Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Brief van die Bestuursliggaam

’n Brief van die Bestuursliggaam

Aan alle liefhebbers van Jehovah

“Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak”, het Jesus gesê (Johannes 8:32). Hoe aanmoedigend is hierdie woorde tog! Ja, dit is moontlik om die waarheid te ken, selfs in hierdie kritieke “laaste dae” wanneer onwaarheid so algemeen is (2 Timoteus 3:1). Onthou jy toe jy vir die eerste keer die waarheid gehoor het soos dit in God se Woord verduidelik word? Hoe opwindend was dit tog nie!

Maar hoewel dit baie belangrik is om ’n juiste kennis van die waarheid te hê en gereeld vir ander daarvan te vertel, moet ons ook in ooreenstemming met die waarheid lewe. Om dit te kan doen, moet ons ons in God se liefde hou. Wat behels dit? Jesus se woorde op die nag voor sy dood verskaf die antwoord op hierdie vraag. Hy het vir sy getroue apostels gesê: “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos ek die gebooie van die Vader bewaar het en in sy liefde bly.”—Johannes 15:10.

Let op dat Jesus in God se liefde gebly het deur sy Vader se gebooie te bewaar. Dit geld vandag ook vir ons. Om in God se liefde te bly, moet ons die waarheid in ons daaglikse lewe toepas. Daardie selfde aand het Jesus gesê: “As julle hierdie dinge weet, gelukkig is julle as julle dit doen.”—Johannes 13:17.

Dit is ons opregte wens dat hierdie publikasie jou sal help om aan te hou om die waarheid in jou lewe toe te pas, waardeur jy jou “in God se liefde [sal] hou . . . met die ewige lewe in die vooruitsig”.—Judas 21.

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies