DEEL 5
Koninkryksonderrigting—Knegte van die Koning word opgelei
JY GLIMLAG aanmoedigend vir die spreker op die verhoog. Hy is ’n jong broer uit jou gemeente, en hy behartig sy eerste deel op ’n byeenkomsprogram. Terwyl jy sy toespraak geniet, kan jy nie anders as om jou te verwonder oor die opleiding wat God se volk ontvang nie. Jy onthou nog die eerste paar keer toe hierdie jong man op die verhoog was—en kyk net hoe ver het hy gevorder! Hy het goeie vordering gemaak nadat hy die Pionierdiensskool bygewoon het. Hy en sy vrou het ook onlangs die Skool vir Koninkrykspredikers bygewoon. Terwyl jy aan die einde van die broer se uitstekende toespraak hande klap, kyk jy om jou en dink jy aan die onderrigting wat al God se knegte ontvang.
Die Bybel het ’n tyd voorspel wanneer al God se knegte “deur Jehovah geleer” sou word (Jes. 54:13). Ons lewe nou in daardie tyd. Ons ontvang nie net onderrigting deur ons publikasies nie, maar ook deur ons vergaderinge, byeenkomste en die verskillende skole wat saamgestel is om ons vir spesifieke toewysings in Jehovah se organisasie voor te berei. In hierdie deel sal ons kyk hoe al hierdie onderrigting oortuigende bewys lewer dat God se Koninkryk vandag regeer.
IN HIERDIE GEDEELTE
HOOFSTUK 16
Vergaderinge vir aanbidding
Hoe kan ons die meeste baat vind by ons vergaderinge om Jehovah te aanbid?
HOOFSTUK 17
Die opleiding van Koninkryksbedienaars
Hoe berei teokratiese skole Koninkryksbedienaars voor om hulle toewysings uit te voer?