Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die Paradysaarde

Die Paradysaarde

Jehovah sal al die kwaad wat Satan aangerig het heeltemal ongedaan maak. Jehovah het Jesus die Koning oor die hele aarde gemaak. Onder sy heerskappy sal die aarde in ’n paradys omgeskep word.—Daniël 7:13,14; Lukas 23:43,NW.

Jehovah belowe hierdie dinge:

  • VOLOP VOEDSEL: “Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.” “Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge.”—Psalm 67:7; 72:16.

  • GEEN OORLOG MEER NIE: “Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring, wat die oorloë laat ophou tot by dieeinde van die aarde.”—Psalm 46:9,10.

  • GEEN SLEGTE MENSENIE: “Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; ... En nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.”—Psalm 37:9,10.

  • GEEN SIEKTE, DROEFHEID OF DOOD NIE: “Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel.”—Jesaja 35:5,6.

    “En God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”—Openbaring 21:3,4.

In teenstelling met Satan en die demone vertel Jehovah nooit leuens nie. Alles wat hy belowe, moet bewaarheid word (Lukas 1:36, 37). Jehovah het jou lief en wil hê dat jy in die Paradys moet woon wat hy gaan bring. Tree dus met Jehovah se Getuies in verbinding om meer te leer oor die wonderlike waarhede wat in God se Woord gevind word. As jy die waarheid in jou lewe toepas, sal jy vrygemaak word van slawerny aan leuens, bygelowe en onkunde. Jy sal mettertyd selfs van slawerny aan sonde en die dood bevry word. Soos Jesus gesê het: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”—Johannes 8:32.