LES 55
Ondersteun jou plaaslike gemeente
Regoor die wêreld dien miljoene mense Jehovah vreugdevol in duisende gemeentes. Hulle is dankbaar vir die onderrigting en leiding wat hulle kry, en hulle ondersteun die gemeente gewillig op baie maniere. Is dit hoe jy oor jou gemeente voel?
1. Wat is party maniere hoe jy jou tyd en energie kan gebruik om die gemeente te ondersteun?
Ons almal kan in die gemeente help. Byvoorbeeld, is party in jou gemeente oud of sieklik? Kan jy hulle help om by die vergaderinge uit te kom? Of kan jy hulle op ander maniere help, soos om vir hulle inkopies te doen of om hulle huis skoon te maak? (Lees Jakobus 1:27.) Ons kan ook aanbied om ons Koninkryksaal te help skoonmaak en in stand te hou. Niemand dwing ons om hierdie dinge te doen nie. Liefde vir God en vir ons broers motiveer ons om onsself “gewillig [aan te bied]”. – Psalm 110:3.
Gedoopte Getuies kan die gemeente op nog maniere ondersteun. Broers wat kwalifiseer om as bedieningsknegte of ouermanne te dien, kan die gemeente help. Broers sowel as susters kan die predikingswerk ondersteun deur as pioniers te dien. Party Getuies kan help deur plekke van aanbidding te bou of deur na ’n gebied te trek waar ’n gemeente op ander maniere hulp nodig het.
2. Hoe kan ons ons geld en besittings gebruik om die gemeente te ondersteun?
Ons kan “Jehovah met [ons] waardevolle dinge [eer]” (Spreuke 3:9). Dit is vir ons ’n voorreg om geld en ander dinge by te dra om die plaaslike gemeente en die wêreldwye predikingswerk te ondersteun. (Lees 2 Korintiërs 9:7.) Ons donasies word ook gebruik vir noodlenigingswerk. Baie kies om gereeld ‘iets opsy te sit’ as ’n donasie. (Lees 1 Korintiërs 16:2.) Ons kan donasies in die bydraebussies by ons plekke van aanbidding sit of donasies aanlyn maak by donate.pr418.com. Jehovah gee ons die geleentheid om ons liefde vir hom te wys deur die manier waarop ons kies om ons geld en besittings te gebruik.
SOEK DIEPER
Kyk na ’n paar maniere hoe jy die gemeente kan ondersteun.
3. Ons kan ons geld en besittings gebruik
Jehovah en Jesus is lief vir dié wat daarvan hou om te gee. Byvoorbeeld, Jesus het ’n weduwee geprys wat baie min geld gehad het maar nog steeds iets vir Jehovah gegee het. Lees Lukas 21:1-4, en bespreek dan hierdie vrae:
-
Moet ons groot donasies maak om Jehovah gelukkig te maak?
-
Hoe voel Jehovah en Jesus wanneer ons uit ons hart uit gee?
Om uit te vind hoe ons donasies gebruik word, speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vraag.
-
Hoe word donasies gebruik om gemeentes regoor die wêreld te help?
4. Ons kan aanbied om te help
In Bybeltye het aanbidders van Jehovah hard gewerk om hulle plekke van aanbidding in stand te hou. Maar dit het meer beteken as om net geld by te dra. Lees 2 Kronieke 34:9-11, en bespreek dan hierdie vraag:
-
Hoe het elke Israeliet gehelp om seker te maak dat Jehovah se huis, of plek van aanbidding, in ’n goeie toestand is?
Om te sien hoe Jehovah se Getuies daardie Bybelvoorbeeld volg, speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vrae.
-
Hoekom is dit belangrik om ons Koninkryksaal skoon en in ’n goeie toestand te hou?
-
Wat is ’n paar maniere hoe jy kan help?
5. Broers kan uitreik na meer verantwoordelikhede
Die Bybel moedig Christenmans aan om uit te reik om alles te doen wat hulle kan om die gemeente te ondersteun. Om ’n voorbeeld te sien, speel die VIDEO. Beantwoord dan die volgende vraag.
-
Hoe het Ryan uitgereik om die gemeente meer te ondersteun?
Die Bybel verduidelik wat die kwalifikasies is vir broers wat as bedieningsknegte en ouermanne dien. Lees 1 Timoteus 3:1-13, en bespreek dan hierdie vrae:
IEMAND VRA DALK: “Waar kry Jehovah se Getuies die geld om hulle werk te doen?”
-
Hoe sal jy antwoord?
WAT ONS GELEER HET
Jehovah waardeer dit baie wanneer ons die gemeente met ons tyd, energie, geld en besittings ondersteun.
Hersiening
-
Hoe kan ons ons tyd en energie gebruik om die gemeente te ondersteun?
-
Hoe kan ons ons geld en besittings gebruik om die gemeente te ondersteun?
-
Op watter maniere wil jy graag die gemeente ondersteun?
LEER MEER
Kyk hoekom God nie meer van sy aanbidders verwag om tiendes te gee nie.
In die Bybel word party rolle aan gedoopte broers toegewys. Maar wat as ’n gedoopte vrou hierdie rolle moet vervul?
“Die hoofskapreëling in die gemeente” (Die Wagtoring, 15 Februarie 2021)
Ontmoet party moedige Getuies wat groot opofferings maak om publikasies by hulle broers en susters te kry.
Vind uit waar ons die geld kry om ons werk te doen en hoe dit baie anders is as ander godsdiensorganisasies.
“Hoe word die werk van Jehovah se Getuies gefinansier?” (Web-artikel)