Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Smag jy daarna om die vervulling van Koninkryksbeloftes te sien?

DEEL 7

Koninkryksbeloftes​—⁠Alles word nuut gemaak

Koninkryksbeloftes​—⁠Alles word nuut gemaak

JY PLUK ’n sappige appel van die boom. Jy neem ’n oomblik om die heerlike reuk daarvan te geniet voordat jy dit by die hoop in jou mandjie voeg. Jy werk al ure lank, maar jy voel goed en gereed vir nog ’n bietjie werk. Jou ma werk by ’n boom naby jou. Sy gesels opgeruimd met ander familielede en vriende wat met die oes help. Sy lyk so jonk—soos jy haar onthou toe jy nog net ’n kind was, al daardie jare gelede. Dit is moeilik om te glo dat jy haar sien oud word het in die wêreld wat nou al lank iets van die verlede is. Jy het haar sien wegkwyn van siekte, haar hand vasgehou toe sy haar laaste asem uitgeblaas het en by haar graf gehuil. Maar hier is sy, tesame met soveel ander, weer lewend en gesond!

Dié tyd sal kom; ons weet dit. Ons weet dit omdat God se beloftes altyd bewaarheid word. In hierdie deel sal ons bespreek hoe party Koninkryksbeloftes in die nabye toekoms, voor die oorlog van Armageddon, vervul sal word. Ons sal ook kyk na ’n paar van die opwindende Koninkryksbeloftes wat daarna vervul sal word. Hoe verheug sal ons tog wees om die tyd te sien wanneer God se Koninkryk oor hierdie hele aarde regeer en alles nuut maak!

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 21

God se Koninkryk verwyder sy vyande

Jy kan nou vir die oorlog van Armageddon voorberei.

HOOFSTUK 22

Die Koninkryk voer God se wil op die aarde uit

Hoe kan jy seker wees dat Jehovah se beloftes vervul sal word?