Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 22

Hoe kan jy vir ander van die goeie nuus vertel?

Hoe kan jy vir ander van die goeie nuus vertel?

Terwyl jy die waarheid uit die Bybel leer, dink jy dalk: ‘Almal moet hiervan weet!’ Dis waar, almal moet van die waarheid in die Bybel weet! Maar jy voel dalk senuweeagtig om vir ander te vertel van die dinge wat jy geleer het. Kom ons bespreek wat jou kan help as jy senuweeagtig is en hoe jy dit kan geniet om vir ander van die goeie nuus in die Bybel te begin vertel.

1. Hoe kan jy vir mense wat jy ken, van die dinge vertel wat jy geleer het?

Jesus se dissipels het gesê: “Ons kan nie ophou praat oor die dinge wat ons gesien en gehoor het nie” (Handelinge 4:20). Hulle was so lief vir die dinge wat hulle by Jesus geleer het, dat hulle vir almal daarvan wou vertel. Voel jy ook so? As jy so voel, soek na geleenthede om op ’n respekvolle manier vir jou familie en vriende te vertel van die dinge wat jy geleer het. – Lees Kolossense 4:6.

Hoe om te begin

  • Wanneer jy met jou familie gesels, kan jy oor iets uit die Bybel begin praat deur te sê: “Ek het iets interessants hierdie week geleer.”

  • Vertel ’n vriend wat siek of angstig is, van ’n aanmoedigende vers in die Bybel.

  • As jou werksmaats vir jou vra hoe dit met jou gaan, vertel hulle wat jy by jou Bybelstudie of by ’n vergadering geleer het.

  • Wys vir jou vriende die webwerf jw.org.

  • Nooi ander na jou Bybelstudie toe, of wys vir hulle hoe om op jw.org ’n Bybelstudie te vra.

2. Hoekom is dit ’n goeie doelwit om saam met die gemeente te wil preek?

Jesus se dissipels het nie net vir mense wat hulle geken het, van die goeie nuus vertel nie. Jesus het hulle “twee-twee voor hom uit gestuur na elke stad” om te preek (Lukas 10:1). Daardie georganiseerde manier van preek, het baie meer mense die geleentheid gegee om die goeie nuus te hoor. En dit het die dissipels baie gelukkig gemaak om saam te preek (Lukas 10:17). Kan jy dit ook jou doelwit maak om saam met die gemeente te preek?

SOEK DIEPER

Leer wat jou kan help om nie so senuweeagtig te wees nie en hoe jy dit kan geniet om vir ander van die goeie nuus te vertel.

3. Jehovah sal jou help

Party wat wil preek, voel dalk senuweeagtig oor wat mense van hulle sal dink of oor hoe mense dalk sal reageer.

  • Maak dit jou senuweeagtig om vir ander te vertel van die dinge wat jy geleer het? Hoekom, of hoekom nie?

Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat het hierdie jong Getuies gehelp om nie meer bang te wees nie?

Lees Jesaja 41:10, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wanneer jy bang voel om te preek, hoe sal gebed jou help?

Het jy geweet?

Baie van Jehovah se Getuies het op een stadium gedink dat hulle nooit vir ander van die goeie nuus sal kan vertel nie. Sergey het byvoorbeeld ’n lae selfbeeld gehad, en dit was vir hom moeilik om met ander mense te praat. Maar toe het hy die Bybel gestudeer. Hy sê: “Al was ek bang, het ek met ander begin praat oor die dinge wat ek leer. Ek was baie verbaas dat dit my eintlik meer selfvertroue gegee het om met ander oor die Bybel te praat. En dit het ook my geloof sterker gemaak wanneer ek ander vertel het van die dinge wat ek glo.”

4. Praat op ’n respekvolle manier met ander

Voordat jy vir ander van die goeie nuus vertel, moet jy nie net dink aan wat om te sê nie, maar ook hoe om dit te sê. Lees 2 Timoteus 2:24 en 1 Petrus 3:15, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe kan jy hierdie verse toepas wanneer jy met ander oor die Bybel praat?

  • Party familielede of vriende sal dalk nie met jou saamstem nie. Wat kan jy doen? Wat moet jy nie doen nie?

  • Hoekom sal dit dalk beter wees om vrae op ’n respekvolle manier te vra eerder as om vir mense te sê wat hulle moet glo?

5. Dit maak ’n mens gelukkig om ander van die goeie nuus te vertel

Jehovah het vir Jesus die werk gegee om ander van die goeie nuus te vertel. Hoe het Jesus oor daardie werk gevoel? Lees Johannes 4:34, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Om goeie kos te eet, hou ons aan die lewe en maak ons gelukkig. Hoekom het Jesus gesê dat om God se wil te doen, soos byvoorbeeld om te preek, vergelyk kan word met om te eet?

  • Watter seëninge dink jy kan ’n mens kry as jy ander van die goeie nuus vertel?

Wenke

  • Gedurende die vergadering in die week, kyk na maniere waarop jy gesprekke kan begin.

  • Praat met jou studiehouer oor hoe jy ’n student kan word by die vergadering in die week. Studentetoewysings by die vergadering kan jou help om meer voorbereid te wees om vir ander te vertel van die dinge wat jy leer.

  • Gebruik die dele “Party mense sê” of “Iemand vra dalk” in hierdie boek om te oefen wat jy kan sê wanneer iemand ’n vraag vra of nie met jou saamstem nie.

IEMAND VRA DALK: “Wat’s nuut in jou lewe?”

  • Hoe kan jy hierdie geleentheid gebruik om vir die persoon te vertel wat jy by jou Bybelstudie geleer het?

WAT ONS GELEER HET

Om ander van die goeie nuus te vertel, maak ’n mens gelukkig, en om te begin, is dalk makliker as wat jy dink.

Hersiening

  • Hoekom moet jy ander van die goeie nuus vertel?

  • Hoe kan jy dit op ’n respekvolle manier doen?

  • Wat kan jou help as jy dalk senuweeagtig is om te preek?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na vier maklike maniere waarop jy iemand van die goeie nuus kan vertel deur die jw.org-kontakkaartjie te gebruik.

Voorgestelde aanbieding van die jw.org-kontakkaart (1:43)

Leer oor vier eienskappe wat jou kan help om ander van die goeie nuus te vertel.

“Is jy reg om ’n visser van mense te word?” (Die Wagtoring, September 2020)

Kyk hoe ’n Bybelvoorbeeld ons kan help om ander van die goeie nuus te vertel, selfs al is ons jonk.

Jehovah sal jou help om dapper te wees (11:59)

Vind uit hoe jy oor die Bybel kan praat met familielede wat nog nie oor Jehovah geleer het nie.

“Ongelowige familielede—Hoe om hulle hart te bereik” (Die Wagtoring, 15 Maart 2014)