Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Indeks van prente

Indeks van prente

Indeks van prente met bladsynommers waar dit verskyn

  • Buiteblad Paulus, Tabita, Gallio, Lukas, ’n tempelbeampte saam met die apostels, ’n Sadduseër, Paulus wat na Sesarea geneem word en hedendaagse getuieniswerk met ’n klankmotor en grammofoon.

  • Bladsy 1 Paulus, in kettings, en Lukas op ’n vragskip op pad na Rome.

  • Bladsy 2, 3 Broer J.E. Barr en T. Jaracz van die Bestuursliggaam by ’n wêreldkaart.

  • Bladsy 11 Jesus gee die 11 getroue apostels en ander volgelinge op ’n berg in Galilea die opdrag om te preek.

  • Bladsy 14 Jesus vaar op na die hemel. Die apostels kyk hom agterna.

  • Bladsy 20 Op Pinkster begin die dissipels met die besoekers in hulle eie tale praat.

  • Bladsy 36 Die apostels staan voor ’n briesende Kajafas. Die tempelbeamptes word deur die Sanhedrin gebruik om mense in hegtenis te neem.

  • Bladsy 44 Onder: Ná die Tweede Wêreldoorlog het ’n Oos-Duitse hof Jehovah se Getuies verkeerdelik skuldig bevind as Amerikaanse spioene. – Die tydskrif Neue Berliner Illustrierte, 3 Oktober 1950.

  • Bladsy 46 Stefanus word deur die Sanhedrin verhoor. Ryk Sadduseërs is op die agtergrond en ultra-ortodokse Fariseërs op die voorgrond.

  • Bladsy 54 Petrus lê sy hande op ’n nuwe dissipel; Simon het ’n geldsakkie in sy hand.

  • Bladsy 75 Petrus en sy reisgenote kom Kornelius se huis binne. Kornelius dra ’n spesiale mantel oor sy linkerskouer om sy rang as ’n bevelvoerder oor 100 soldate aan te dui.

  • Bladsy 83 Petrus word deur ’n engel gelei; die Toring van Antonia is moontlik waar Petrus gevange gehou is.

  • Bladsy 84 Onder: Gepeupelgeweld naby Montreal, Quebec, in 1945. – Die tydskrif Weekend Magazine, Julie 1956.

  • Bladsy 91 Paulus en Barnabas word uit Pisidiese Antiogië verdryf. Op die agtergrond is die stad se nuwe akwaduk, waarskynlik vroeg in die eerste eeu HJ gebou.

  • Bladsy 94 Paulus en Barnabas keer dat die bewoners van Listra hulle aanbid. Publieke offerandes was gewoonlik kleurryke, lawaaierige geleenthede met baie musiek.

  • Bladsy 100 Bo: Silas en Judas moedig die gemeente in Siriese Antiogië aan (Hand. 15:30-32). Onder: ’n Kringopsiener spreek ’n gemeente in Uganda toe.

  • Bladsy 107 Die gemeente in Jerusalem vergader in ’n privaat huis.

  • Bladsy 124 Paulus en Timoteus word uitgebeeld waar hulle op ’n Romeinse handelskip reis. ’n Vuurtoring kan in die verte gesien word.

  • Bladsy 139 Paulus en Silas word uitgebeeld in ’n voorhof met ’n hek; hulle vlug vir ’n woedende skare.

  • Bladsy 155 Gallio bestraf Paulus se beskuldigers. Hy dra klere wat by sy posisie pas: ’n wit keiserlike toga met ’n breë pers streep en calcei, ’n soort skoen.

  • Bladsy 158 Demetrius spreek werkers in ’n silwersmid se werkswinkel in Efese toe. Die silwerheiligdomme van Artemis word as aandenkings verkoop.

  • Bladsy 171 Paulus en sy metgeselle klim op ’n skip. Die Groot Hawe-monument, wat in die eerste eeu VHJ gebou is, is op die agtergrond.

  • Bladsy 180 Onder: Tydens die lektuurverbod in Kanada gedurende die 1940’s vervoer ’n jong Getuie Bybellektuur in die geheim. (Geposeerde foto.)

  • Bladsy 182 Paulus stem in tot die ouermanne se versoek. Lukas en Timoteus, wat met die aflewering van die bydraes gehelp het, sit in die agtergrond.

  • Bladsy 190 Paulus se susterskind praat met Claudius Lisias in die Toring van Antonia, waar Paulus moontlik aangehou is. Herodes se tempel is op die agtergrond.

  • Bladsy 206 Paulus bid vir moeë reisigers in die ruim van ’n vragskip.

  • Bladsy 222 Die gevange Paulus, aan ’n Romeinse soldaat geboei, kyk uit oor ’n deel van Rome.