Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 16

Bewys jou liefde vir God

Bewys jou liefde vir God

As jy ’n vriend wil behou, moet jy met hom gesels. Jy luister na hom, en hy luister na jou. Jy vertel ook vir ander goeie dinge van jou vriend. Dit is dieselfde as ’n mens ’n vriend van God wil wees. Kyk wat die Bybel hieroor sê:

Praat gereeld met Jehovah in gebed. “Hou vol met gebed.”—Romeine 12:12.

Lees God se Woord, die Bybel. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel.”—2 Timoteus 3:16.

Leer ander van God. “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.”—Matteus 28:19, 20.

Maak vriende met God se vriende. “Hy wat met wyses wandel, sal wys word.”—Spreuke 13:20.

Woon vergaderinge in die Koninkryksaal by. “Laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en voortreflike werke aan te spoor en . . . mekaar aanmoedig.”—Hebreërs 10:24, 25.

Help om die Koninkrykswerk te ondersteun. “Laat elkeen [gee] net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.”—2 Korintiërs 9:7.