Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 01

Hoe kan die Bybel jou help?

Hoe kan die Bybel jou help?

Amper almal van ons het vrae oor die lewe, pyn en lyding, die dood en die toekoms. Ons almal is ook bekommerd oor hoe om genoeg geld te maak om te kan lewe en hoe om ’n gelukkige gesin te hê. Baie mense het gesien dat die Bybel hulle nie net help om antwoorde te kry op die belangrike vrae in die lewe nie, maar dat dit hulle ook goeie raad gee wat hulle in hulle lewe kan gebruik. Kan die Bybel enige iemand help wat jy ken?

1. Wat is party vrae wat in die Bybel beantwoord word?

Die Bybel beantwoord hierdie belangrike vrae: Hoe het die lewe begin? Hoekom is ons hier? Hoekom kry onskuldige mense swaar? Wat gebeur met iemand wanneer hy doodgaan? Hoekom is daar so baie oorlog as almal vrede wil hê? Wat gaan in die toekoms met die aarde gebeur? Die Bybel moedig ons aan om die antwoorde op sulke vrae te kry, en die antwoorde in die Bybel het miljoene mense al baie gehelp.

2. Hoe kan die Bybel ons help om ons lewe elke dag te geniet?

Die Bybel gee vir ons goeie raad. Byvoorbeeld, dit leer gesinne hoe om regtig gelukkig te wees. Dit gee vir ons raad oor hoe om stres te hanteer en hoe om ons werk te geniet. Jy sal leer wat die Bybel oor hierdie en baie ander dinge sê terwyl ons saam deur hierdie inligting gaan. Dit sal jou help om te sien dat “die hele Skrif [alles in die Bybel] nuttig” is. – 2 Timoteus 3:16.

Hierdie boek vervang nie die Bybel nie. Dit moedig jou eerder aan om self te kyk wat die Bybel sê. Daarom wil ons graag hê dat jy die tekste in hierdie lesse moet lees en dit moet vergelyk met wat jy leer.

SOEK DIEPER

Kyk hoe die Bybel mense al gehelp het, hoe jy dit kan geniet om die Bybel te lees en hoekom dit goed is dat iemand jou help om die Bybel te verstaan.

3. Die Bybel kan ons help

Die Bybel is soos ’n sterk lig. Dit kan vir ons wys hoe om goeie besluite te maak en ons help om te sien wat in die toekoms gaan gebeur.

Lees Psalm 119:105, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat het die persoon wat hierdie psalm geskryf het, van die Bybel gedink?

  • Wat dink jy van die Bybel?

4. Die Bybel kan ons vrae beantwoord

’n Vrou het gesien hoe die Bybel haar gehelp het om antwoorde te kry op belangrike vrae waaroor sy jare lank gewonder het. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Watter soort vrae het die vrou in die video gehad?

  • Hoe het dit haar gehelp toe sy die Bybel gestudeer het?

Die Bybel moedig ons aan om vrae te vra. Lees Matteus 7:7, en bespreek dan die volgende:

  • Watter vrae het jy wat die Bybel dalk kan beantwoord?

5. Jy kan dit geniet om die Bybel te lees

Baie mense geniet dit om die Bybel te lees, en dit help hulle regtig baie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Hoe voel die jongmense in die video daaroor om te lees?

  • Al hou hulle nie van lees nie, hoekom hou hulle daarvan om die Bybel te lees?

Die Bybel sê dat die dinge wat ons daaruit kan leer, ons kan vertroos en vir ons hoop kan gee. Lees Romeine 15:4, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wil jy meer leer oor die Bybel se belofte van vertroosting en hoop?

6. Ander kan ons help om die Bybel te verstaan

Baie mense lees die Bybel op hulle eie, maar hulle het gesien dat dit hulle help wanneer hulle dit met ander bespreek. Lees Handelinge 8:26-31, en bespreek dan hierdie vraag:

Die Etiopiese man het hulp nodig gehad om die Skrif te verstaan. Vandag sien baie mense dat dit hulle help wanneer hulle die Bybel met ander bespreek

PARTY MENSE SÊ: “Om die Bybel te studeer, is ’n mors van tyd.”

  • Wat sou jy sê? Hoekom?

WAT ONS GELEER HET

Die Bybel gee raad wat mense in hulle lewe kan gebruik, beantwoord belangrike vrae en vertroos mense en gee hulle hoop.

Hersiening

  • Watter soort raad kan ons in die Bybel kry?

  • Wat is party vrae wat in die Bybel beantwoord word?

  • Wat wil jy graag uit die Bybel leer?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe die raad in die Bybel ons vandag kan help.

“Bybelleringe — Raad wat altyd werk” (Die Wagtoring, nr. 1 2018)

Kyk hoe die Bybel ’n man gehelp het wat van kleins af met sy emosies gesukkel het.

Hoe my gelukkige nuwe lewe begin het (2:53)

Kyk na die goeie raad wat die Bybel vir gesinne gee.

“12 Geheime vir ’n suksesvolle gesin” (Ontwaak!, nr. 2 2018)

Baie mense het die verkeerde idee oor wie regtig oor die wêreld regeer. Kyk wat die Bybel daaroor sê.

Waarom moet jy die Bybel studeer?—Vollengte (3:14)