Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Deel 1: Hersiening

Deel 1: Hersiening

Bespreek die volgende vrae met jou studiehouer:

  1. Waarvan hou jy wanneer dit kom by die Bybel se beloftes vir die toekoms?

    (Sien Les 02.)

  2. Hoekom glo jy dat die Bybel God se Woord is?

    (Sien Les 03 en 05.)

  3. Hoekom is dit belangrik om Jehovah se naam te gebruik?

    (Sien Les 04.)

  4. Die Bybel sê dat God “die bron van lewe” is (Psalm 36:9). Glo jy dit?

    (Sien Les 06.)

  5. Lees Spreuke 3:32.

    • Hoekom is Jehovah die beste Vriend wat ons kan hê?

    • Wat verwag Jehovah van sy vriende? Dink jy dat dit redelik is?

      (Sien Les 07 en 08.)

  6. Lees Psalm 62:8.

    • Wat is van die dinge waaroor jy al tot Jehovah gebid het? Oor watter ander dinge kan jy bid?

    • Hoe beantwoord Jehovah gebede?

      (Sien Les 09.)

  7. Lees Hebreërs 10:24, 25.

    • Hoe kan die vergaderinge van Jehovah se Getuies jou help?

    • Dink jy dat dit die moeite werd is om vergaderinge by te woon?

      (Sien Les 10.)

  8. Hoekom is dit goed om die Bybel gereeld te lees? Op watter tyd gedurende die dag lees jy jou Bybel?

    (Sien Les 11.)

  9. Wat het jy sover die meeste omtrent jou Bybelstudie geniet?

  10. Het jy enige probleme gehad vandat jy die Bybel begin studeer het? Watter probleme het jy gehad? Wat kan jou help om aan te hou met jou Bybelstudie?

    (Sien Les 12.)