Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 13

Hoe valse godsdiens mense die verkeerde idee van God gee

Hoe valse godsdiens mense die verkeerde idee van God gee

As God liefde is, hoekom doen godsdienste wat sê dat hulle hom verteenwoordig, so baie slegte dinge? Hierdie godsdienste is vals. Hulle versprei leuens oor God. Hoe doen hulle dit? Hoe voel God daaroor? En wat sal hy daaroor doen?

1. Hoe gee valse godsdiens mense die verkeerde idee van God deur wat hulle leer?

Valse godsdiens het “die waarheid van God verruil vir die leuen” (Romeine 1:25). Byvoorbeeld, die meeste godsdienste het nie vir mense geleer wat God se naam is nie. Maar die Bybel sê dat God se naam gebruik moet word (Romeine 10:13, 14). Wanneer slegte dinge gebeur, sê party godsdiensleiers dat dit God se wil is. Maar dit is ’n leuen. God veroorsaak nooit dat slegte dinge gebeur nie. (Lees Jakobus 1:13.) Ongelukkig het godsdiensleiers se leuens dit vir mense moeilik gemaak om lief te wees vir God.

2. Hoe gee valse godsdiens mense die verkeerde idee van God deur wat hulle doen?

Valse godsdiens behandel mense nie soos Jehovah mense behandel nie. Die Bybel sê dat valse godsdiens se sondes “so hoog soos die hemel opgehoop” het (Openbaring 18:5). Godsdienste meng al honderde jare lank by die politiek in, ondersteun oorloë en veroorsaak of keur die dood van miljoene mense goed. Party godsdiensleiers wil ryk wees en ’n lekker lewe hê, en daarom vra hulle hulle lidmate vir geld om vir hierdie lewenstyl te betaal. Hierdie dinge wys dat hulle God nie ken nie, en daarom het hulle nie die reg om hom te verteenwoordig nie. – Lees 1 Johannes 4:8.

3. Hoe voel God oor valse godsdiens?

As die dinge wat valse godsdiens doen, jou kwaad maak, hoe dink jy voel Jehovah daaroor? Hy is lief vir mense, maar hy is kwaad vir godsdiensleiers wat leuens oor hom versprei en hulle lidmate sleg behandel. Hy belowe dat valse godsdiens vernietig sal word en “nooit weer gevind [sal] word nie” (Openbaring 18:21). Binnekort sal God alle valse godsdienste vernietig. – Openbaring 18:8.

SOEK DIEPER

Leer meer oor hoe God oor valse godsdiens voel. Kyk wat valse godsdiens gedoen het, maar leer ook hoekom dit jou nie moet keer om Jehovah te leer ken nie.

4. God aanvaar nie alle godsdienste nie

Baie mense glo dat godsdienste soos verskillende paaie is wat almal na God toe lei. Maar is dit waar? Lees Matteus 7:13, 14, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat sê die Bybel oor die pad wat na die lewe lei?

Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Sê die Bybel dat daar baie godsdienste is wat deur God aanvaar word?

5. Valse godsdienste is nie gehoorsaam aan God se wet oor liefde nie

Godsdienste het mense op baie maniere die verkeerde idee van God gegee. Een baie slegte manier waarop hulle dit gedoen het, was deur betrokke te raak by oorlog. Om ’n voorbeeld hiervan te sien, speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vrae.

  • Wat het baie kerke gedurende die Tweede Wêreldoorlog gedoen?

  • Hoe voel jy oor wat hulle gedoen het?

Lees Johannes 13:34, 35 en 17:16. Bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe dink jy voel Jehovah wanneer godsdienste by oorlog betrokke raak?

  • Valse godsdiens is verantwoordelik vir baie slegte dinge. Wat het jy al gesien wat wys dat godsdienste nie gehoorsaam is aan God se wet oor liefde nie?

Valse godsdiens is nie gehoorsaam aan God se wet oor liefde nie

6. God wil mense help om valse godsdiens te verlaat

Lees Openbaring 18:4, a en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe laat dit jou voel om te weet dat God mense wil help wat deur valse godsdiens mislei is?

7. Hou aan om van die ware God te leer

Moet die slegte dinge wat valse godsdiens sê en doen, jou beskouing van God beïnvloed? Dink aan ’n seun wat nie na die wyse raad van sy pa wil luister nie. Die seun verlaat die huis en doen baie slegte dinge. Die pa keur nie die dinge goed wat sy seun doen nie. Hoekom sou dit onregverdig wees om die pa te blameer vir die slegte dinge wat sy seun doen?

  • Sou dit reg wees om Jehovah te blameer en op te hou om van hom te leer as gevolg van die dinge wat valse godsdiens doen?

PARTY MENSE SÊ: “Ek stel nie in God belang nie, want godsdiens is verantwoordelik vir so baie probleme.”

  • Is dit hoe jy voel?

  • Hoekom moet die dinge wat valse godsdiens doen, nie ons beskouing van Jehovah beïnvloed nie?

WAT ONS GELEER HET

Valse godsdiens het mense die verkeerde idee van God gegee deur die leuens wat hulle mense leer en die slegte dinge wat hulle doen. God sal valse godsdiens vernietig.

Hersiening

  • Hoe voel jy oor die dinge wat valse godsdiens mense geleer het en oor wat hulle gedoen het?

  • Hoe voel Jehovah oor valse godsdiens?

  • Wat sal God met valse godsdiens doen?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na twee dinge wat die meeste godsdienste doen waarvan God glad nie hou nie.

“Is alle godsdienste dieselfde? Lei hulle almal na God?” (Web-artikel)

Hoekom wil Jehovah hê dat ons hom saam met ander moet aanbid?

“Is dit nodig om aan ’n georganiseerde godsdiens te behoort?” (Web-artikel)

’n Priester was nie tevrede met sy godsdiens nie. Maar dit het hom nie gekeer om die waarheid oor God te leer nie.

“Waarom ’n priester sy kerk verlaat het” (Ontwaak!, Februarie 2015)

Godsdienste vertel al honderde jare lank leuens oor God wat mense laat dink dat hy nie vir ons omgee nie en dat hy wreed is. Leer wat die waarheid is oor drie van daardie leuens.

“Leuens wat dit moeilik maak om God lief te hê” (Die Wagtoring, 1 November 2013)

a Om uit te vind hoekom die boek Openbaring valse godsdiens as ’n vrou met die naam Babilon die Grote beskryf, sien Eindnota 1.