62; Matt. 26:31-35; 1 Kor. 10:12)

  4. Lees Lukas 23:1-49.

    Hoe het Jesus gereageer op die onreg wat hy aangedoen is, en watter les kan ons hieruit leer? (Luk. 23:33, 34; Rom. 12:17-19; 1 Pet. 2:23)

  5. Lees Johannes 18:12-40.

    Wat toon die feit dat Petrus, hoewel hy vir ’n oomblik deur mensevrees verlam is, herstel het en ’n voortreflike apostel geword het? (Joh. 18:25-27; 1 Kor. 4:2; 1 Pet. 3:14, 15; 5:8, 9)

  6. Lees Johannes 19:1-30.

    1. Watter gebalanseerde beskouing van materiële dinge het Jesus gehad? (Joh. 2:1, 2, 9, 10; 19:23, 24; Matt. 6:31, 32; 8:20)

    2. Hoe was Jesus se laaste woorde ’n triomfantlike verklaring dat hy Jehovah se soewereiniteit ondersteun het? (Joh. 16:33; 19:30; 2 Pet. 3:14; 1 Joh. 5:4)

Verhaal 102

Jesus lewe

  1. Wie is die vrou in die prent, wie is die twee mans, en waar is hulle?

  2. Hoekom sê Pilatus vir die priesters om soldate te stuur om by Jesus se graf wag te hou?

  3. Wat doen ’n engel vroeg op die derde dag ná Jesus se dood, maar wat doen die priesters?

  4. Hoekom is party vroue verbaas wanneer hulle na Jesus se graf toe kom?

  5. Hoekom hardloop Petrus en Johannes na Jesus se graf toe, en wat sien hulle daar?

  6. Wat het met Jesus se liggaam gebeur, maar wat doen hy om vir die dissipels te wys dat hy lewe?

Bykomende vrae:

  1. Lees Matteus 27:62-66 en 28:1-15.

    Hoe het die hoofpriesters, Fariseërs en ouer manne teen die heilige gees gesondig toe Jesus opgewek is? (Matt. 12:24, 31, 32; 28:11-15)

  2. Lees Lukas 24:1-12.

    Hoe wys die verslag oor Jesus se opstanding dat Jehovah vroue as betroubare getuies beskou? (Luk. 24:4, 9, 10; Matt. 28:1-7)

  3. Lees Johannes 20:1-12.

    Hoe help Johannes 20:8, 9 ons om te sien dat dit belangrik is om geduldig te wees as ons nie die vervulling van ’n Bybelprofesie heeltemal verstaan nie? (Spr. 4:18; Matt. 17:22, 23; Luk. 24:5-8; Joh. 16:12)

Verhaal 103

In ’n geslote kamer

  1. Wat sê Maria vir ’n man wat sy dink die tuinier is, maar wat laat haar besef dat dit eintlik Jesus is?

  2. Wat gebeur met twee dissipels wat na die dorp Emmaus toe loop?

  3. Watter verbasende ding gebeur wanneer twee dissipels vir die apostels vertel dat hulle Jesus gesien het?

  4. Hoeveel keer het Jesus aan sy volgelinge verskyn?

  5. Wat sê Tomas wanneer hy hoor dat die dissipels die Here gesien het, maar wat gebeur agt dae later?

Bykomende vrae:

  1. Lees Johannes 20:11-29.

    Het Jesus in Johannes 20:23 gesê dat mense gesag het om sondes te vergewe? Verduidelik (Ps. 49:2, 7; Jes. 55:7; 1 Tim. 2:5, 6; 1 Joh. 2:1, 2)

  2. Lees Lukas 24:13-43.

    Hoe kan ons ons hart voorberei sodat dit ontvanklik is vir Bybelwaarhede? (Luk. 24:32, 33; Esra 7:10; Matt. 5:3; Hand. 16:14; Heb. 5:11-14)

Verhaal 104

Jesus gaan terug hemel toe

  1. Hoeveel dissipels sien eenkeer vir Jesus, en waaroor praat hy met hulle?

  2. Wat is die Koninkryk van God, en hoe sal die lewe op die aarde wees wanneer Jesus ’n duisend jaar lank as Koning regeer?

  3. Hoeveel dae lank verskyn Jesus aan sy dissipels, maar wat moet hy nou doen?

  4. Wat sê Jesus, net voordat hy van sy dissipels af weggaan, moet hulle doen?

  5. Wat gebeur in die prent, en hoekom kan hulle Jesus nie meer sien nie?

Bykomende vrae:

  1. Lees 1 Korintiërs 15:3-8.

    Hoekom kon die apostel Paulus met soveel vertroue van Jesus se opstanding praat, en waaroor kan Christene vandag met vertroue praat? (1 Kor. 15:4, 7, 8; Jes. 2:2, 3; Matt. 24:14; 2 Tim. 3:1-5)

  2. Lees Handelinge 1:1-11.

    Hoe ver het die predikingswerk versprei, soos in Handelinge 1:8 voorspel is? (Hand. 6:7; 9:31; 11:19-21; Kol. 1:23)

Verhaal 105

Hulle wag in Jerusalem

  1. Wat wys die prent gebeur met Jesus se volgelinge wat in Jerusalem gewag het?

  2. Watter verrassing kry besoekers aan Jerusalem?

  3. Wat verduidelik Petrus vir die mense?

  4. Hoe voel die mense nadat hulle na Petrus geluister het, en wat sê hy vir hulle om te doen?

  5. Hoeveel mense word op daardie dag, Pinkster 33 G.J., gedoop?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 2:1-47.

    1. Hoe het Petrus se woorde in Handelinge 2:23, 36 gewys dat die hele Joodse nasie aanspreeklik was vir Jesus se dood? (1 Tess. 2:14, 15)

    2. Hoe het Petrus ’n goeie voorbeeld van redenering uit die Skrif gestel? (Hand. 2:16, 17, 29, 31, 36, 39; Kol. 4:6)

    3. Hoe het Petrus die eerste van “die sleutels van die koninkryk van die hemele” gebruik, wat Jesus belowe het om aan hom te gee? (Hand. 2:14, 22-24, 37, 38; Matt. 16:19)

Verhaal 106

Uit die tronk vrygelaat

  1. Wat gebeur een middag met Petrus en Johannes wanneer hulle na die tempel toe gaan?

  2. Wat sê Petrus vir ’n kreupel man, en wat gee Petrus vir hom wat meer werd is as geld?

  3. Hoekom is die godsdiensleiers kwaad, en wat doen hulle met Petrus en Johannes?

  4. Wat sê Petrus vir die godsdiensleiers, en watter waarskuwing kry die apostels?

  5. Hoekom is die godsdiensleiers jaloers, maar wat gebeur wanneer die apostels die tweede keer in die tronk gegooi word?

  6. Hoe antwoord die apostels wanneer hulle na die Sanhedrinsaal gebring word?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 3:1-10.

    Al word ons vandag nie die krag gegee om wonderwerke te doen nie, hoe help Petrus se woorde in Handelinge 3:6 ons om die waarde van die Koninkryksboodskap te waardeer? (Joh. 17:3; 2 Kor. 5:18-20; Fil. 3:8)

  2. Lees Handelinge 4:1-31.

    In watter opsig moet ons ons eerste-eeuse Christenbroers navolg wanneer ons voor teenstand in die bediening te staan kom? (Hand. 4:29, 31; Ef. 6:18-20; 1 Tess. 2:2)

  3. Lees Handelinge 5:17-42.

    Hoe het party wat nie Getuies is nie, in die verlede en die hede, redelikheid getoon ten opsigte van die predikingswerk? (Hand. 5:34-39)

Verhaal 107

Stefanus word gestenig

  1. Wie is Stefanus, en wat het God hom gehelp om te doen?

  2. Wat sê Stefanus wat die godsdiensleiers baie kwaad maak?

  3. Wat doen die mans wanneer hulle Stefanus uit die stad uitsleep?

  4. Wie is die jong man in die prent wat by die klere staan?

  5. Wat sê Stefanus in gebed tot Jehovah voordat hy doodgaan?

  6. Soos Stefanus, wat moet ons doen wanneer iemand iets slegs aan ons doen?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 6:8-15.

    Watter bedrieglike taktieke het godsdiensleiers gebruik om die predikingswerk van Jehovah se Getuies te probeer stopsit? (Hand. 6:9, 11, 13)

  2. Lees Handelinge 7:1-60.

    1. Wat het Stefanus gehelp om ’n doeltreffende verdediging van die goeie nuus voor die Sanhedrin te gee, en wat kan ons uit sy voorbeeld leer? (Hand. 7:51-53; Rom. 15:4; 2 Tim. 3:14-17; 1 Pet. 3:15)

    2. Watter gesindheid moet ons aankweek teenoor diegene wat ons werk teëstaan? (Hand. 7:58-60; Matt. 5:44; Luk. 23:33, 34)

Verhaal 108

Op die pad na Damaskus

  1. Wat doen Saulus nadat Stefanus doodgemaak is?

  2. Watter verbasende ding gebeur wanneer Saulus op pad na Damaskus is?

  3. Wat sê Jesus vir Saulus om te doen?

  4. Watter instruksies gee Jesus vir Ananias, en wat gebeur sodat Saulus weer kan sien?

  5. Onder watter naam raak Saulus bekend, en hoe word hy gebruik?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 8:1-4.

    Hoe het die vlaag van vervolging wat teen die nuut gevormde Christengemeente gekom het, die Christelike geloof versprei, en watter soortgelyke situasie het in hedendaagse tye ontstaan? (Hand. 8:4; Jes. 54:17)

  2. Lees Handelinge 9:1-20.

    Watter drievoudige werk het Jesus gesê dat hy vir Saulus in gedagte het? (Hand. 9:15; 13:5; 26:1; 27:24; Rom. 11:13)

  3. Lees Handelinge 22:6-16.

    Hoe kan ons soos Ananias wees, en hoekom is dit belangrik? (Hand. 22:12; 1 Tim. 3:7; 1 Pet. 1:14-16; 2:12)

  4. Lees Handelinge 26:8-20.

    Hoe is Saulus se bekering tot die Christelike geloof ’n aanmoediging vir diegene wat vandag ongelowige huweliksmaats het? (Hand. 26:11; 1 Tim. 1:14-16; 2 Tim. 4:2; 1 Pet. 3:1-3)

Verhaal 109

Petrus by Kornelius

  1. Wie is die man in die prent wat kniel?

  2. Wat sê ’n engel vir Kornelius?

  3. Wat laat God vir Petrus sien wanneer hy op die dak van Simon se huis in Joppe is?

  4. Hoekom sê Petrus vir Kornelius hy moenie kniel en hom aanbid nie?

  5. Hoekom is die Joodse dissipels wat saam met Petrus gekom het, verbaas?

  6. Watter belangrike les moet ons leer uit Petrus se besoek aan Kornelius?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 10:1-48.

    Wat toon Petrus se woorde in Handelinge 10:42 oor die werk om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig? (Matt. 28:19; Mark. 13:10; Hand. 1:8)

  2. Lees Handelinge 11:1-18.

    Watter gesindheid het Petrus aan die dag gelê toe Jehovah se riglyne in verband met nie-Jode duidelik geword het, en hoe kan ons sy voorbeeld navolg? (Hand. 11:17, 18; 2 Kor. 10:5; Ef. 5:17)

Verhaal 110

Timoteus help vir Paulus

  1. Wie is die jong man in die prent, waar woon hy, en wat is sy ma en ouma se name?

  2. Wat sê Timoteus wanneer Paulus hom vra of hy saam met hom en Silas wil gaan om vir mense in ver plekke te preek?

  3. Waar word Jesus se volgelinge vir die eerste keer Christene genoem?

  4. Wat is party van die stede waarheen Paulus, Silas en Timoteus gaan nadat hulle uit Antiogië weggaan?

  5. Hoe help Timoteus vir Paulus, en wat moet jongmense hulle vandag afvra?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 9:19-30.

    Hoe het die apostel Paulus oordeelkundigheid aan die dag gelê toe hy met teenstand teen die goeie nuus te kampe gehad het? (Hand. 9:22-25, 29, 30; Matt. 10:16)

  2. Lees Handelinge 11:19-26.

    Hoe wys die verslag in Handelinge 11:19-21, 26 dat Jehovah se gees die predikingswerk rig en lei?

  3. Lees Handelinge 13:13-16, 42-52.

    Hoe wys Handelinge 13:51, 52 dat die dissipels nie toegelaat het dat teenstand hulle mismoedig maak nie? (Matt. 10:14; Hand. 18:6; 1 Pet. 4:14)

  4. Lees Handelinge 14:1-6, 19-28.

    Hoe help die uitdrukking ‘hulle het hulle aan Jehovah opgedra’ om ons van enige onnodige angstigheid te bevry terwyl ons nuwelinge help? (Hand. 14:21-23; 20:32; Joh. 6:44)

  5. Lees Handelinge 16:1-5.

    Hoe toon die feit dat Timoteus bereid was om besny te word, hoe belangrik dit is om ‘alles ter wille van die goeie nuus te doen’? (Hand. 16:3; 1 Kor. 9:23; 1 Tess. 2:8)

  6. Lees Handelinge 18:1-11, 18-22.

    Wat dui Handelinge 18:9, 10 aan oor Jesus se persoonlike betrokkenheid by die leiding van die predikingswerk, en watter vertroue gee dit ons vandag? (Matt. 28:20)

Verhaal 111

’n Seun raak aan die slaap

  1. Wie is die seun wat in die prent op die grond lê, en wat het met hom gebeur?

  2. Wat doen Paulus wanneer hy sien dat die seun dood is?

  3. Waarheen gaan Paulus, Timoteus en dié wat saam met hulle reis, en wat gebeur wanneer hulle by Milete stop?

  4. Waaroor waarsku die profeet Agabus vir Paulus, en hoe gebeur dit net soos die profeet sê?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 20:7-38.

    1. Hoe kan ons, volgens Paulus se woorde in Handelinge 20:26, 27, “rein . . . van die bloed van alle mense” bly? (Eseg. 33:8; Hand. 18:6, 7)

    2. Hoekom moet ouer manne “stewig aan die betroubare woord vashou” wanneer hulle onderrig? (Hand. 20:17, 29, 30; Tit. 1:7-9; 2 Tim. 1:13)

  2. Lees Handelinge 26:24-32.

    Hoe het Paulus sy Romeinse burgerskap gebruik om die opdrag wat hy van Jesus ontvang het om die predikingswerk te doen, uit te voer? (Hand. 9:15; 16:37, 38; 25:11, 12; 26:32; Luk. 21:12, 13)

Verhaal 112

Gestrand op ’n eiland

  1. Wat gebeur met die boot waarop Paulus is wanneer dit naby die eiland Kreta verbyseil?

  2. Wat sê Paulus vir die mense op die boot?

  3. Hoekom breek die boot in stukke?

  4. Watter instruksies gee die leëroffisier in bevel, en hoeveel mense kom veilig op die strand?

  5. Wat is die naam van die eiland waarop hulle is, en wat gebeur met Paulus wanneer die weer beter word?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 27:1-44.

    Hoe word ons vertroue in die juistheid van die Bybelverslag versterk wanneer ons die verslag van Paulus se reis na Rome lees? (Hand. 27:16-19, 27-32; Luk. 1:3; 2 Tim. 3:16, 17)

  2. Lees Handelinge 28:1-14.

    As die heidense bewoners van Malta Paulus en sy medeskipbreukelinge met “buitengewone mensliewendheid” behandel het, watter eienskap moet Christene beweeg word om aan die dag te lê en veral hoe? (Hand. 28:1, 2; Heb. 13:1, 2; 1 Pet. 4:9)

Verhaal 113

Paulus in Rome

  1. Vir wie preek Paulus terwyl hy ’n gevangene in Rome is?

  2. Wie is die besoeker by die tafel in die prent, en wat doen hy vir Paulus?

  3. Wie is Epafroditus, en wat vat hy saam met hom wanneer hy na Filippi toe teruggaan?

  4. Hoekom skryf Paulus ’n brief aan sy goeie vriend Filemon?

  5. Wat doen Paulus wanneer hy vrygelaat word, en wat gebeur later met hom?

  6. Wie gebruik Jehovah om die laaste boeke van die Bybel te skryf, en waarvan vertel die boek Openbaring?

Bykomende vrae:

  1. Lees Handelinge 28:16-31 en Filippense 1:13.

    Hoe het Paulus sy tyd gebruik terwyl hy in Rome gevange gehou is, en watter uitwerking het sy onwrikbare geloof op die Christengemeente gehad? (Hand. 28:23, 30; Fil. 1:14)

  2. Lees Filippense 2:19-30.

    Watter betuigings van waardering het Paulus oor Timoteus en Epafroditus gemaak, en hoe kan ons Paulus se voorbeeld navolg? (Fil. 2:20, 22, 25, 29, 30; 1 Kor. 16:18; 1 Tess. 5:12, 13)

  3. Lees Filemon 1-25.

    1. Op grond waarvan het Paulus vir Filemon aangespoor om te doen wat reg is, en hoe is dit ’n riglyn vir ouer manne van vandag? (Filem. 9; 2 Kor. 8:8; Gal. 5:13)

    2. Hoe toon Paulus se woorde in Filemon 13, 14 dat hy die gewete van ander in die gemeente gerespekteer het? (1 Kor. 8:7, 13; 10:31-33)

  4. Lees 2 Timoteus 4:7-9.

    Hoe kan ons, soos die apostel Paulus, die vertroue hê dat Jehovah ons sal beloon as ons tot die einde toe getrou bly? (Matt. 24:13; Heb. 6:10)

Verhaal 114

’n Einde aan alle slegte dinge

  1. Hoekom praat die Bybel van perde in die hemel?

  2. Wat is die naam van God se oorlog teen slegte mense op die aarde, en wat is die doel van hierdie oorlog?

  3. Volgens die prent, wie is die Een wat die leiding gaan neem in die geveg, hoekom dra hy ’n kroon, en wat beteken sy swaard?

  4. As jy terugkyk na Verhaal 10, 15 en 33, hoekom moet ons nie verbaas wees dat God slegte mense gaan vernietig nie?

  5. Hoe wys Verhaal 36 en 76 vir ons dat God slegte mense gaan vernietig, al sê hulle dat hulle hom aanbid?

Bykomende vrae:

  1. Lees Openbaring 19:11-16.

    1. Hoe maak die Skrif dit duidelik dat Jesus Christus die ruiter op die wit perd is? (Op. 1:5; 3:14; 19:11; Jes. 11:4)

    2. Hoe bevestig die bloed wat op Jesus se bokleed gesprinkel is dat sy oorwinning beslissend en volkome is? (Op. 14:18-20; 19:13; Jes. 63:1-6)

    3. Wie is waarskynlik deel van die leërs wat Jesus op sy wit perd volg? (Op. 12:7; 19:14; Matt. 25:31, 32)

Verhaal 115

’n Nuwe paradys op aarde

  1. Watter toestande sê die Bybel sal ons in die aardse Paradys geniet?

  2. Wat belowe die Bybel aan die mense wat in die Paradys lewe?

  3. Wanneer sal Jesus sorg dat hierdie wonderlike verandering plaasvind?

  4. Wat het Jesus gedoen toe hy op die aarde was om te wys wat hy gaan doen wanneer hy Koning van God se Koninkryk word?

  5. Waarvan sal Jesus en dié wat saam met hom in die hemel regeer, seker maak wanneer hulle uit die hemel oor die aarde regeer?

Bykomende vrae:

  1. Lees Openbaring 5:9, 10.

    Hoekom kan ons die vertroue hê dat diegene wat gedurende die Duisendjarige Heerskappy oor die aarde gaan regeer, simpatieke en barmhartige konings en priesters sal wees? (Ef. 4:20-24; 1 Pet. 1:7; 3:8; 5:6-10)

  2. Lees Openbaring 14:1-3.

    Wat word aangedui deur die feit dat die naam van die Vader en die naam van die Lam op die voorkoppe van die 144 000 geskrywe staan? (1 Kor. 3:23; 2 Tim. 2:19; Op. 3:12)

Verhaal 116

Hoe ons vir ewig kan lewe

  1. Wat moet ons weet as ons vir ewig wil lewe?

  2. Hoe kan ons, soos die meisie en haar maatjies in die prent, van Jehovah God en Jesus leer?

  3. Watter ander boek sien jy in die prent, en hoekom moet ons dit dikwels lees?

  4. Wat anders is nodig om die ewige lewe te kry, buiten om van Jehovah en Jesus te leer?

  5. Watter les leer ons in Verhaal 69?

  6. Wat wys die goeie voorbeeld van jong Samuel in Verhaal 55?

  7. Hoe kan ons die voorbeeld van Jesus Christus navolg, en as ons dit doen, wat sal ons in die toekoms kan doen?

Bykomende vrae:

  1. Lees Johannes 17:3.

    Hoe wys die Skrif dat dit nie net die memorisering van feite behels as ons kennis van Jehovah God en Jesus Christus wil inneem nie? (Matt. 7:21; Jak. 2:18-20; 1 Joh. 2:17)

  2. Lees Psalm 145:1-21.

    1. Wat is party van die baie redes wat ons het om Jehovah te loof? (Ps. 145:8-11; Op. 4:11)

    2. Hoe is Jehovah “goed vir almal”, en hoe moet dit ons steeds nader aan hom laat kom? (Ps. 145:9; Matt. 5:43-45)

    3. Wat sal ons wil doen as Jehovah na aan ons hart is? (Ps. 119:171, 172, 175; 145:11, 12, 21)