Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 06

Hoe het lewe begin?

Hoe het lewe begin?

“By [God] is die bron van lewe” (Psalm 36:9). Glo jy dit? Party mense dink dat lewe sommer vanself begin het. As dit so is, beteken dit dat ons net per ongeluk hier is. Maar as Jehovah God lewe gemaak het, sou dit mos ’n doel gehad het, of hoe? a Kom ons kyk na wat die Bybel sê oor hoe lewe begin het en ook hoekom ons dit kan glo.

1. Hoe het die heelal begin?

Die Bybel sê: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep” (Genesis 1:1). Die meeste wetenskaplikes sê ook dat die heelal ’n begin gehad het. Hoe het God dit gemaak? Hy het sy “werkende krag”, dit wil sê sy heilige gees, gebruik om alles in die heelal te maak, insluitende sterrestelsels, sterre en planete. – Genesis 1:2.

2. Hoekom het God die aarde gemaak?

Die Bybel sê dat Jehovah “[die aarde] nie verniet geskep het nie, maar . . . dit gemaak het om bewoon te word” (Jesaja 45:18). Hy het die aarde so gemaak dat mense die lewe daarop kan geniet en vir ewig daarop kan bly. (Lees Jesaja 40:28; 42:5.) Wetenskaplikes sê dat die aarde uniek is. Dit is die enigste planeet waarvan ons weet met alles wat mense nodig het om te kan lewe.

3. Wat maak mense anders as diere?

Nadat Jehovah die aarde gemaak het, het hy lewende dinge gemaak. Eerstens het hy al die plante en diere gemaak. Daarna het “God . . . die mens na sy beeld geskep”. (Lees Genesis 1:27.) Wat maak mense anders? Omdat ons na God se beeld gemaak is, kan ons, net soos hy, ander op ’n liefdevolle en regverdige manier behandel. Hy het ons ook gemaak met die vermoë om tale te leer, mooi dinge te waardeer en musiek te geniet. En ons kan ons Skepper aanbid, iets wat diere nie kan doen nie.

SOEK DIEPER

Kyk na die bewyse dat lewe ontwerp is en hoekom ons die Bybel se verslag oor waar lewe vandaan kom, kan glo. Vind uit wat mense se eienskappe ons oor God leer.

4. Lewe was ontwerp

Mense het al baie dinge ontwerp as gevolg van wat hulle in die natuur gesien het, en hulle kry die eer daarvoor. So wie moet dan die eer vir die oorspronklike ontwerpe kry? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Watter dinge het mense ontwerp deur na die natuur te kyk?

Elke huis word ontwerp en deur iemand gebou. Maar wie het die dinge in die natuur ontwerp en gebou? Lees Hebreërs 3:4, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter dinge in die natuur beïndruk jou?

  • Kan ’n mens glo dat die heelal en alles daarin ontwerp is? Hoekom?

Het jy geweet?

Jy kan artikels en video’s oor hierdie onderwerp op jw.org kry in die reeks “Is dit ontwerp?” en in die reeks “Beskouings oor die oorsprong van lewe”.

“Elke huis word natuurlik deur iemand gebou, maar die een wat alles gebou het, is God”

5. Ons kan glo wat die Bybel sê oor hoe lewe begin het

In Genesis hoofstuk 1 beskryf die Bybel waar die aarde en al die lewende dinge daarop vandaan kom. Kan jy hierdie verslag glo, of is dit net ’n storie? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Sê die Bybel dat die aarde en al die lewende dinge daarop in ses dae van 24 uur gemaak is?

  • Is die Bybel se verslag oor waar lewe vandaan kom, logies, en kan ’n mens dit glo? Hoekom, of hoekom nie?

Lees Genesis 1:1, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wetenskaplikes sê dat die heelal ’n begin gehad het. Hoe stem dit ooreen met wat jy nou net in die Bybel gelees het?

Party mense wonder of God evolusie gebruik het om lewende dinge te maak. Lees Genesis 1:21, 25, 27, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Leer die Bybel dat God ’n eenvoudige lewensvorm, of sel, gemaak het, wat toe later in visse, soogdiere en mense verander het? Of het hy al die basiese “soorte” lewende dinge gemaak? b

6. God het mense anders as alle ander dinge gemaak

Jehovah het ons anders as die diere gemaak. Lees Genesis 1:26, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Ons is na God se beeld gemaak, en daarom kan ons ander met liefde en meegevoel behandel. Wat leer dit ons oor God se persoonlikheid?

PARTY MENSE SÊ: “Die Bybel se verslag oor waar lewe vandaan kom, is net ’n storie.”

  • Wat dink jy? Hoekom?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah het die heelal en alle lewende dinge gemaak.

Hersiening

  • Wat leer ons uit die Bybel oor hoe die heelal begin het?

  • Het God evolusie gebruik om ’n eenvoudige lewensvorm, of sel, in verskillende soorte lewende dinge te laat verander, of het hy hulle almal gemaak?

  • Wat maak mense anders as alle ander lewende dinge?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na voorbeelde van dinge in die natuur wat wys dat daar ’n Skepper is.

“Wat leer ons uit die natuur?” (Ontwaak!, September 2006)

Kyk hoe ’n pa vir sy seuntjie kan verduidelik wat die Bybel sê oor waar lewe vandaan kom.

“Jehovah het alles gemaak” (2:37)

Vind uit of evolusie ooreenstem met wat die Bybel sê.

“Het God evolusie gebruik om verskillende lewende dinge te skep?” (Web-artikel)

Wys fossiele en wetenskaplike eksperimente dat lewe gemaak is of wys dit dat lewe per ongeluk begin het? Vind uit.

Vyf belangrike vrae oor die oorsprong van lewe (brosjure)

a In Les 25 sal ons sien wat God se doel vir mense is.

b In die Bybel verwys die woord “soorte” na groot groepe lewende dinge.