Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 2

God is die beste vriend wat jy ooit kan hê

God is die beste vriend wat jy ooit kan hê

Die wonderlikste ding wat ooit met jou kan gebeur, is om God se vriend te word. God sal jou leer hoe om gelukkig te wees en veilig te voel; hy sal jou vrymaak van talle verkeerde opvattings en skadelike gebruike. Hy sal na jou gebede luister. Hy sal jou help om gemoedsrus en vertroue te hê (Psalm 71:5; 73:28). God sal jou in moeilike tye onderskraag (Psalm 18:18). En God bied jou sy gawe van die ewige lewe aan.—Romeine 6:23.

Namate jy nader aan God kom, sal jy nader aan vriende van God kom. Hulle sal ook jou vriende word. Trouens, hulle sal vir jou soos broers en susters wees. Hulle sal jou met graagte van God leer en jou help en aanmoedig.

Ons is nie gelyk aan God nie. As jy ’n vriend van God wil word, moet jy ’n belangrike feit verstaan. Vriendskap met God is nie ’n vriendskap met iemand wat jou gelyke is nie. Hy is heelwat ouer en wyser as ons en baie magtiger as ons. Hy is ons regmatige Heerser. As ons dus sy vriend wil wees, moet ons na hom luister en doen wat hy vir ons sê om te doen. Dit sal altyd vir ons eie beswil wees.—Jesaja 48:18.